Nog renosterhoring op lughawe gekry

Argieffoto: Maroela Media

Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag op 13,2 kg renosterhoring by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg beslag gelê.

Dié beslaglegging volg nadat daar verlede week op 7 kg renosterhoring wat as “teesakkies” verklaar is, beslag gelê is.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê Maandag se vonds het ʼn geskatte waarde van R1,7 miljoen.

“Die ontdekking is gemaak toe ʼn doeaneamptenaar ʼn boks laat skandeer het en toe iets wat soos renosterhorings lyk raakgesien het. Die horings is in stukke opgesny.” Volgens Memela was die besending op pad na Hongkong.

Die stukke horing is intussen aan die polisie en die Valke oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

En dis veiliger by die Polisie en Valke? Ja shure….more lees ons weer dis gesteel, verlê, gevat…

marous ·

As dit so blatant deur die lughawe gesmokkel word , hoeveel gaan nie landuit met skepe voetuie , treine of sommer te voet oor die grense nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.