Nóg regstappe teen Denel bekend gemaak

Foto: pixabay.com

Solidariteit sê hy gaan Woensdag hofstukke aan die sukkelende wapenvervaardiger Denel beteken, asook verdere regstappe teen die maatskappy bekend maak.

Díe regstappe sluit onder meer ʼn dringende aansoek in, asook ondersoeke met die oog op vervolging.

Solidariteit het verlede jaar ʼn dossier aan Denel oorhandig waarin gevalle van beweerde korrupsie en wanbestuur ontbloot word.

Dié regstappe vorm deel van Solidariteit se wettige belastingprotesveldtog wat die afgelope naweek begin het.

“Die doel van die regstappe is om Denel-werkers se geld en dié van belastingbetalers te beskerm. Ons mag nie meer stilbly oor die plundering van belastinggeld nie. Ons mag ook nie toelaat dat belastingplunderaars daarmee wegkom nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Benewens die regstappe teen Denel beplan Solidariteit ook soortgelyke stappe teen voormalige direkteure van Eskom. Solidariteit gaan ook vra dat advokaat Gerrie Nel van AfriForum se privaat vervolgingseenheid begin om privaat vervolging teen die vorige Eskom-hoof, Brian Molefe, in te stel.

Dit volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag nog nie begin het met vervolging na aanleiding van die strafregtelike klagte wat Solidariteit teen Molefe aanhangig gemaak het nie.

Solidariteit beplan ook ʼn aansoek om die SAL in sakeredding te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
George in Bloem

Dis goeie nuus dat die wereld bietjie warm gemaak gaan word vir die onbevoegde korruptes wat reeds die geld gevat hwt en weg is by die instansies. Hulle moet sekerlik kekker ongemaklik voel waarookal hulle is wat nou gaan hulle moet verantwoording kom gee van hulle onderduinse doen en late.Lekker man lekker.Dis hoog tyd dat hierdie spul vasgevat word. Ek hoop van harte hier gaan terugbetalings gebeur.Sterkte kerels.

Johan Swart

Ek wonder hoeveel eiendom word in Dubai , Frankryk en Italië gekoop deur SA burgers wat vir Staats-instansies werk….kyk iemand na Aktes…..omtrent elke lëe erf in die Vaaldriehoek behoort nou aan vorige werknemers van Emfuleni Munisipaliteit….kyk jy na die aanlyn “Property Tax Roll” dan is daar geen erwe meer wat aan die Munisipaliteit behoort nie,maar behoort aan vorige Emfuleni werknemers wat nie meer in diens is nie…..lekker.

John

… en nou die boksomdraai? Ons dog julle wou geldbomme afskiet op Denelletjie om die wapenmakery te red en nou wil julle die spulletjie kelder. Dit was hoeka die idee van ons geliefde Gupta-gebroeders om die skroot te koop vir sente. Unies werk net vir werkers. Werkloses staan alleen. Wie kom vir wit werkloses op? Stilte.

Gert van Wierdapark

Fantastiese nuus Solidariteit!! Die plunderaars moet een vir een uitgehaal word. Daar moet op hul “geskepte bates” beslag gele word, en agter tralies kom!!

SjN

Soos dit tans gaan moet die land maar deur die howe beheer word en sodoende reuse salarisse aan onbevoegde werkers spaar.