Nog regsaksie kom oor Bloem-grondgrypers

(Foto: MARCO LONGARI/AFP)

Die DA het die hooggeregshof in Bloemfontein genader ten einde ʼn interdik te bekom om grondgrypgevalle in Lourierpark te voorkom.

Die party wil weet wat die Mangaung-metro doen rakende die tussentydse hofbevel wat reeds die naweek bekom is en eis dat daar onmiddellike stappe gedoen word.

Volgens die tussentydse hofbevel is die balju en die polisie die voldoende magtiging en opdrag gegee om die onwettige besetters uit die gebied te verwyder.

Duisende besetters het die naweek begin om onwettige strukture op te rig langs die Jagersfonteinpad.

Ná ʼn terreinbesoek om die situasie en die impak van die onwettige grondgryp te evalueer, het Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, gesê dit is duidelik dat inwoners van die omliggende gemeenskappe, wat Lourierpark en Pellissier insluit, ontsteld is oor die verwikkelinge wat hul veiligheid van verblyfreg en sosiale kohesie bedreig.

“Die onwettige grondgrypgvalle bewys dat die ANC-regering in die mees basiese taak misluk om grond, behuising en titelaktes aan inwoners te verseker.”

Sello More, munisipale bestuurder van die Mangaung-metro, het gesê die metro het, soos enige ander stad wat ná demokrasie gestig is, ʼn gefragmenteerde menslike nedersetting geërf wat gekenmerk is deur ruimtelike skeiding van woongebiede volgens klas en ras.

Volgens More is daar drie hoofuitdagings in die opknapping van informele nedersettings, naamlik die gebrek aan grootmaatkapasiteit veral vir sanitasie, ʼn agterstand in basiese dienste en begrotingsbeperkings om die strukturele verbetering van informele nedersettings te prioritiseer.

(Foto: Marco LONGARI/AFP)

Die VF Plus het intussen gesê hy sal die Mangaung-metro dwing om die tussentydse hofbevel uit te voer wat teen die onwettige grondbesetters bekom is.

“Dit het onder die VF Plus se aandag gekom dat die burgemeester, Gregory Nthatisi, en sy mede-ANC-raadslede besluit het om nie die bevel te laat uitvoer nie hoewel die tussentydse hofbevel op ʼn dringende grondslag toegestaan is en bepaal dat enige onvolledige strukture wat op die eiendom opgerig is, asook alle boumateriaal verwyder moet word en dat die besetters die gebied moet verlaat,” het Wouter Wessels, VF Plus-LP en nasionale woordvoerder, gesê.

Dit is volgens Wessels egter nie ʼn besluit wat die burgemeester of enige raadslid kan neem nie aangesien die eiendom aan die metro behoort en die hofbevel in openbare belang bekom is en uitgevoer moet word.

“Die ANC gebruik dit as ʼn verkiesingsfoefie om politieke punte aan te teken en kan daarom nie bekostig dat die hofbevel uitgevoer word nie. Die VF Plus sal hom dus tot die hof wend om die metro te dwing om die bevel uit te voer en ook met die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, skakel oor die doeltreffendheid van die polisie se optrede in dié verband.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

hpven ·

Nog ‘n sprekende voorbeeld om van Ramaphosa en die ANC ontslae te raak en sodoende Suid Afrika te red!

Hedda ·

Hoe gebeur so iets letterlik oornag? Iemand orkestreer dit mos…?

Elize ·

Wens iemand kan aan my verduidelik waar kom al hierdie wesens vandaan. Kom hulle uit die grond uit?

hpven ·

Meet vir hierdie arm mense, swart en wit, erwe uit op Phala-Phala en ry hulle aan soontoe. Daar is selfs opgestopte rusbanke wat wangebruik word!

Kokerboom ·

Beveg die onwettige praktyke met alle mag! Kyk hoe lyk ons land reeds. Wonder watter % is welkome onwettige stemgeregtige immigrante?

Jaco ·

Weet die VF-Plus dat “die hof” ook deur die ANC regering beheer word? Die ANC word dus by die ANC aangekla. So dis eintlik tydmors om “die hof” te nader.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou hoe gaan die mense ‘n inkomste verdien. Sal nie verras wees indien die rooi berets agter alles is nie.

Marthinus Johannes ·

Voor die *demografie* het daar nie “gefragmenteerde woongebiede” bestaan nie, die Groot townships wel. Na Mandela se vrylating en aanloop na die verkiesing in 94 is daar skielik n uittog uit die Groot townships en Elke dorp het sy eie township gekry en seker gemaak dat daar meer stemme in Elke kiesafdeling is as die ander partye in daardie area. Dit gaan oor die hoeveelheid setels hulle Kan kry en Elke munisipaleteit A BB C beheer kry.

Manie ·

Plakkerskampe word nie om dowe neute weerskante van dorpe opgerig nie. Behalwe vir stemme in elke dorp, kan dorpe ook blitsvinnig afgesny word.

Adriaan ·

Sluit die burgermeester en raadslede toe vir minagting van die hof. Sodra hul vrygelaat word, ontslaan hulle weens krimenele rekord.

Michael ·

Hierdie mense kom van die buurlande. Dit gebeur al jare-natuurlik om te stem hier. Die meerderheid van die swart mense in SA is nie SA burgers nie, hulle koop identeitsdokumente by binnelandse sake, want dan sou Elize reg gewees het-mense kom uit die grond uit.

Papsak ·

Hierdie klomp narre moet Irael liewers uit los hulle krap waar dit nie jeuk nie of word dit gedoen so kort voor verkiesing wat wil hulle bereik

Casper ·

Wie het hierdie besettings van die begin af aangemoedig en deur die hof vebied is om dit te doen.

Cassie Carstens ·

Van hierdie mense is met vragmotors van Polokwane af aangery. Georkestreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.