ʼn Polisiebeampte van Dundee in KwaZulu-Natal, ao Arnesh “Jakes” Juggan, sy vrou en ʼn vriend het verlede Vrydag, 23 Maart 2018, spoorloos verdwyn.
Juggan is laas Vrydag om 19:00 gesien toe hy uit Peaceville weg is saam met twee persone in ʼn gemerkte, amptelike polisievoertuig.
Die drie persone het vermoedelik verdrink toe hulle moontlik tydens kitsvloede by die Buffelsrivier in hul voertuig meegesleur is.
Die soek- en reddingshonde, Dante van Umhlali, Ghost van Durban, Chaz van Pietermaritzburg en Bear van Port Shepstone, is intussen ook ontplooi om beamptes met die soektog by te staan.
Daar is egter nog steeds geen teken van Juggan (56), sy vrou Molly (54) en vriend Ashok Rajoo (53) nie.
ʼn Soektog is van stapel gestuur toe hul seun owerhede in kennis gestel het dat sy ouers nie teruggekeer het huis toe nie.
Enigiemand met inligting word versoek om hul naaste polisiestasie of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
Van wanneer af word polissie voertuie vir private doeleindes gebruik?
Hoop hulle word gou gevind. Sterkte. Het die voertuig nie n trekker sisteem nie?
Ek kry die mense jammer want die sogenaamde polisie moet hulle soek en almal weet ons buurtwag het n beter kans om die lid op te spoor.
Die foto van die honde langs mekaar is baie oulik nou wonder ek met die huidige polisie wie is in beheer die hond of die hanteerder as ek kan spekuleer gaan my stem vir die hond mits dit n duitse herdershond is .
Die honde op die foto is oulik en ook al wat met die polisie verbind kan word waarop n suid afrikaner vandag nog trots op kan wees.