Nóg spanning in Rustenburg

Bedrywighede by die taxi-staanplek in Rustenburg is Dinsdag tot ʼn stilstand gebring. Foto: ANA

Bedrywighede by die taxi-staanplek in Rustenburg is Dinsdag tot ʼn stilstand gebring te midde van spanning tussen plaaslike inwoners en Nigeriërs.

Taxi-operateurs het alle ingange tot by die staanplek afgesper om aan te dring dat ʼn minibustaxi wat deur die polisie geskut is, vrygestel word.

“Ons het ʼn vergadering met die polisiebestuur gehad. Al wat die polisie wou gehad het, is dat die bestuurder van die taxi ʼn verklaring gaan aflê aangesien die taxi verbind is met ʼn misdaadvoorval,” het Serame Sebego, voorsitter van die Noordelike Taxiraad, gesê.

Die taxi se nommerplaat is sigbaar in ʼn selfoonvideo wat geneem is toe die voertuig glo Sondag ʼn misdaadtoneel verlaat het. Insittendes van die taxi het na bewering ʼn Nigeriese burger beroof.

Vrydag is ʼn Nigeriese man, vermoedelik ʼn dwelmbaas, se liggaam in ʼn stroom naby die gholfbaan gevind. Hy is vermoedelik saam met nog ʼn Nigeriese man in ʼn minibustaxi ingeboender voor hy vermoor is. Die ander man is ongedeerd vrygelaat.

Altesaam 17 Nigeriërs is sedertdien in hegtenis geneem in verband met openbare geweld in die gebied wat glo verband hou met ʼn wraakaanval weens die “dwelmbaas” se moord. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van openbare geweld en die besit van gevaarlike wapens.

Vroeër vandeesmaand is verskeie geboue en huise in die Rustenburg-omgewing aan die brand gesteek nadat lede van die gemeenskap glo dwelms en prostitusie op dié dorp ʼn nekslag wou toedien. Die huise is glo dwelmhuise en bordele wat aan buitelanders behoort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Prima voorbeeld van n ANC LEGACY waar mag en pag aan die YAXI bedryf oorgegee is ter wille van n populistiese navolg, en waarskeilik finansieel in n paar nuwe ANC ELITE sakke. Dra nie n SENT by tot belasting of onderhoud van die paaie wat hulle summiwr misbruik nie, MAAR kan n dorp en land tot sy knie dwing met hulle self aangewese magsvergrype.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.