Nog reën vir Wes-Kaap voorspel

Argieffoto: https://pixabay.com

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se jongste langtermynvoorspelling is daar ’n sterk moontlikheid vir reën in die Wes-Kaap vandeesweek.

Die provinsie het die naweek sowat 10 mm reën gekry. Volgens Puseletso Mofokeng, weervoorspeller by die SAWD, sal ʼn kouefront laat Dinsdagaand of teen vroeg Woensdagoggend die Wes-Kaap tref. “Daar sal dan ʼn 60% kans vir reën in Kaapstad, Hermanus, Worcester en Malmesbury wees. Dit sal met stormsterk winde gepaardgaan,” het Mofokeng gesê.

“Die winde veroorsaak toestande wat gunstig is vir wegholveldbrande, veral aan die kus tussen Kaap Agulhas en Langebaan. Teen die tyd wat dit begin reën Woensdag sal dié toestande uiteraard nie meer geld nie,” het Mofokeng gesê. Dié toestande geld ook vir die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die westelike dele van die Vrystaat.

Volgens Mofokeng sal daar Dinsdagaand in die weste van die Wes-Kaap slegs ʼn 30% kans op reën wees.

“Die groot reën sal Woensdag val. Die kanse vir reën skuif dan van 60% na 80% in Kaapstad, Hermanus, Malmesbury en Worcester. Daar sal ook ʼn bietjie reën meer na die binneland van die provinsie val. Ons verwag so 20 mm, maar dit is moeilik om te voorspel,” het Mofokeng gesê.

Volgens die SAWD sal die reën nie vir ʼn lang tydperk val nie, maar eerder gepaard gaan met donderstorms. Die kouefront sal ook met ʼn daling in temperatuur gepaard gaan. Woensdag en Donderdag sal die maksimumtemperatuur in George slegs 15 °C wees.

Die kouefront sal na verwagting Donderdag ooswaarts beweeg en Gauteng teen Donderdag of Vrydag tref. “Ons kyk na temperature minder as 20 °C. Vereeniging is Donderdag net 16 °C. Die kouefront verloor wel sy krag namate dit ooswaarts beweeg,” het Mofokeng gesê.

Temperature sal teen die naweek na normaal terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Global warming is besig om die weer patrone te verander. Minder koue fronte tref die Kaap maar enige reen is welkom!!!

Kom Ons Boks ·

Weer patrone verander met of sonder mense, droogtes kom en gaan in siklusse (soos die geval waar strawwe droogte onlangs die binneland getref het en siklus histories gebreek word deur swaar reen – Vaaldam 100% plus vol na goeie reens). Sneeu tref Johannesburg rofweg elke twintig jaar soos klokslag. As die manne se dat hul die ergste tornado in 80 jaar beleef het in MidWes VSA, beteken dit daar sterker tornado was 80 jaar terug. Globale verwarming word met onkunde geblameer op elke weer verskynsel wat vir ons “snaaks” of “verdoemend ” voorkom, tog wetenskaplik tydlyn-gewys beskyf kan word en goeie dokumentering daarvan bestaan. Die voorste meteoroloe het nog steed nie 100% konsensus oor die skrapse toename van globale temperatuur op rekord nie en sukkel nog maar nog steeds om volgende week se weer akkuraat te voorspel. Droogte beplanning d.m.v rasionale impak studies is ons enigste teenvoeter en wanneer die droogte breek, soos U teregtelik verwys, kan opregte dank na bo beslis nie seer maak nie.

Tina Buys ·

Let ook op reënweer is lááankal nie meer “”slegte weer”” nie asseblief tog my mede SAners.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.