Nog steeds geen teken van vermiste tieners

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Die twee tieners van Pretoria wat vermoedelik saam weggeloop het, word steeds vermis.

Kim Swarts (15) en Awian van Schalkwyk (17) word sedert 7 April vermis. Die Pink Ladies, ‘n organisasie wat hom toespits daarop om vermiste persone op te spoor, het versoek dat die publiek foto’s van die tieners sal versprei in die hoop dat iemand hulle moontlik sal herken.

Van Schalkwyk se ouers het hom laas gesien toe hy op Sondag, 7 April, omstreeks 14:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Hy ry ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets met die registrasienommer VFV 299 GP. Hy was glo op pad om by Swarts in Amandasig te gaan kuier. Hy het donkerbruin oë, swart hare en ʼn brandmerk op sy bors.

Swart is ook op 7 April laas by haar huis in Amandasig gesien nadat Van Schalkwyk haar opgelaai het. Sy het glo ‘n swart valhelm met wit kolletjies daarop. Sy het groenblou oë en lang, donkerblonde hare.

Enigiemand wat die tieners herken of weet waar hulle hulself bevind word versoek om dringend 084 485 6448 of 072 214 7439 te skakel.

Lees ook:
Vermiste tieners steeds soek
Ma se boodskap aan vermiste tieners
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Dankie Maroela dat julle ons steeds op datum hou wat betref die twee kinders.

Kan net dink dat hierdie ouers al resend van bekommernis is – ai tog, mag hulle ONGEDEERD en VEILIG teruggevind word. Die hoop sal nie beskaam.

Underwood Muller ·

Shame, dis tiener Liefde. Sy is so pragtig. Is al ons vroue nie maar eenkeer in ons lewens so verlief en Glo in die mans geslag nie. Klippe sal nie help nie. Help die kinders. My hart gaan uit na hulle tweetjies se mamma’s ( martie ferreira muller)

anon ·

Wil graag weet hoekom kry di ouers ni di tv nuus soos sabc in om n storie oor di 2 te doen ni dit sal landswyd wys

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.