Nóg slegte nuus vir motoriste

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Te wyte aan die rand se swak prestasie is nóg ʼn verhoging in die brandstofprys vir September Suid-Afrikaners se voorland.

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Donderdag in ʼn verklaring kommentaar gelewer op die ongeouditeerde petrolprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is.

“Internasionale petroleumpryse het in Augustus relatief onveranderd gebly,” het die AA gesê. “Die rand het egter aansienlik teen die Amerikaanse dollar verswak, wat ʼn toename in die brandstofprys in Suid-Afrika tot gevolg gaan hê.”

Die AA voorspel dat petrol met tussen 23c en 25c per liter sal styg en diesel met 28c per liter. Paraffien gaan na verwagting met 17c per liter styg.

“Dit gaan, vir die eerste keer, die koste van loodvrye 93-oktaan-petrol in die binneland oor die merk van R16 per liter stoot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Stuiwer ·

Dis nou wat gebeur in ‘n land met so ‘n onstabiele politieke omgewing. Die rand verswak as gevolg daarvan en dan gaan ALLES op.

zoom zoom ·

Wie moet ons bedank vir die gemors??
Nie Bolandbank soosbin die ou dae nie maar weereens die REGERING VAN DIE DAG EN SY TRAWANTE MET DIE ROOI PAKKIES

Lindtjies ·

Ag nee regtig? En so trek die strop al hoe nouer om ons nekke. Dit is al reeds ‘n uitdaging om te kan bestaan.

Jannie ·

Hulle kan gerus vir ‘n slag ‘n nuwe, geloofwaardige verskoning probeer uitdink! Hierdie een is al holrug gery!!!

corne ·

Dankie regering dankie julle weet net hoe om ALMAL baie geld te kos

Neutraal ·

Ag dis wonderlik. Nog n paar rand vir sommige se sakke. Dis mos maar hoe die land regeer word. Behalwe die vf+ het ek geen vertroue in geen party nie

Cherokee ·

Nou wonder jy nie meer watse geskenk om te koop na die verjaarsdag party nie. 1 Liter loodvrye petrol toegedraai in geskenkpapier sal waardeer word.

Marinda ·

Ag nee wat, ek sal maar bwgin stap. Sal die motor net gebruik wanneer dit regtig baie dringend nodig is.
Dink dis tyd dat ons ñ nuwe form van petrol moet ontdek. Enige idees?

Andre ·

Dit is opmerklik dat taxi eienaars gladnie kla oor die voortdurende brandstofprys-verhogings nie.

Elize ·

@Andre. Die taxi eienaars kry subsidie van die staat dit is hoekom hulle nie omgee vir die petrolprys nie. Hulle skep lekker uit die sousbak wat ons vir hulle volhou. Die verskoning van die Rand se waarde is so sieklik, plaas hulle kyk wie die oorsaak is van die daling van die Rand. Geagte regering vir wie so baie “ja” gestem het en nou in hulle sakdoeke wil huil.

HPV ·

Teken van ‘n regime aan bewind, sodra lewensnoodsaaklike produkte onbekostigbaar belas en gehef word ten koste van jou eie mense om jou bure, lees ander twyfelagtige regerings, te subsideer.

Chris Ws ·

Ek het dit al gese en se weer -die regering gaan NIE die brandstof prys verlaag nie.Hier is die bevestigind daarvan.Hy gaan weer styg!En dit te als net danke aan die anc president se uitsprake oor grond onteining wat die Rand laat tuimel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.