Nog sneeu word verwag

Grafika: Snow Report

Grafika: Snow Report

Die webwerf Snow Report het Dinsdag gesê hy hou ʼn beduidende frontale stelsel dop wat na verwagting Vrydag die Wes-Kaap sal tref en dwarsoor die land sal strek tot volgende week Woensdag.

“Huidige weervoorspellings dui op wydverspreide sneeu wat op bergreekse in die Wes-Kaap begin en dan oor die naweek sal versprei na berge in die Oos-Kaap,” lui ʼn verklaring op Snow Report se webwerf. “Van Maandag kan ons swaar sneeuval verwag oor die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Lesotho met tot soveel as 25 cm tot 40 cm in sommige bergagtige gebiede. Selfs Mpumalanga kan dalk sneeu te wagte wees!”

Snow Report benadruk dat dit ʼn tussentydse voorspelling is en, alhoewel hulle vol hoop is dat die stelsel op koers sal bly, bly die natuur onvoorspelbaar.

Bly op hoogte met voorspellings deur die loop van die week op Snow Report se webwerf of Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marianne ·

DANK aan U o Heer!!! Sneeu word water wat afloop Na droe Berg strome. God is met ons volk van Suid Afrika. Op Sy tyd sal ons land van droogte en swaarkry gered word.
Ons moet almal saam kniel en Hom dank!

Ruan ·

DANK Die Vader vir Klein genadetjies. Mag die boere nie vee skade lei nie.
Mag die minder bevooregde mense warmte vind.
Mag die sneeu Groot verligting aan die erge droogte bring

KLEIN ·

Nee die natuur bly betroubaar dit is die weervoorspellings wat nie betroubaar is nie.

Poot ·

Die weer is wel onvoorspelbaar…..maar NOOIT onbetroubaar nie Maroela Media.

Landi Slatter ·

Dagsê Poot,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Karma ·

Wou sê my ou bene voorspel koue wat aankom ……. Lekker koud reeds hier in Worcester, dik wolkbanke en ‘n paar lekker reëndruppels wat val. Sneeu duidelik in die vooruitsit. Brrrrrrr …. wolsokkies, OBS, kaggelvuur en my honde en katte saam met my vanaand.

Connie ·

Dit moet kapok. Dit baie belangrik vir die natuur. As daai vere so val en dit le jou hele handpalm vol. Ag so mooi en so lekker.

Rosa Fouche ·

Connie jy is in die kol met die kapok. Hier in die Kaap weet hulle nie die verskil tussen kapok en sneeu nie. Sal wonderlik wees om weer kapok te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.