ʼn Konsepsakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat deur sakeredders Les Matuson en Siviwe Dongwana opgestel is – en wat die DA sê hy onder oë gehad het – wys dat die regering ingestem het om nóg R21 miljard aan die sukkelende lugdiens te gee.
Alf Lees, ʼn DA-lid van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), sê die voorstel is deel van ʼn plan vir ʼn herbedinkte nuwe redery wat as ʼn staatsonderneming deur die regering op die been gebring gaan word.
Luidens die konsepdokument gaan die regering pa staan vir miljarde rande om die nuwe redery aan die gang te kry.
Item | Koste R |
Werkende kapitaal om die redery ná die Covid-19-pandemie aan die gang te kry | 2 miljard |
Aflegging van werkers | 2 miljard |
Betaling van leners | 16,4 miljard |
Betaling van krediteure | 600 miljoen |
Ingevolge die konsepsakereddingsplan gaan die “nuwe SAL” onder ʼn nuwe houermaatskappy val wat ook toesig sal hê oor SAA City Centre (SACC), SAL Tegnies, Air Chefs en die laekostelugredery Mango.
Lees sê die nuwe planne kom allermins as ʼn verrassing en kom na ʼn begeesterde politieke veldtog deur die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, om die sakereddingsproses te diskrediteer en die patroon van mislukking voort te sit deur vir die stigting van ʼn nuwe redery te vra.
“Die sakereddingspraktisyns en die minister wat nou dieselfde psalm as Gordhan sing, wys die minister het die proses gekaap,” sê Lees.
Hy sê as die konsepplan in sy huidige formaat aanvaar word, gaan die SAL nog jare lank ʼn swart, fiskale gat wees. Die sakeredders voorspel dat die “nuwe SAL” teen ʼn enorme verlies van R19,9 miljard oor die eerste drie jaar bedryf sal word.
ʼn Verlies van R8,1 miljard word vir die eerste jaar voorspel, ʼn verlies van R7,5 miljard vir die daaropvolgende jaar en nóg ʼn verlies van R4,3 miljard vir die derde jaar.
Dié verliese sluit nie enige handelsverliese by Mango, SAAT, Air Chefs óf SACC in nie – en dit kan miljarde rande meer beloop, waarsku Lees.
“Die malligheid wat die redding van die SAL is, op die grondslag wat die sakeredders uiteengesit het, moenie ernstig oorweeg word nie. Die enigste geloofwaardige roete vir die sakeredders is om ʼn hofaansoek te bring om die SAL ingevolge art. 81 van die Maatskappywet te laat likwideer,” sê Lees.
Maroela Media het verlede week berig volgens Matuson en Dongwana beskik die SAL nie oor genoeg geld om werkers se salarisse vir Mei-maand te betaal nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
26 Kommentare
Plus regering werk skep maar nee SAL moet weereens gehelp word mooi man mooi
Gelukkig het Covid 19 miljarde in die staat se koffers geplaas.
Ek is teleurgesteld in Min Gordhan! Beslis níé meer een van sy aanhangers nie!
As SAL se top bestuur dieselfde bly en met onbevoegde bestuur van besigheid voortgaan sal belasting betaler net moet aanhou betaal.
Nou wasr kom die geld weer vandaan? En hiekom moet hulle betaal word as hulle nie werk nie? Maak die plek toe en raak ontslae daarvan.