Nóg slegte nuus vir Eskom

Argieffoto.

Die kredietgraderingsagentskap Fitch het Woensdag Suid-Afrika se kragvoorsiener afgegradeer en op die vooruitsig vir verdere kredietafgraderings geplaas.

Fitch het Eskom se langtermynskuldgradering in rand en sy ongewaarborgde senior ongesekureerde skuldgradering in rand van ’n gradering van BB+ afgegradeer na een van BB-. Die agentskap het wel besluit om Eskom se staatgewaarborgde senior ongesekureerde skuld in rand op ʼn gradering van BB+ te hou.

Dit volg kort nadat Moody’s, nog ʼn kredietgraderingsagentskap, Vrydag 25 Januarie ook besluit het om Eskom selfs verder onder beleggingsgraad af te gradeer – van ’n gradering van Ba3 na een van B1.

Fitch het in ʼn verklaring gesê die verswakking van Eskom se likiditeit en die onsekerheid wat tans heers oor of die kragvoorsiener sy korttermyn- finansiële verpligtinge sal kan nakom, is die redes vir die agentskap se besluit.

Eskom het Dinsdag uiteindelik sy lang verwagte halfjaarsyfers bekend gemaak en so die opskorting van sy effekte op die JSE net-net vrygespring.

Die verslag het getoon dat die kragreus ʼn skuldlas van meer as R300 miljard het, dat sy inkomste met 2% tot R96 miljard afgeneem het én dat sy kontant uit bedryfsaktiwiteite met 30% na R22 miljard gedaal het.

Eskom se likiede bates het ook vanjaar van R30 miljard na R9 miljard afgeneem. Verder sukkel die semi-staatsinstelling om nog kapitaal te bekom omdat beleggers bekommerd is oor voortslepende bewerings van korrupsie teen sommige van Eskom se uitvoerende beamptes.

“Ons neem kennis van Fitch se afgradering van Eskom se kredietgradering. Ons glo egter die maatreëls wat nou ingestel word, sal die maatskappy omswaai en goeie resultate lewer,” het Phakamani Hadebe, Eskom se waarnemende hoof, in reaksie op die agentskap se besluit gesê.

Hadebe het verder bygevoeg dat Eskom ʼn nuwe geesdrif by banke sien om die kragreus se finansieringsplan te steun. Hy meen sy voorlopige gesprekke met die banke was positief.

Calib Cassim, die waarnemende hoof van finansies by Eskom, het ook erken dat die volgende paar maande moeilik vir die kragvoorsiener sal wees. Hy het egter die versekering gegee dat Eskom dringend en vinnig daaraan sal werk om sy geldkrisis op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

pieterdp ·

Dat Eskom af is het met baie te doen met hul eie tekort kome. Maar saam gevat lê die skild by die regering van die dag.
Dis on gelooflik hoe die besighede toe maak en die ekonomie daal. Dis minder werk minder krag minder geld

HELP TOG ·

Privatiseer Eskom. Dit is belaglik hoe hulle aangaan en dan kry hulle steeds enorme salarisse en bonusse. Jy mors net so met geld as daar ‘n onuitputlike bron is (die belastingbetalers) en jy stel net sulke incompetent mense aan as jy nepotisme toepas. Hoekom kan daar nie asb tog weer net iemand met integriteit en GEEN behoefte na korrupsie by plekke soos Eskom/SAUK/SAL/PRASA aangestel word nie? Hoekom moet dit ‘n wit en swart issue wees en nie ‘n “kan jy die werk doen” saak nie?

CB ·

Ja ne. Betaal nog miljoene aan personeel uit. Miskien omdat julle julself ryk gemaak het in die proses, nou sit ons verbruikers met die hel hoog tariewe.

snoefie ·

volgende stel eskom n 60% tariefverhoging in en nersa keee 40% goed.

Martin ·

Kry vir julle ‘n job by ESKOM julle wat so kla. Natuurlik word salarisse en Bonusse betaal.
Ons werk daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.