Nóg rowers deur Schweizer-Reneke-gemeenskap gefnuik

Die verdagtes se motor wat in 'n veld tot stilstand gekom het. Foto: Verskaf

Die verdagtes se motor wat in ‘n veld tot stilstand gekom het. Foto: Verskaf

Te danke aan die flink optrede van die gemeenskap van Schweizer-Reneke in Noordwes is drie verdagtes aangekeer kort nadat ʼn sakeman in die dorp beroof is.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê ʼn sakeman het Maandagoggend geld in ʼn bekende bank in die dorp gaan onttrek. “Toe die man die bank verlaat, het twee mans hom agtervolg. Hulle het pepersproei in sy gesig gespuit en die sak met die geld afgevat,” het Ramaloko gesê.

Die mans het in ʼn luukse wegkommotor gevlug.

“ʼn Omstander het die rooftog gesien en dit by polisiebeamptes aangemeld wat in die omtrek besig was met roetine-patrollie.”

Die polisie, buurtwag en boere van die omgewing het die verdagtes agternagesit. Die verdagtes het sowat 15 km buite die dorp beheer oor die motor verloor. Die motor het in ʼn veld ingeswenk en tot stilstand gekom.

Die twee verdagtes en die man wat die motor bestuur het, is in hegtenis geneem.

“Die polisie het die motor deursoek en die gesteelde geld teruggevind. Daar was R10 000 ekstra en die vermoede bestaan dat dit ook gesteel is.”

Die verdagtes moet Woensdag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn op aanklag van roof.

Dié voorval volg binne ʼn maand toe die gemeenskap ook saamgestaan en ses verdagtes aangekeer het nadat ʼn man wat by ʼn diamantonderneming werk, gekaap en beroof is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jacques ·

N sprokie sou gewees het dat hulle in n skietgeveg met die SAPD tweede gekom het.

HN ·

So staan mense by mekaar.
Well done.
Mag die res van “ons” mens in Suid-Afrika by julle leer.

scalla ·

Knap gedaan almal wat betrokke was, dit raak mos erger hiedie tyd van die feesgety, laat dit vir hul n les wees.

Pam ·

Bravo ! Baie geluk met briljante spanwerk. Die polisie moes hulle sommer in die modder versmoor het !

AD ·

Dis hoogtyd dat hierdie gevalle waar die publiek groot bedrae geld wil onttrek, en waar jy vooraf moet reelings tref met jou finansiele instansie, in diepte ondersoek word. Hoe op dees aarde weet ‘n totale vreemdeling buite die bank wat jou nog nooit gesien het, dat jy met ‘n groot bedrag geld die bank verlaat nie? Elke persoon het seker sy eie opinie hieroor ….

talitha ·

Deesdae het skelms ook selfone en laat mekaar weet van die persoon wat geld getrek het.
Mens kan reēl met die bank en dan by n deur ingaan as jy n groot bedrag trek en dan kan jy neem sonder dat iemand sien. Ons het dit al gedoen.

MARIANA ·

Maak die naam van die Bank bekend. Dit het persoonlik met my en my man in Zeerust gebeur.
Gelukkig was ons op en wakker en kon hulle fnuik. Hulle het ongetwyfeld inligting vanuit die bank gekry en ons agtervolg. Dieselfde het met my vriendin gebeur ‘n week later, maar gelukkig vir haar het swart omstanders gesien wat gebeur en die skelm met ‘n sambreel toegetakel, disnis geslaan en gewag tot polisie opdaag. Hy was in hegtenis geneem, maar volgende dag io borgtog vrygelaat. Nodeloos om te se nadat vriendin vir die 4de keer by die hof opgedaag het vir die verhoor is die saak uitgegooi. Stem saam AS HULLE GEVANG WORD – KAP HULLE HANDE SUMMIER AF! VERGEET VAN ‘N BESKAAFDE VERHOOR.

Elzet ·

Maroela….. Kry asb jul feite reg voor julle op internet berig plaas…. Die voertuig is buite wollies gekry, wat 60km vanaf swr is, en ook was dit n vrou wat bestuur het, nie n man!

Phillip ·

Dagsê Elzet

Dankie vir die terugvoer. Ons het die inligting van die polisie ontvang en volstaan daarmee.

Groete

Phillip Bruwer
Joernalis

HEVW ·

Elzet hoe moet maroela weet dat die feite vetrek die regte is al dan nie. Dit is bietjie wreed om die hande af te kap. Sorg eerder dat daar nie n nageslag sal wees nie want die sal beslis ook steel.

ruben ·

Elzet is jy seker dis 60km en nie 59.8 km en is jy seker dis n vrou en nie dalk n ruimte wese wat bestuur het nie hou op kla oor sulke klein goed asb welldone aan die sapd en die gemeenskap vir goeie werk

Gerhard ·

Wanneer n mens in n ry in die bank staan dan hoor jy soms hoe die kassier bv. sê: “Mnr. Die Tweehonderd rand note is twintigduisend rand en die eenhonderd rand note is tienduisend rand.”
Almal weet dan daardie man het nounet R 30 000 getrek.
Soms is die kassiere net roekeloos.

ANDRE ·

Ook al deur so n geval , roof was gelukkig onsuksesvol. DIT IS ALLES N “INSIDE JOB” ,die banke moet wakker skrik in plaas daarvan om alles te ontken !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.