Nóg reën, koue op pad vir Wes-Kaap

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Swaar reën sal na verwagting Maandag weer oor groot dele van die Wes-Kaap, onder meer die Kaapse Wynlande en die Overberg, uitsak.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Sondag laatmiddag ’n geel vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende reën vir dié provinsie uitgereik. Die waarskuwing geld heeldag Maandag.

Luidens die waarskuwing word nóg ’n koue front Maandag verwag wat reënbuie oor die westelike dele van die Wes-Kaap tot gevolg sal hê. Die gure weer sal dan later na die oostelike dele van die provinsie versprei.

Reën van tussen 15 en 30 mm word in die westelike dele van die Wes-Kaap verwag. Tussen 40 en 50 mm sal na verwagting oor die bergagtige gebiede van die Kaapse Wynlande en noordwestelike Overberg-distrik uitsak.

Die toestande sal na verwagting teen Maandagmiddag verbeter.

Die jongste reënvoorspelling volg enkele dae nadat swaar reën verwoestende vloede in die Wes-Kaap tot gevolg gehad het.

Die weerdiens sê Kapenaars kan nog vloede te wagte wees weens die reeds versadigde grond.

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het intussen gesê dié wetgewer se spanne is op hoë gereedheidsgrondslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

OU SAAR ·

Dis ñ anderster winter die.
Ons bly in die Noord Kaap en dit was lanklaas so koud hier. Ons wintersdae is gewoonlik heel aangenaam met so hier en daar uiters koue dae. Nagte is wel koud. Maar shoe, die koue is erg die seisoen…
Of dalk is ek nou net kleinserig weens ouderdom… ????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.