Nog sneeu word verwag

Tiffindell (11 Junie 2016) Foto: Tiffindell-ski-oord, Facebook

Tiffindell (11 Junie 2016) Foto: Tiffindell-ski-oord, Facebook

Nog sneeu word vanaand in die noorde van Lesotho, in die omgewing van die Afriski-oord, verwag.

Volgens Snow Report sal die grootste deel van Lesotho teen Maandag met sneeu bedek wees. “Die Oos-Kaapse Drakensberg kan ook ligte sneeu verwag, en moontlik swaarder sneeuval in Tiffindell en Rhodes,” het Snow Report gesê.

Vrystaters kan moontlik ook sneeu te wagte wees in Golden Gate en selfs Clarens en sneeu sal na verwagting Maandagoggend op die Drakensberge te sien wees. “Dit is onwaarskynlik dat KwaZulu-Natal enige sneeu sal sien.”

Volgens die berig kan sommige dele in Lesotho Maandagoggend in die vroeë oggendure tussen 15 cm en 25 cm te wagte wees en dit sal voortduur tot Maandagaand.

Snow Report het Saterdag verskeie foto’s van lesers opgelaai wat berig het sneeu het Vrydagaand geval op Hodgson’s Peaks in die Drakensberge, Sneeuberge tussen Graaff Reinet en Pearston, Kompasberg in Nieu Bethesda, Elliot en Ugie in die Oos-Kaap en selfs buite Oudtshoorn in die Wes-Kaap.

Sneeuvoorspelling vir 13 Junie 2016 (Grafika: Snow Report SA)

Sneeuvoorspelling vir 13 Junie 2016 (Grafika: Snow Report SA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Karolis ·

Murraysburg se kant van die berg sowel as Morgendal, Aberdeen se kant toe.

Lions ·

Wel ten minste is die ergste hitte nou gebreek. Ten minste geen hittegolwe nou meer nie.

Varkie ·

Ja nee Lions, ek keelvol om elke dag nat gesweet te wees, kan altyd n baadjie aantrek as jy koud kry maar dis nie so maklik om af te koel nie

johann cb ·

Middag Maroela Media, die korrekte spelling is “Tiffendale”. Dankie vir die lekker koue beriggewing!

E.K. ·

Nee, nee nee! Hou asb die koue by julle – ek soek dit NIE hier in Gauteng nie!

Joann ·

Nice ek love die winter. My dogter in Bloem se da val ok so kapok reentjie. Ai dis lekker

Sê-maar-net..... ·

As ek eendag terugkom aarde toe, wil ek ‘n ysbeer wees……jy móét vet wees en jy móét die hele winter slaap…………….

nig ·

Soos ek hier sit en lees is my voete twee ysblokke – so afduime vir die koue van my ook! Maar vir die wat daarvan hou – geniet dit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.