Nog skole dringend in Gauteng nodig

(Argieffoto/Unsplash)

Die Demokratiese Alliansie het Maandag drie skole in Cosmo City en ʼn skool in Northriding in Gauteng besoek en ontdek daar is ʼn dringende behoefte aan bykomende skole in Cosmo City weens oorvol klasse.

Khume Ramulifho, die DA se skadu-LUR vir onderwys, het gesê ondanks ʼn rotasie-onderrigstelsel, is daar te veel leerders in ʼn klas. “Dit maak dit moeilik vir leerders om aan gesondheidsprotokol soos sosiale distansiëring te voldoen.”

Alhoewel Cosmo City Primary School 2 kapasiteit het vir meer as 1 200 leerders, het hulle tans 2 125 skoliere, omdat hulle steeds aansoeke toelaat. Cosmo City Primary School 1 het kapasiteit vir 1 080 skoliere, maar daar is tans 1 765 leerders in die skool. Cosmo City Secondary School is ook oorvol met 2 000 leerders.

“Hierdie skole het dringend bykomende mobiele klaskamers nodig,” het Ramulifho bygevoeg. “Daar is egter nie genoeg grond om dié klaskamers op te rig nie en die skool het dus geen ander keuse nie as om sportfasiliteite te gebruik as onderrigruimtes.”

Die groot uitdaging is dat daar slegs agt staatskole in Cosmo City is, waarvan vier laerskole en vier hoërskole is. “Die gebied brei egter steeds uit met nuwe behuisingsontwikkelings en daar is ʼn behoefte aan bykomende skole om die getal leerders in die gebied te akkommodeer.”

Veiligheid en sekuriteit bly ook ʼn uitdaging vir Cosmo City Secondary School, aangesien drie rooftogte reeds plaasgevind het waar 52 rekenaars en drie skootrekenaars gesteel is.

Die DA doen ʼn beroep op Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, om seker te maak dat sy departement meer skole in Johannesburg-Noord bou om oorvol klaskamers te verhoed.

“Ons versoek ook dringende samewerking tussen die provinsiale en plaaslike regering sodat behoorlike beplanning gedoen kan word om die aanvraag na skole in die gebied te takel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mariana ·

Nou ja en so bestee regering miljoene aan onbenullighede terwyl kinders weereens daaronder ly. Hulle prioriteite is maar net nie waar dit moet wees nie. Nog ‘n straatnaam, stadsnaam, lughawenaam, nog ‘n duur mall, nog dit nog dat behalwe skole in kinders wat reeds agterstand het juis om die rede dat daar nooit geld is vir noodsaaklikhede nie………

Chris dupreez ·

Dit is maar net n duidelike bewys, Lesufi het sy prioriteite heeltemal verkeerd.

Kokerboom ·

Ek dink grootste problem is onbeheersde bevolkingsgroei!!!As selfbeheersing, beplanning en bestuur op dieselfde vlak as bevolkingsvermeerdering kon geskied had SA GEEN probleem

Anel ·

Onthou, hulle word aangemoedig deur toelaes. Stop die kindertoelaes en dalk sal die bevolkingsontploffing bietjie afneem. Ek stel ook boete voor aan families eie se dogters swanger raak voor hulle klaar is met skool, sowel aan die man se famiie wie verantwoordelik is. Dalk hou dit die kinders vir ‘n rukkie in toom. Dit sluit die hele familie in, ma, pa, ouers broers en susters, ooms, tannies, niggies, neefs. Almal.

Andries ·

R400 mil om skole te sanitize. Dit kon 4 skole gewees het. Maar die Afrikaanse skole word geteiken omdat hul nie kan dink om meer te bou nie. Daar is nie iemand in beheer om lesufishi aan sy ore te trek en se “nou bou jy skole” nie

Elize ·

Lesiffie is te besig om te kyk waar hy Afrikaans kan vernietig as om na “our people” te kyk. So sif hy alles wat Afrikaans is uit en vernietig sy eie mense

Kompas ·

Stem saam met Kokerboom. Bevolkingsaanwas het hande uitgeruk. Agt skole in een voorstad en nog steeds nie genoeg. Regering kan wel meer geld bestee aan kwaliteit onderrig en skole vir alle kinders.

B-Man ·

Wat help dit jy bou nuwe skole, maar jy het nie genoeg goed opgeleide onderwysers nie…ANC maak mos toe al die onderwyskolleges toe, saam met technikons en die wat verpleegsters opgelei het. Gelukkig het ons nog vir Kuba om ons uit die verknorsing te red (tong-in-die-kies).

Yolandie ·

Miskien moet die Lefusi hom eerder bepaal by sy werk as om alewig die wit skole te blameer omdat hulle nie die kinders wat nou nie geakkomodeer kan word te help. Miskien moet hy sy huis in orde kry……geld eerder spandeer op die bou van skole as sanitizer……dog ek sê maar net.

Hannes ·

Sou daar nie genoeg skool kamers gewees het as die skole nie deur hulle af gebrand was nie?
Vra maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.