Nog sneeu word verwag

Sneeu by Matroosberg buite Ceres in die Wes-Kaap Foto: @myownphotocoach, Twitter

Sneeu by Matroosberg buite Ceres in die Wes-Kaap Foto: @myownphotocoach, Twitter

Ligte sneeuval word Saterdagaand oor die Drakensberge en berge in Lesotho en KwaZulu-Natal verwag.

“Ons verwag teen vanaand ligte sneeuval oor die suidelike Drakensberg tot by Lesotho en tot in die KwaZulu-Natal-streek,” het Edwin Thema, weervoorspeller by die SA Weerdiens, gesê. Hy sê die kouefront wat die Wes-Kaap Vrydag getref het, is tans oor die Oos-Kaap. Dit sal later na die Vrystaat en Noord-Kaap beweeg.

“Groot gedeeltes van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap kan ook reënval te wagte wees,” het Thema bygevoeg.

Die Wes-Kaap kan steeds baie koue toestande verwag met geïsoleerde buie.

Die kouefront behoort teen Sondag KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Noordwes te tref. “Suidelike dele van Gauteng sal na verwagting ook lae minimumtemperatuur teen Sondagaand beleef,” het hy gesê.

Besoek gerus Snow Report se webwerf om nog foto’s van die sneeu te sien. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.