Nog seksklagtes kom dalk teen ‘Rhodes-verkragter’

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die man wat na bewering drie studente van die Universiteit Kaapstad (UK) verkrag het, sal vermoedelik op nog bykomende aanklagte van verkragting teregstaan.

Die beweerde reeksverkragter het Dinsdag in die Wynberg-landdroshof verskyn. Die 35-jarige verdagte se veelvuldige identiteite het hom gehelp om die polisie ʼn ruk lank te ontduik totdat hy uiteindelik in Maart vanjaar in hegtenis geneem is.

Sy regspan het die hof Dinsdag versoek om die staat opdrag te gee om ʼn besluit te neem oor watter bykomende aanklagte teen hom ingedien sal word. Die verdagte word tans positief verbind met vyf aanklagte van verkragting, maar meer aanklagte teen hom word verwag. Hy staan ook tereg op aanklagte van ontvoering en roof.

Die verdagte, wie se naam nie genoem mag word totdat hy gepleit het nie, is naby die UK-kampus en die Rhodes-gedenkteken in hegtenis geneem nadat hy vroue glo ontvoer, verkrag en hul selfone gesteel het. Die polisie het die verdagte glo opgespoor deur ʼn sein van een van die gesteelde selfone.

Die verdagte sal in aanhouding bly totdat hy op 21 Julie weer in die hof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Victorious ·

Hoekom lewer ons kommentaar? Dis nie asof hulle (die regering) iets gaan doen nie.
Daarom is dit sinneloos. So moeg vir die geweld. Al wat ons kan doen is omo p ons kniee te sak en by God op hulp te roep. Net God kan ons nou help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.