Nog polisie na Phalaborwa ontplooi

Die paaie na Phalaborwa in Limpopo word versper. (Foto: Facebook)

Nog polisiebeamptes sal na Phalaborwa in Limpopo ontplooi word te midde van die gewelddadige betogings wat sedert verlede week daar woed.

Die betogers ontwrig dienste en versper paaie na die dorp met boomtakke, brandende buitebande en klippe. Winkels word ook gedwing om te sluit.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die gewelddadige betogings en wetteloosheid ten sterkste veroordeel en gesê nog polisiebeamptes sal ontplooi word om die opstokers en enige betrokkenes vas te trek.

“Ons sal nie huiwer om streng op te tree nie, insluitend om enige iemand in hegtenis te neem wat ander aanstig of daaraan deelneem,” het Ledwaba gesê.

“Die polisie sal hul streng teenwoordigheid in die betrokke gebiede behou om die situasie onder beheer te bring.”

Die betogers is glo deel van die Ba-Phalaborwa-gemeenskapsforum wat ongelukkig is met die Palabora-mynmaatskappy nadat dié ’n tender aan ’n Gautengse maatskappy toegeken het. Die betogers dring aan op werksgeleenthede en kontrakteurswerk.

Mynbedrywighede in die omgewing het grotendeels tot stilstand gekom terwyl toerisme ook geraak word aangesien talle mense deur Phalaborwa na onder meer die Krugerwildtuin reis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Wat is dit nou anders as terrorisme.Maar hulle en die liberales verwag dat jy hulle soos opgevoede mense moet behandel.Hierdie land Sal nooit regkom nie.Tyd dat ons weer die wet weer afdwing.Die gepamperlang stuur ons nou oor die afgrond na anargie.

Johan

Dit is die begin van anargie, hulle oefen maar net solank.

Tanja

anc het sy eie monster gekweek

Deon

Kleinerige dorpies in die Noordkaap word presies dieselfde behandel…. Kom hou n indrukwekkende vergadering met die gemeenskap, in ons gemeenskaap saaltjie, belowe ons as inwoners die son en maan met een helse groot uitgebreide plan van hoe hulle die inwoners regverdig gaan behandel wat werks geleenthede aan betref dan as jy weer sien, dan staan die windplaas en geen maar geen persoon oorspronklik van ons area werk daar nie… Of dan weer ander myne lei nie die mense op nie en hulle werk as arbeiders met kwalifikasies so lank soos mens se arm…. Ek sal se die mense moet die… Lees meer »

Stefan

“Ons sal nie huiwer om streng op te tree nie”
Dis die gebrek aan dekades se streng optrede wat tot hierdie anargie lei.