Nog R1 miljard benodig vir staatskapers se vervolging

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se kantoor in Pretoria. (Foto: Google Maps)

Terwyl die plundering van die staatskas Suid-Afrika reeds miljarde rande gekos het, benodig die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bykomende finansiering van tussen R750 miljoen en R1 miljard om vermeende oortreders suksesvol te vervolg.

Die NVG het vandeesweek aan die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste gesê die bykomende finansiering sal hoofsaaklik gebruik word om die NVG se kapasiteit te versterk, die instelling te moderniseer, die ondersoekdirektoraat (OD) te verbeter asook om spesialiseenhede en die kantoor vir getuiebeskerming ʼn hupstoot te gee.

Onder die leiding van die OD is 82 ondersoeke reeds van stapel gestuur en 20 sake – waarby 65 beskuldigdes betrokke is – is reeds op die hofrol geplaas. Die ondersoekdirektoraat het nog nege korrupsiesake geprioritiseer wat na verwagting binne die volgende ses maande op die hofrol geplaas behoort te word.

Die NVG het LP’s ook die versekering gegee dat hy slim maniere gaan vind om die private sektor by ondersoeke te betrek, terwyl hy steeds oor sy onafhanklikheid waak en aan tersaaklike wetgewing voldoen.

Bulelani Magwanishe, komiteevoorsitter, sê hoewel die NVG sowel as die kantoor van die openbare beskermer reeds heelwat vooruitgang gemaak het, daar steeds ruimte vir verbetering is. Magwanishe sê hoewel dit belangrik is dat die begrotings van departemente, instellings en veral hoofstuk 9-instellings nie besnoei word nie, innoverende maniere en samewerkingsooreenkomste steeds gevind moet word om die rande te laat rek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Di ·

Hierdie storie het ons al biljoene rande gekos en NOG STEEDS loop al hierdie skelms vry en NOG STEEDS sit hulle in poste waar hulle verdere korrupsie kan pleeg. Iewers moet die streep getrek word met hierdie staatskapings saak.

B-Man ·

Hulle sal hopelik vir organisasies soos AfriForum, Outa, Freedom Under Law ens. betrek? Altans, ek hoop so.

domheks ·

Wat daarvan as jou naam genoem word in die verslag – MOET jy opsy staan! tot die teendeel bewys is!
Kos ons miljarde net om die klomp te arresteer.

Swerwer ·

As die ANC /EFF Kader se monde oopgaan is dit geld! Hul is verantwoordelik dat ons land bankrot is. Waaroor nog die enorme bedrag wil spandeer vir vervolging, Zuma is in hul hande maar niks word aan die ANC Krimineel gedoen nie. Hy speel woer woer met die NVG. So stop om nog geld te wil spandeer en begin by die 1 wat verantwoordelik is vir die Staatskaping.

annie ·

Wat van crowd funding. Daar’s mos genoeg toustanery in die land waarlangs die geldsakkies kan afbeweeg en voor die stadsaal in Zkaapstad waar die mercz bedags so ingeryg staan. Zelensky probeer dit ok glo. Net jammer sy crowd het die hazepad gevat. Nou beeldsend ons ryk ruimteman hom na Westerse leiers. Miskien kan ons vervolgingsgesag ok ‘n rolprentmaatskappy stig. Daar is genog stof vir ‘n lekke draaiboek en 2 000 episodes. Onthou net Z’e in rolle kos nogal…

Deon ·

Genade tog, julle het mos geweet wat op pad is, julle het heeltyd voor gegee julle is reg en wag vir die Zondo verslae. Kan julle nie vooruit beplan nie, hoe lank gaan dit nou nog vat om eers al hierdie modernisering in plek te kry? Nogals n redelike “gelee” tyd om nou geld te vra.

May10 ·

Brian Molefe lewe nogsteeds n lekker lewe op Eskom geld. Hierdie storie raak duur en uit getrek tot die einde van dae.

Riaan ·

Ons wag nog vir een persoon om gearesteer te word na die Zondo verslag. Gewone burgers word link en regs gearesteer vir minder ernstige sake terwyl die politici niks oorkom vir enige van hulle dade nie

Misky ·

Nee sorry, genoeg is genoeg. Al daai kriminele loop nog op vrye voet en “appeal, appeal, appeal” net. As julle nou al iemand met sukses agter tralies gekry het, kon mens dit regverdig, maar nee, NIKS word enduit gevoer nie.

Of laat Zuma dit betaal. Hy hierdie “ball” aan die rol gekry en is verantwoordelik daarvoor.

Frank John ·

Hulle mors geld en tyd. Julle gaan nooit die mense regtig iets aan doen nie. Vee dit onder die mat en gebruik geld en skep werk vir mense. Bou SA en hou op afbreek. Julle ry die verlede holrug

henndrik ·

Is reg met my mmak net seker dit word van die skuldigdes verhaal

Botterblommetjie ·

Vang hulle, vervolg hulle en verkoop al hul goed. Laat die staat hulle vervolg. Die bewyse is maklik bekombaar. Regters sloer met sommige goed te lank.

Freud ·

Vra vir Nathi geld. Miskien kan hy van sy R22 miljoen vlagpaal idee afsien om die land te help,

christo ·

Nasiebou se maai. Hoeveel slaggate kan met die geld reggemaak word? Of gebruik word om ‘n hospitaal op te knap of klaskamers te bou? Waar is die openbare beskermer nou?

Lillian ·

Wat help dit om goeie geld agter slegte geld aan te gooi? Sit die lot in die tronk waar hul hoort vir die res van hul misrabele lewens. Daar op Robben eiland, waar hul oorspronklik vandaan kom, die plek staan mos nou hoeka leeg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.