Nóg slegte nuus vir motoriste in Februarie

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag ʼn petrolprysverhoging vir Februarie aangekondig.

Die prys van 93- en 95-oktaan-petrol styg Woensdag, 1 Februarie, met 29c per liter.

Volgens die departement styg die prys van diesel met 21c per liter en paraffien met 17c per liter. LP Gas is 21c duurder per kilogram.

Die departement skryf dit toe aan ʼn verhoging in internasionale faktore en wisselkoers-veranderinge. Volgens die departement sluit dit die feit in dat Suid-Afrika ru-olie invoer op ʼn prys wat deur internasionale vlakke bepaal word, insluitend verskepingskoste.

Die prys van ru-olie het gemiddeld, oor die periode van hersiening, gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

posduif ·

As die petrol opgaan gaan alles op , as petrol afgaan gaan niks af nie.

Johann Marx ·

Toe die olieprys $90+ was…het ons so om en by R14,50/liter betaal. Toe daal die olieprys na onder $50 per vat…en nou betaal ons R13,50 per liter? Verduidelik tog vir ons hoe dit werk…

Paul ·

Betaal jy vir petrol in rand of in dollar, Johann?

Jy moet dit omskakel na rand – die dollar-prys van olie alleen beteken niks.
Dan moet jy ook die veranderinge in belasting en ander komponente van die prys, wat nie van die prys van olie afhang nie, soos verwerking, infaktor.

Ook, jou syfers is eenvoudig verkeerd. Jy kan nie somme doen met data wat foutief is, en dan voorgee die antwoord moet sin maak nie.
Die enigste keer wat petrol enigsins naby R14.50 gekos het, was van Maart tot Mei in 2014. Die prys van Brent ruolie was in daardie tyd ongeveer $110 per vat, nie $90 soos jy sê nie.

Waarde ·

Nerens word daar verwys hoe poegaai die Rand is. Gedurende 2005 is R6=$1. Nou is dit R13.50=$1. Dit is egter nog meer ontstellend om te dink dat R1=$0.074. Nou word daar voorgegee dat dit omstandighede is ’buite beheer’ wat die oorsaak is. Nee-wat, onbeholpe landsregering is die hoofsaak.

Jan maak n plan ·

Dis maar net nog n manier hoe ons simpel regering geld maak. In Botswana kos ons eie diesel 7 Pula, en dit word met lorries uit SA aan gery.

Bossie ·

Ervaar ander verbruikers ook dat baie produkte, nog voor die styging in die brandstofprys, met tussen R10 en R20 gestyg het? Dit was totaal en al skokkend om na afloop van die vakansie te gaan inkopies doen. Dit was in ‘n kwessie van 2 maande wat sommige pryse nou deur die plafon breek. Ek weier nou net om daardie produkte verder te koop. Al eet ek brood elke dag is dit nou ‘n beginselsaak. Daar is beslis besighede wat jan alleman liederlik uitbuit. So, waar gaan dit eindig indien julle “malprysprodukte” nie verder verkoop nie? Dink so bietjie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.