Nog SAUK-raadslede bedank

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Nog twee SAUK-raadslede het hul bedanking aangekondig.

Dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het gesê pres. Jacob Zuma het die bedankings van Vuyo Mhlakaza en dr. Aaron Tshidzumba ontvang en aanvaar. “Die president het sy dank teenoor die twee voormalige raadslede uitgespreek vir hul bydrae en hulle alle voorspoed vir die toekoms toegewens.”

Leah Thabisile Khumalo, die SAUK-raad se adjunkvoorsitter, het einde verlede maand bedank. Krish Naidoo en Vusi Mavusa het op 5 Oktober in die parlement bedank, waar hulle voor die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie verskyn het.

Prof. Obert Maguvhe, voorsitter, is nou die enigste persoon wat nog in die raad dien.

Die ad hoc-komitee van die parlement wat die SAUK-raad gaan ondersoek, begin intussen vandag met sy werk. Die komitee het die raadslede vroeër versoek om te bedank, maar talle het geweier.

Die ad hoc-komitee bestaan uit 11 LP’s. Ses van die LP’s is van die ANC, twee van die DA, een van die EFF en twee van ander partye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Haibo ·

Maak die Voorsitter nou alleen ‘n Raad uit? Duidelik het die raad vir alle praktiese doeleindes ontbind, en moet hy ook padvat. Wat is sy doen dan nog daar?

charmaine ·

Die muise verlaat die skip. Hulle is dalk bang vir die ondersoek?

Leendert ·

Wel, nou is Hlaudi Motsoeneng alleen eienaar, hy en minister Faith.

Johann ·

Hehehehehehe…NUMBA 1 se Zumaikies vat hasepad. Dink seker as hulle bedank dat hulle nie aanspreeklik gehou gaan word vir wanbestuur en korrupsie en en en en nie? Vervilg? Dis n ander ding! Lagwekkend..maar net so kommerwekkend!

Alida ·

O genade die SAUK het nou meer kanale as raadslede! Dit help nie hulle hol weg nie vervolging volg outjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.