Nóg R21 miljard glo op pad na SAL

(Foto: Maroela Media)

ʼn Konsepsakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat deur sakeredders Les Matuson en Siviwe Dongwana opgestel is – en wat die DA sê hy onder oë gehad het – wys dat die regering ingestem het om nóg R21 miljard aan die sukkelende lugdiens te gee.

Alf Lees, ʼn DA-lid van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), sê die voorstel is deel van ʼn plan vir ʼn herbedinkte nuwe redery wat as ʼn staatsonderneming deur die regering op die been gebring gaan word.

Luidens die konsepdokument gaan die regering pa staan vir miljarde rande om die nuwe redery aan die gang te kry.

ItemKoste R
Werkende kapitaal om die redery ná die Covid-19-pandemie aan die gang te kry2 miljard
Aflegging van werkers2 miljard
Betaling van leners16,4 miljard
Betaling van krediteure600 miljoen

Ingevolge die konsepsakereddingsplan gaan die “nuwe SAL” onder ʼn nuwe houermaatskappy val wat ook toesig sal hê oor SAA City Centre (SACC), SAL Tegnies, Air Chefs en die laekostelugredery Mango.

Lees sê die nuwe planne kom allermins as ʼn verrassing en kom na ʼn begeesterde politieke veldtog deur die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, om die sakereddingsproses te diskrediteer en die patroon van mislukking voort te sit deur vir die stigting van ʼn nuwe redery te vra.

“Die sakereddingspraktisyns en die minister wat nou dieselfde psalm as Gordhan sing, wys die minister het die proses gekaap,” sê Lees.

Hy sê as die konsepplan in sy huidige formaat aanvaar word, gaan die SAL nog jare lank ʼn swart, fiskale gat wees. Die sakeredders voorspel dat die “nuwe SAL” teen ʼn enorme verlies van R19,9 miljard oor die eerste drie jaar bedryf sal word.

ʼn Verlies van R8,1 miljard word vir die eerste jaar voorspel, ʼn verlies van R7,5 miljard vir die daaropvolgende jaar en nóg ʼn verlies van R4,3 miljard vir die derde jaar.

Dié verliese sluit nie enige handelsverliese by Mango, SAAT, Air Chefs óf SACC in nie – en dit kan miljarde rande meer beloop, waarsku Lees.

“Die malligheid wat die redding van die SAL is, op die grondslag wat die sakeredders uiteengesit het, moenie ernstig oorweeg word nie. Die enigste geloofwaardige roete vir die sakeredders is om ʼn hofaansoek te bring om die SAL ingevolge art. 81 van die Maatskappywet te laat likwideer,” sê Lees.

Maroela Media het verlede week berig volgens Matuson en Dongwana beskik die SAL nie oor genoeg geld om werkers se salarisse vir Mei-maand te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Karin ·

Plus regering werk skep maar nee SAL moet weereens gehelp word mooi man mooi

Willem ·

Gelukkig het Covid 19 miljarde in die staat se koffers geplaas.

Johanncb ·

Ek is teleurgesteld in Min Gordhan! Beslis níé meer een van sy aanhangers nie!

Nie Verbaas ·

As SAL se top bestuur dieselfde bly en met onbevoegde bestuur van besigheid voortgaan sal belasting betaler net moet aanhou betaal.

Anel ·

Nou wasr kom die geld weer vandaan? En hiekom moet hulle betaal word as hulle nie werk nie? Maak die plek toe en raak ontslae daarvan.

JohanR ·

Jy kan die voel soe baie maal op wek, en soe veel nuwe name gee as wat jy kan uitdink maar daar agter die skerms is dit SAL. Nuwe naam moet miskien Phoenix Lugdiens heet? Phoenix : In Ancient Greek folklore, a phoenix is a long-lived bird that cyclically regenerates or is otherwise born again. Associated with the sun, a phoenix obtains new life by arising from the ashes of its predecessor. Waaneer die ANC eendag vrek, en hy sal, hoop ek hy word nie ‘n Phoenix nie, maar bly vir altyd en altyd gevrek….. Amen! Wonder watter ANC kader sal nou die kans kry om die nuwe lugdiens te bedryf, en hom na ‘n paar jaar in die grond in te dryf? Lekker salaris, lekker bonus!

Jack ·

Nog ‘n spyker in die ANC se doodskis. Dit sal die finale ineenstorting van Seffrica se ekonomie bespoedig en ook die einde van die ANC hegemonie. Die kaders gaan soos kat en hond baklei oor die kaalgekluifde bene van die Seffrica karkas.

Misky ·

Ag nee wat, ek het nou genoeg gehad en kan nie meer die slae en houe hanteer nie. Ons mooi land, my Vaderland is vernietig en ek dink nie ons gaan uit hierdie gat en aanhoudende afwaartse rigting kom nie.

Ek is letterlik nou in trane en weet nie hoe gaan ek my familie uit hierdie verdoemde land kry nie. Die aanhoudende rassisme op ons blankes en ooglopende uittarting kry my nou onder. Hoe moet ek my kinders in die land groot maak en n toekoms kan gee?

Niklaas ·

Dis een bodemlose put hierdie sukkelaars SAL !! Daai geld kon elders onder miljoene landsburgers, alle rasse, soveel beter aangewend word. Mens kan net tande kners en kop skud

Pampoenboer ·

ANC regering wil nou n staatsbeheerde lugredery in n staatsbeheerde lugredery omskep. Is julle rerig so dom. Toe SAL deel was van Transnet het dit nog goed gegaan veral to Van der Veer in beheer was.

Fedup ·

Out of the dried up cow.
In with a fat and full one for those with the naughty long fingers.

Pieter ·

En so hou die sirkus maar net aan. En ons belasting betalers hou maar net aan betaal. Gee ons n plek van ons eie en vat julle sirkus vir julle self. Pravin is n groot zuma man en sal altyd wees

Mariana ·

Maar hoe gaan dit werk as hulle nie eens die een kon bestuur wat reeds daar was nie. Hoeveel miljarde moet nou nog uit die belastingbetaler gepers word. Nee regtig, genoeg is mos nou genoeg.

Tokkel ·

Wonder waar kry die regering so blank tjek om net te spandeer??

Adam Adriaan ·

Die damsluise is oop en die toekoms van die land is oppad see toe.

Boortor ·

Ek weet lankal dit sou gebeur. Hulle het mos nou klomp geld gekry van oorsese lande vir corona. Min weet die buiteland waar die ou geldtjies gaan op eindig! Terugbetaal? Nee…..hulle eis “africa poverty”! Ek is bankrot na hierdie storie en kan nie meer belasting betaal nie. So kry vir julle…ek bekommer my nie.

Colombo ·

Die regte besluit.Elke land het n nasionale lugredery nodig.Mag die vlag weer hoog vlieg

Nico ·

Verkoop die SAL, stop om geld, geld in te stop om die sukkelende SAA aan die gang te hou, kry die onbevoegde mense daaruit, alles gaan oor boetie en sussie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.