Nóg reën vir Kaapse kus voorspel

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Kapenaars kan ’n stormagtige naweek aan die kus te wagte wees.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Vrydag ’n geel vlak 2-waarskuwing teen sterk wind en stormagtige golwe vir die kusgebied tussen Saldanhabaai en Kaap Agulhas uitgereik. Die waarskuwing geld in dié stadium vanaf vanaand tot Saterdagoggend. Reën word ook aan die kus, van Langebaan aan die Weskus tot by Plettenbergbaai in die Oos-Kaap, voorspel.

Die weerdiens voorspel sterk noordwestelike winde van tussen 50 en 60 km per uur vir die Wes-Kaap.

“Beduidende westelike tot noordwestelike golwe van 3,5 tot 4,5 m hoog word in dieselfde gebied verwag. Hierdie toestande kan tot ontwrigting op see lei,” lui die waarskuwing.

Klein vaartuie loop die gevaar om om te slaan.

Maroela Media het vroeër berig koue heers tans oor groot dele van die land nadat ’n reeks kouefronte sedert verlede naweek oor die land beweeg. Verskeie plekke in en om Kaapstad het ook die afgelope week onder vloede deurgeloop, met meer as 120 mm reën wat op plekke aangeteken is. Dit het tot verskeie kragonderbrekings en skade aan eiendom gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henry ·

Kaapstad moet van die reen na gebertes stuur. Veral in opvang gebiede van ooskaap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.