Nóg prominente bedankings uit die DA op pad

Nog bedankings deur prominente lede van die DA kan binne die volgende paar dae verwag word.

Verskeie DA-LP’s het op voorwaarde van vertroulikheid aan Maroela Media gesê hulle staan op die punt om te bedank; dis net ʼn kwessie van tydsberekening.

Minstens twee van die DA-LP’s is van die party se prominentste lede en is huishoudelike name. Die kragtige taalgebruik waarin hulle hul voorneme verwoord het, is weliswaar nie publiseerbaar nie, maar laat min rede vir twyfel.

Na verstaan word het minstens een baie prominente DA-LP reeds gister die party van die bedanking in kennis gestel, maar dit op versoek van die party teruggehou. Die DA kan glo nie nog ʼn prominente bedanking op die selfde dag as die bedankings van Mmusi Maimane as partyleier en Athol Trollip as federale voorsitter hanteer nie.

Verdere prominente bedankings sal deur Maroela Media gerapporteer word sodra dit ingedien word.

Ontevredenes se probleem is dat die oorwinning van die Zille-groepering in die verkiesing van die voorsitter van die party se federale raad te veel van ʼn swaai na regs verteenwoordig, wat vir hulle moreel onaanvaarbaar is.

Dit blyk intussen dat Maimane se wens om as leier van die DA in die parlement voort te gaan, nie deur die party, toegestaan gaan word nie. Hy het die DA met sy bedanking as partyleier as ʼn ongeskikte voertuig om ʼn nie-rassige Suid-Afrika te bou, bestempel.

As Maimane nie meer as DA-leier in die parlement mag optree nie, is hy ʼn vet salaristjek van meer as R1,5 miljoen per jaar kwyt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Mariette Stoltz ·

Hoewel ek nie ‘n voorstaander van Helen Zille is nie, getuig haar DA rekord van ‘n goeie leier. Haar Twitter tweets was nie deurdag nie, maar nou ook nie sonder waarheid nie. Dink die “regse” etiket spruit daaruit. Maar hoe ‘n lid van die Black Sash as regs beskou kan word gaan my te bowe.

Ellisras ·

Ek bedank ook met onmiddelike effek uit die DA uit. Of nee wag, nou onthou ek is nie meer lid nie.

Anoniem ·

Nou kom die wiele van die DA behoorlik af. Die krake het reeds begin wys toe daar van De Lille ontslae geraak is. Ek hoop die DA kan hulleself uitsorteer anders sal die eens die DA regeerde Wes-Kaap binnekort in die ANC se hande beland.

Penellope Jones ·

Tyd vir vernuwing soos met meeste dinge in die lewe.
Skep asem, skep moed, vat hande en takel die bul by die horings.
Moenie persoonlike sienings en gevoelens in die pad laat staan nie, dit gaan om die party en die toekoms en die feit dat die DA die sterkste opposisie is moet bly.
Dit gaan nie oor persoonlikhede nie.

Nick ·

Ja ne!! Lankal gese julle mors tyd met Mini anc-da, stem VF, dis afrikaans! ????????????????

Anoniem ·

Die VF+ sal nooit in der ewigheid genoeg stemme kan werf om die amptelike opposisie te kan word nie. Hulle mag wel ‘n setel hier en daar hou, maar word as te wit gesien en sonder bruin en swart stemme sal hulle nêrens kom nie. Ons 3.5 miljoen Blankes, dis nou van alle tale kan nie eers saamstaan nie.

Lollie ·

Nick ek stem 100% saam met jou! Een groot probleem is: blankes het en sal nooit saamstaan nie! Dink net as alle blankes of alle Afrikaners moet VF+ stem! Ons sal ons stukkie hemel op aarde hê! Iemand wat vir ONS baklei!
Kyk maar hoeveel gaan my nou weer stenig. Hulle stem eerder vir die meerderheid en dink hulle word gespaar of hulle is draadsitters wat se monde groot is maar glad nie stem nie. Saamstaan en ONS party groot en sterk maak sal hulle nie.

Ellisras ·

Ek bedank ook met onmiddelike effek uit die DA uit. Of nee wag, nou onthou ek is nie meer lid nie.

aj ·

‘n Marsmannetjie land in Johannesburg … sien verkiesingsplakate met politici se gesigte op. Hy vra vir een van die boemelaars … Wat is dit! …wys na al die plakate.

Dit is politiek! … antwoord die boemelaar.

‘Wat is politiek? ” .. vra die Marsman.

Dit is wanneer massas Swartmense vergader en verskriklik baklei oor Witmense … en op ‘n ander plek vergader ‘n paar Wittes … wat onder mekaar baklei oor Swartes.

En as jy uiteindelik die stemme tel dan wen Helen Zille!”

… ha … ha …

KrokodilBotha ·

Dis nou die politieke party wat mense vertrou het met hul stemme. Leer to nou n les. Laat die DA val waar hy wil. Draadsitters kan nie vir lank altwee kante gelukkig hou nie.

Chris ·

Hier gaan iets verdag aan. Hul gebruik Zille as verskoning vir hul besluit, maar ek dink dit is groter as dit. Wag maar vir die eintlike storie agter die storie

p ·

Want nou is daar n valk op hulle en kan nie meer geld mors soos te vore nie en bedrog is klaar nou moet hulle n ander emer gaan soek

KP ·

Kyk maar na die Munisipaliteite onder DA beheer, almal behalwe n paar uitsonderings het n skoon oudit gekry. Ek bly in die Weskaap en sien hoe dit hier gaan teenoor die res van die land. Ons moenie dat emosies die oorhand kry nie.
Om nou FV+ toe te hardloop gaan net die ANC versterk en dit is wat hulle wil he.

Donderstorm ·

Hul kwel oor hul posisies in die da party hul kwel oor sekere onbenillighede pleks hul hulself op sy skyf en oor die groter dinge dink wat aangaan in die land en die opregte beste is vir die land en al ons mense in die land.Was iemand se plan van die staanspoor af om die da te invultreer en van binne af te laat skeer?

Cherokee ·

Vir die liberaliste wat gereeld hier in die forums verwys na Helen Zille se Twitter-stelling dat kolonialisme nie net sleg was nie, maar groot vooruitgang vir Suid Afrika gebring het, julle vergeet so maklik dat sy dit teruggetrek het en verskoning gevra het daarvoor, toe die DA haar gekapittel het. Die feit dat sy wat Zille is, regs genoem word, bewys hoe uiters links die DA in werklikheid is.

Judge Dredd ·

Korrek, maar daar is nog baie met oogklappe. Hopelik sal hierdie DA fiasko nog meer mense se ogies oopmaak.

John ·

Die Kaapprovinsie was tot dusver nog ‘Hollands’ met goeie dienslewering en munisipale oudits, Dit was nie Mmusi en Trollip of De Lille wat alleen die skip beman het nie. De Lille weet die DA was nie in die openbaar vuil wasgoed nie en kon daarop bargain dat sy leliewit kan bly. En die DA het wel goeie werk gelewer. Die VF+ moet nie te bly word nie. Die klompie kiesers plus die bygevryde Afrikaanses is te min om Van Donk se pypie te rook. Hier kom marakkas…

Adam ·

Ekl verwys reeds maande lank na Maimane as die DA se Marthinus van Schalkwyk en hy het nou reggekry wat ek verwag het en dit is om die DA te laat inplof. Die DA wou te veel dinge vir te veel mense wees en as jy die heeltyd tussen twee stoele sit, gaan jou bas op ‘n stadium die grond tref. Zille se verkiesing is bloot ‘n gerieflike boeg vir die Maimane faksie om hul bedankings oor te hang. Die DA het hopeloos te veel gesteun op kiesers wat bedreig gevoel het en ideologies nie in die party gehoort het nie. Hulle hoort by die VF+ en is volgens die laaste verkiesing se uitslae op pad na hul werklike tuiste. Die DA daarenteen behoort vir die meer progressiewe kieser ‘n tuiste te bied en dit sal hulle loon om die “nie-rassige” boodskap te laat vaar. Ons is ‘n veelrassige land en daar is geen rede hoekom ons nie mekaar oor kleur en taal en kultuurgrense kan ontmoet en saam die land heropbou nie.

Judge Dredd ·

Probleem is die wat hulself deesdae liberaal/progressief noem is eintlik libleke.

JohanR ·

As die DA weer hoogtes will beruik, stel John Steenhuizen aan as DA leier. Hy sal ANC gat skop! Dit is nou te se as hy nie ook hier bo bedank het nie, alhoevel hy is nie meer hoofsweep is nie!

Heksie ·

Zille moes nooit die leisels vir Maimane gegee het nie, hy het die party in ‘n mini anc laat ontaard, gladnie skade dat hy weg is nie.
Laat Zille maar die weer die leier wees, sy kwyt haar goed van haar taak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.