Nóg SAL-vlugte in Feb gekanselleer

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het weer vlugte gekanselleer of saamgevoeg weens ʼn lae aanvraag in kaartjiebesprekings vir Februarie.

Philip Saunders, bedryfshoof van die SAL, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die lugdiens sal poog om ontwrigtings en vertragings soveel moontlik te beperk en passasiers op alternatiewe vlugte te plaas. Dit geld ook vir vlugte deur SAL se Star Alliance-vennote.

Volgens Saunders wil SAL sy passasiers vooraf waarsku om die nodige reëlings te tref. Reisagente en ander belanghebbendes is reeds van die planne in kennis gestel.

Dit is nie die eerste keer dat die sukkelende lugdiens vlugte kanselleer of saamvoeg weens ʼn tekort aan belangstelling nie.

Die jongste verandering aan vlugte volg kort nadat die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) aangekondig het dat hy R3,5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal verskaf om die lugredery in sy proses van sakeredding by te staan.

Daar is op 5 Desember begin met ʼn proses om die SAL in sakeredding te plaas. Finansierders het R2 miljard as na-aanvangsfinansiering voorsien om SAL in staat te stel om voort te gaan met sy bedrywighede, terwyl die regering, deur die nasionale tesourie, ʼn soortgelyke bedrag beloof het.

Kyk hier watter vlugte hierdie keer geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Moedeloos ·

Baie personeel van firma”s word gedwing om SAL te vlieg agv BEE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.