Nóg storms op pad vir Gauteng

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Gautengers gemaan om bewus te wees van erge storms in die provinsie.

Gauteng is Woensdagmiddag deur kitsvloede getref. Wayne Venter, ʼn weervoorspeller vir die Suid-Afrikaanse weerdiens, het gesê Gautengers moet Donderdag, maar veral Vrydag, op hulle hoede wees vir swaar reën, hael, kitsvloede en stormsterk wind oor die provinsie.

Venter het gesê daar sal Donderdag geïsoleerde storms oor Gauteng voorkom. “Die weerdiens het ʼn kennisgewing uitgereik vir swaar reën, kitsvloede, hael en sterk wind tussen 15:00 tot 23:00. Ons verwag egter Vrydag baie erger. Die moontlikheid vir reën is dan 80%. Motoriste moet veral môremiddag en -aand laagliggende brûe en ander gebiede vermy.”

Volgens Venter het die Internasionale Lughawe OR Tambo gistermiddag tydens die kitsvloede 98,6 mm reën gekry.

Thabo Masebe, woordvoerder van die Gautengse provinsiale regering, het Donderdag gesê dat vier mense in Woensdag se kitsvloede verdrink het en minstens 150 voertuie beskadig is.

Intussen is die Johannesburgse rampbestuursentrum op die been gebring om die omvang van die skade te bepaal, met opruimingswerk te begin en inwoners wat in nood is by te staan.

“ʼn Mens weet ook nie of die munisipaliteite die dreineringspype in stand hou nie, veral nou ná die lang droogte wat ons ervaar het,” het Venter gesê.

Cobus Olivier, ʼn wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het vroeër aan Maroela Media bevestig dat die weerdiens steeds bogemiddelde reënval in die somerreënvalgebiede tydens November, Desember en Januarie verwag.

Volgens die weerdiens toon die Indiese Oseaan-dipool ʼn negatiewe ontwikkeling, wat gewoonlik beteken die beweging van vog van die Indiese Oseaan na die subkontinent word onderdruk. “Dit is die stelsel wat ons ʼn aanduiding gee om in die lente dalk minder as die normale reënval te verwag,” het Olivier verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Buitestander ·

Stormwater afvoer infrastruktuur is vir die laaste 21 jaar nie instand gehou nie. So die reënwater kon nie normaal afgevoer word nie.
Die nalatingskap van Zuma bevrydings gang!

Paul ·

Meer as 100 millimeter reënval in slegs ‘n paar minute is erg abnormaal. Johannesburg kry gemiddeld jaarliks maar so 550 tot 600 millimeter neerslag, so dis ‘n sesde van ‘n jaar se reën wat in slegs ‘n paar minute geval het. Selfs al was die stormwaterstelsels silwerskoon, sou dit steeds oorstroom het.

Asjas ·

Julle hoef ons nie te waarsku nie. Waarsku die mense wat die land regeer!! Hulle is clueless …

willehond ·

Ek wens die mense wil ophou karring oor die dreinerings pype!!! Geen sisteem sou daardie volume water kon hanteer nie! Al was dit goed instand gehou! Julle klink soos die ANC wat apartheid vir als blameer, kom net by ASB.!!!!!!!!!

Jaques ·

Willehond, jy is 100% in wat jy se.
Enige afvoer / weg voer pyp kan net effektief werk tot en met 75% kapasiteit aangesien daar lig beweging in ‘n pyp moet wees vir water / vloeistof of vrylik te kan beweeg. Sodra die kapasiteit meer toeneem begin ‘n tipiese blokkasie wat veroorsaak dat die water nie kan vloei nie.
In die geval van jou kraanwater, vir die “slimmes”, kraan water word onder druk geplaas om dit te versprei.

Oeps!! ·

Willehond,eks bly daars iemand soos jy. Dit gee ons n ander perspektief. Feit is egter as die dreineringspype skoon en oop is kan dit beter volumes water hanteer. Dis egter verstop met rommel wat almal strooi en verwag ander moet dit optel. As die afspoel kanale/ slote skoon en sonder obstruksie is sal dit ook help. Groot stukke rommel wat stormwater “grids” se doeltreffendheid beperk is ook nie juis n pluspunt nie. Dit terwyl die belastingbetalers vir n groot werksmag moet betaal wat in groepe staan en kyk hoe 1 of 2 ander werk. Jys reg ,dit was n groot massa water maar ek se dat indien als in plek was die skade of effek heeltemal anders sou wees.

JackRussel ·

willehond. Daar was baie water, maar die skade is vererger deur die geblokte dreine.

Die feit is dat die pype nie kon werk soos wat dit moet nie agv blokasies. Sanral het dit probeer regstel tydens die storm. Dus was daar ‘n probleem anders sou hulle nie eers probeer het nie.

Plus daar is ‘n berig waar Clr Jill Humphreys uitgelig het dat daar blokasies is.

Die groot massa water het probleme veroorsaak, maar dit kon in n mate beperk gewees het indien die pypy gewerk het soos dit moet. Ek sê nie daar sou nie skade gewees het nie, maar dit sou minder gewees het

Karringmelk ·

Willehond – plaas die blaam waar dit hoort. Dit was maar 100mm reën. ‘n Goed onderhoude dreineringstelsel sou die water baie vinnig herlei het en skade sou heelwat minder gewees het. Soos baie ander stelsels in die land, waar gebrek aan onderhoud ons nog groot skade gaan berokken, (dink aan riool sisteme, elektrisiteit, water voorsieningsnetwerk, besoedeling in ons hoof rivierstelsels ens. ens.) moet die blaam geplaas word by die wat hulle verantwoordelikheid versaak en nêrens anders nie. En op hierdie stadium hoort die blaam by die ANC en hulle regeringstelsels op nasionale en plaaslike vlak, of jy nou siek en sat daarvoor is of nie…

Paul ·

Karringmelk, weet jy hoeveel is 100 millimeter reën? Dis nie “maar” 100 mm nie, dis erg baie. Dis omtrent ‘n sesde van Johannesburg se gemiddelde jaarlikse totale neerslag.

willehond ·

Dankie Jaques, ek is bly daar is nog mense soos jy wat weet wat aangaan en hoe dinge werk!

A ·

Ek wens net ek kon van die huis af gewerk het in sulke omstandighede. Ek wil nie graag in so ‘n situasie wees nie.

willehond ·

Oeps, jy is ook reg, maar ons moet keusus in ons verwronge land maak Soos byvoorbeeld, gaan ons die gemors optel, of gaan ons op die stoep sit en kyk hoe ons huise oorstroom, en dan kla?

JackRussel ·

Ek kan sien wat jy bedoel, maar ‘n mens kan ook nie alles doen wat die regering veronderstel is om te doen nie. Hoe beplan jy om dit om dit skoon te hou? Dis klaar ‘n gejaag om alles te doen wat ons moet doen, waar nog tyd om orals rommel op te tel?

Maklik om te sê tel al die rommel op voor jou en werkplek, maar wie maak die res skoon? Oop stukke veld wat vol gemors is, langs die snelwee, binne die stormwater pype ens

Asjas ·

Die Munisipaliteit het laas week ‘n klomp vroumense in oranje klere gestuur om die strate in ons buurt skoon te maak. Dis eintlik regtig nie nodig nie want ons doen dit sommer self maar wat my eintlik die joos in gehad het is die feit dat toe hulle weg is toe is ons straat met rommel bestrooi. Die oorblyfsels van hulle lunch en middag slapie sommer net daar gelaat!!

foxi ·

Eerder oorstromings…….as GEEN water! Wees dankbaar mense…….

Karma1 ·

Die redes vir die fratsvloed is vir my”ses van die een en ‘n halfdosyn van die ander”. ‘n Hele klomp reën in ‘n kwessie van ‘n paar uur plus on-instandgehoude stormwater pype = ‘n fratsvloed. Wat my stomslaan, is die hoeveelheid motors wat letterlik tot dakhoogte in die water staan. Nou wonder ek – en ek is regtig ‘stupid’ hier, want ek ken nie van spitsverkeer in die kleinerige Bolandse dorp waar ek nou bly nie (3 motors op een tyd in dieselfde straat is ons ‘spitsverkeer’) – was die arme mense ‘nose-to-bumper’ vasgevang in spitsverkeer toe daai massa water op hulle afkom, of het hulle net aangery in ‘n straat of pad wat reeds onder water was, in die hoop dat dit nie só erg is nie? Ek het mos nét daar flou geraak as ek daai massa water sien aankom het …….

Dankbaar ·

En daar is voorspel dat ons die ergste droogte nog sou beleef… weereens ‘n bewys dat daar ‘n groter Hand in beheer is!

Ook dankbaar ·

Ek is verseker ook dankbaar, maar besef ook dat 100mm nie eers amper die droogte breek nie – hou maar aan bid vir nog reën…

Buitestandere ·

Ek is baie dankbaar vir elke druppel reën wat ons land kry. Prys die Here.

Ek is verstom met die meesters/doktore in fisika wat beweer ‘n stormwater pyp kan net ± 90% van sy volumen stormwater hanteer. Weet hulle iets van grawetasie af. Met hulle kennis van fisika grawetasie het ons land nie universiteie nodig nie.

Spelpolisie ·

Ja, as die munisipale werkers grawe in hulle grawetassies hou en dit gebruik om die afvoerpype skoon te hou, sal gravitasie ook sy deel kan doen en dalk hoef ons dan nie 25% lig aan te lê om te sien of daar 25% lug in die pype is nie… jaja, sê wat julle wil maar die vet weet – mense wat nie eers kan spel nie, moenie geleerde opinies probeer lug nie…

Johanna Botha ·

Vee ASB net die strate soos julle moet en maak die dreineerungspype skoon…dis inmers waarvoor die stadsraad betaal word . Dit sal BAIE en verseker help om die probleem te verlig ….kyk na van die fotos dis net papietsakke aan bome en takke waar jy kyk ….dis duidelik die probleem, so doen iets daaraan soos julle moet en voor betaal word ! Wens vir nog reen ons het elke druppel nodig.

Anoniem ·

Johanna, ek is geneig om 100% met jou saam te stem. Hoekom word die strate van Pretoria nie meer skoongevee nie.? (veral in die Pretoria Wes omgewing) Die strate in daardie omgewing is vieslik vuil. Nog een ander vraag, gaan die Metroraad een of ander tyd die gemors wat die Apiesrivier besoedel uit die Apiesrivier verwyder .

Gerro ·

As 100mm reen in so kort tyd in die karoo geval het was al wat brug of damwal was weg!!! Dit is n geweldige hoeveelheid water. En Dan vloei julle water nog op concrete en teer. Sit daai een en een bymekaar.

bekommerd ·

Ek het al gesien dat n tuinhulp, al die tuinvulles by n ‘drain’ afvoer pyp invee, net om dit nie op te tel nie. Pateties

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.