Nóg strafregtelike aanklagte ná Poppie-moord

Poppie van der Merwe.

ʼn Organisasie wat slagoffers van geweld en verkragting ondersteun, het Maandag ʼn strafregtelike saak van kindermishandeling teen sewe mense aanhangig gemaak wat hulle meen medepligtig was aan die moord op die driejarige Poppie van der Merwe.

Regter Bert Bam het Louisa (46) en Kobus Koekemoer (44), Poppie se ma en stiefpa, verlede week in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind op aanklag van moord en twee aanklagte van kindermishandeling. Die mishandeling het oor ʼn tydperk van September 2015 tot Oktober 2016 gestrek in Orania in die Noord-Kaap en Brits in Noordwes en behels ook ʼn sesjarige seun.

Annari du Plessis, stigter van die Go Purple-stigting, het Maandag aan Maroela Media bevestig dié organisasie het ʼn saak teen sewe mense aanhanging gemaak wat volgens haar geweet het van Poppie se mishandeling, “maar nié genoeg gedoen het om haar uit die omstandighede te bevry en te beskerm nie”.

Sy sê die organisasie het besluit om sy stem dik te maak teen dié “rolspelers” wat deurentyd “nie in Poppie se beste belang opgetree het nie” en “van haar toestand geweet het, maar niks gedoen het om te verhoed dat sy ʼn grusame dood sterf nie”.

“Poppie en die sesjarige seun se gedrag was aanduidend daarvan dat daar ingegryp moes word. Haar en die sesjarige seun se liggame het die omvang van hul aaklige beserings gewys, maar die polisie is slegs betrek nadat Poppie dood op ʼn hospitaaltafel gelê het,” sê sy.

Du Plessis sê dié saak is aanhangig gemaak om diegene wat nie opgetree het teen die “ooglopende mishandeling nie”, verantwoordbaar te hou vir Poppie se dood. “Die mense wat aangekla word, was almal deur hul onderskeie professionele kodes verplig om op te tree, maar hulle het steeds niks gedoen om die kinders by te staan of te beskerm nie.”

Sy meen deur nié op te tree nie, dra die mense ook skuld aan Poppie se dood. “Dis nie ʼn persoonlike saak nie. Genoeg is genoeg – ons kan nie toelaat dat daar nog ʼn Poppie is nie. Ons kan nie toelaat dat kinders mishandel of aangerand word en dan word daar bloot niks daaraan gedoen nie. Dit is onaanvaarbaar. Dit is tyd dat mense optree en besef dat daar gevolge is.”

Sy het gesê die strafregtelike saak van kindermishandeling word vandeesweek na die Hopetown-polisie oorgeplaas vir nadere ondersoek. Du Plessis het gesê die Go Purple-stigting beoog om dié aanklagte op nasionale vlak te laat ondersoek indien geen van die sewe partye vervolg word nie.

Regter Bam het tydens sy uitspraak in die hof sy misnoeë uitgespreek oor hoe die Orania-gemeenskap die situasie betreffende die kinders se mishandeling hanteer het. “Dit was duidelik dat die kinders mishandel word. Die gemeenskap het om onbekende redes gefaal om die nodige stappe te doen om die kinders te beskerm. Ek is verbaas dat dokters, onderwysers, ʼn dominee en ʼn berader net die blaam rondgeskuif het. Hierdie mense kon netsowel medepligtiges gewees het,” het hy gesê.

Jaco Kleynhans, Orania se woordvoerder, het in reaksie op Bam se opmerkings gesê talle individue en instellings was aktief by die maatskaplike probleme van die Koekemoer-gesin betrokke en “ons is op ʼn diep persoonlike vlak deur [Poppie se] moord geraak”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Eish ·

Tussen die lyne lees ek dus die betrokkenes van Orania kan hul vir n ongemaklike tydjie voorberei?

Justice for Poppie ·

So ingenome met hierdie aksie. Die wat nie hul pligte nagekom en hul werk waarvoor hulle betaal word gedoen het nie is medepligtig aan poppie se moord en die mishandeling van haar en haar sibbes. Hulle het ñ klein brose dogtertjie gefaal

Chris ·

Betaal deur wie? In elk geval nie die apatiese Suid-Afrikaanse staat wat nie in Orania betrokke is nie. Inwoners van Orania betaal al hul dienste self!

Go Purple maak hulself nou skuldig aan dieselfde waarvan hulle die Orania-mense beskuldig. Sy sê die Orania-mense moes opgetree het asof hulle ‘n staatsdiens was (wat ‘n wetsoortreding is). Nou probeer Go Purple self as staatsdiens optree – in diens van die lieflike ANC. Vervolging is geen taak vir Go Purple nie, maar van die nasionale vervolgingsgesag of deur privaat vervolging deur betrokkenes. Annari du Plessis of Go Purple het géén belang in die saak nie. Dis hoekom die aanklagte verwerp moet word.

Dis die Orania-mense wat hulle aan die wet gehou het en Go Purple wat die basis van ‘n regstaat oortree. Dis walglik om die regstaat probeer vernietig net vir ‘n publisiteitsfoefie van Go Purple.

Mary ·

Het verlede week op Orania se persverklaring gesê dat hulle soos die deler/steler skuldig is aan haar dood
Hulle moes haar en haar boeta weggeneem het en in pleegsorg geplaas het.

Gerhard ·

Dit is nie n staadinstelling nie. Hulle mag dit nie doen nie.

adri ·

ek stem – dankie dat iemand die insig gehad het om hierdie stap te neem. laat dit sommer as ‘n waarskuwing vir ons samelewing wees. want so siek soos die mensdom is, is dit nie die laaste Poppie wat so wreed VERMOOR word nie!

Ada ·

Dit is die beste nuus ooit!!
Vanaf Poppie se moord al het ek gewonder waarom daar nie meer gedoen was om die kindjie en haar boetie te beskerm of van die ouers af te neem nie. Dit was ongelooflik dat veral die welsyn nie daadwerklik opgetree het nie omdat hulle veronderstel is om op te tree in sulke gevalle.
Ook die skooltjie en dokter en dominee kon polisie toe gegaan het om die kindertjies se aanrandings aan te meld. Wie ook al daarvan geweet het – moes dit by die polisie aangemeld het. Daardie mense het almal geweet en niks gedoen of genoeg gedoen nie.
Dankie dat die saak verder geneem word. Dit is waarlikwaar goeie nuus.
Sterkte vorentoe.

Sebco ·

Almal praat hier asof hulle self by die saak betrokke was en almal se doen en late geken het. Moenie Mediastorie net napraat nie. Ek woon in Orania en kan nie klippe gooi en sê hierdie of daardie een moes dit of dat gedoen of nie gedoen het nie. Al wat ek weet is dat die betrokke persone opgetree het, maar dat die prosesse te lank gevat het, ook weens die staatlike strukture.

Piet Snot ·

Go Purple het skaars begin, en hulle maak klaar ‘n fatale fout. Hulle kla die verkeerde mense aan: juis diegene wat hul werk gedoen het, en dit kan bewys.
Annari, op dié manier gaan jou organisasie nie ver vorder nie.
Om ‘n kriminele klag te bewys vat meer as emosie.

Stephnie ·

Emosie? Ja daar is emosie n klein hulpelose kindjie het haar lewe verloor hoe dan anders? Maar kom ek help jou reg Piet Snot die klagtes is gele op suiwer bewyse geen maar geen mens kan n klag le teen enige iemand sonder omstootlike bewyse nie en geen polisie offisier of brigadier sal die verklaring neem as hul van mening is dat daar nie n grondige rede is nie dan wil ek jou vra…..was hy betrokke was jy in die hof het jy die bewys stukke en verklarings wat by die hof in gedien is gesien of gelees? Nee Piet Snot jy was nie daar nie en jy het dit nie gesien nie so los Annari Du Plessis en die Go Purple Foundation dat hulle doen wat Orania se gemeenskap gefaal het om te doen

Sebco ·

Jy is reg, Piet Snot. Dit is tipies vir die mensdom om altyd, as iets verskrikliks gebeur het, ‘n sondebok te soek. Dit is altyd diegene wat niks gedoen het nie wat die hardste skreeu: “stenig hom/haar!” en diegene wat iets probeer doen het wat ie sondebokke is. Die pers dames moet eerder kyk dat hulle sulke gevalle verhoed daar waar hulle is. Lees ons nie amper daagliks van sulke gevalle nie?

Dankbaar ·

Baie baie dankie aan Annari Du Plessis! Ons almal voel so, maar sy vat dit verder en doen iets daaraan. Hoe kan ons bydrae en die Go-Purple stigting ondersteun? Het iemand besonderhede?

Elizabeth ·

WONDERLIKE nuus!!! Dit is die beste besluit óóit!! Nou sal mense soos predikante, onderwysers ens in die toekoms meer in hul spore trap en so sal onskuldige kinders wat so verwaarloos en verniel word, se lewens verbeter kan word!

Ek is soooo dankbaar oor hierdie besluit!!

Gerhard ·

Ek hoop daardie mense wil nog enigsins help in die toekoms of moet hulle almal eerder ophou om ander te help en hulle los om te kripeer?

JC Nel ·

Stem 100% saam- waarvoor is daar dan sulke “kamtige omgee” instansies – hulle moet verantwoordbaar gehou word.

Michelle ·

Hierdie bly vir my ‘n verskriklike storie. Kry letterlik pyn in my bors elke keer wanneer ek na die pragtige fototjie van Poppie kyk. Wat ‘n pragtige dogterjie was sy nie.
Sooooo sad setup.

Willie ·

Ek verstaan nie. Regter Bam laat nie in sy uitspraak blyk dat hy enige feite rondom Poppie se ouers se veblyf in Orania, vanaf Orania Beheerliggaam gekry het nie. Hoekom het hy hulle nie kans gegee om hul kant van die saak te stel nie.

alwyn burger ·

As ñ drie-jarige dogtertjie in ñ gemeenskap doodgeslaan word en persone wat verantwoordelik moes optree blaam rondskuif, is dit tyd dat die staat moet ingryp. Ek stel voor dat afgestudeerde maatskaplike werkers ñ jaar van verpligte internskap daar gaan doen.

Gerhard ·

Beste Martin, die kind in Brits dood geslaan nie Orania nie. Dit het ‘n hele maand na hulle weg is uit Orania gebeur. Waar is die mense in Brits wat vervolg word?

Vermeende ·

Kyk daai gesiggie, Poppie was die mooiste dogtertjie in die wereld.
Kla almal aan wat anderpad gekyk het.

Dankie tog ·

Dankie vd Go Purple aksie dis hoogtyd dat mense verantwoordelik gehou word vir hul nalatigheid! n pragtige kind was lelik deur haar gemeenskap in die steek gelaat!!!!
Rus in vrede Poppie

Gerhard ·

Hoeveel mense het Go Purple tot en met nou strafregtelik aan gekla? Waarom nou dat dit Orania is. Het dit het meer the doen met teen Orania wees as met die saak. As dit in enige ander dorp gebeur get, soos wat dit doen reg oor Suid-Afrika elke jaar sal hulle niks daaraan doen nie.

Alida ·

Ja Jaco Kleinhans jy is nou “diepgeraak” JULLE kon dit verhoed het as julle wou. Ek hoop julle slaap lekker snags. N gewete is n lelike ding. Almal in Orania wat geweet is skuldig en klaar.

Ada ·

Ek hoop regtig hier kom iets van.Kry asb professionele hulp met hierdie saak sodat dit nie doodloop nie Go Purple.
Kry bevondsing by die regte instansies asb voordat julle beskuldig word dat julle die geld op n onetiese manier kry en gebruik.Daar sal altyd sulke beskuldigings wees.Hou julle bevondsing deursigtig. Kry die regte instansies in die hande wat ook soos ons en julle voel wat n goeie naam het.

Kat ·

Daar was vele mense wat geweet het wat aangaan en net skouers opgetrek het.Waarom dit nie by die polisie aangemeld nie? Die regter het duidelik genoem wie hierdie betrokke ‘vele’ was wat die pap op die grond laat val het.Hou hulle ook verantwoordbaar.

Monica Swanepoel ·

Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie. Ons gee om vir slagoffers van kindermishandeling. #voilenceagainstwomanandchildabuse

Mariaan ·

Laat almal wat geweet het en laat gaan het boet ! Sies…so mooi kind en tot volwasse mense rondom haar het te min gedoen om te help…n skande! Roer hulle !!

Ada ·

Aan almal wat kla….waarom doen julle nie iets nie? Wens eerder die bereidwilliges om iets te doen sterkte toe want dit kan ook as waarskuwing lei tot ander gevalle wat voete sleep.

Gerhard ·

Gaan kyk gerus op die Orania Beweging se webblad hoeveel daardie mense voor jy begin met “waarom doen julle nie eits nie”.

Andile ·

Niks maar niks kan die arme kind se marteling en dood regstel nie en mense wat nalatig is moet aanspreeklik gehou word.

Dit is dus vir my jammer dat ek die volgende waarneming moet aanspreek, naamlik dat dit uiters opvallend is hoe die spesifieke geval uit duisende uitgesonder word aan die spesifieke feit dat die gesin vir n tydperk in Orania gewoon het. Nog nooit het ek van n soortgelyke geval gehoor waar soveel klem gele word op die spesifieke dorp waar iemand vir n periode gewoon het, as in die geval nie. Hoekom nie net na maatskaplikke dienste verwys nie? Nee die dorp naam moet oral in die beskrywing ingeforseer word.

Dis die “Afrikaner bashing” rot wat Gerhard ruik en ek ruik hom ook. Om die arme onskuldige kind se tragiese dood so te manipuleer is uiters walglik en die media is ook aandadig hieraan. Rus in vrede Poppie.

Tannie ·

Die ergste van alles is….is dat dit dalk die norm is by baie mense.? Hoop tog nie so nie.Dit was lyk my wel die norm by Poppie en haar boetie se ‘ouers ‘….Jy gaan hierdie kindermishandeling net uitgeroei kry deur mense wat werklik omgee en hulle werk oordentlik doen.Werklike opgeleide mense wat die gevaartekens n myl het kan sien.Ook mense in die gemeenskap wat OMGEE en nie net maak of hulle omgee nie.

PJC ·

Mense gaan en rapporteer enige geval van vrouens of kinders wat mishandel word by die polisie en kyk wat gebeur. Die meerderheid weet nie wat om te doen nie vertel dan vir jou dis huismoles en hulle kan niks doen. Al wat jy kan doen is om self in te gryp en die risiko te loop om self in die hof te beland. Het kennis van sulke gevalle maar verstaan ook die ontsteltenis van mense nogtans moet die saak op ń ewewigtige manier hanteer word. Dit bring niemand niks in die sak as mense nou oorhaasrig gevolgtrekkings maak en links en regs mense beskuldig nie.

Wynand ·

Daar is baie van hierdie tipe ding wat regdeur SA gebeur. Nie net op een plek nie.Te min opgeleide personnel om dit te bekamp.Die verval van moraliteit weens drank werkloosheid drugs en alles word op kinders uitgehaal.

Anti-Go Purple ·

Go Purple foundation soek nou seker weer sensasie!!!!, hul vinnig om vinger te wys, maar hulle is ongelukkig nie so vinnig om hul eie foute uit te wys nie, vorige insidente waar hul inmenging meer skade as goed gedoen het.

Stephnie ·

Anti-Go Purple het jy dalk n geraamte in die kas? Shame ek weet jy is Anti Go Purple maar hou ons gerus dop hierdie is net die begin en daar gaan nog baie meer oop gevlek word en met elke negative comment weet ons ons het die kol getref so baie dankie jy sit ons op die regte spoor

Chanel ·

Dis juis waarvoor hulle staan. Om kinders uit huise te kry wat abuse word. Die vrou veg haar vingers stompies vir kinders. Sy offer meeste van die tyd gesinstyd op vir ander kinders. Sy hardloop haar te pletter teen mure en staan dan op en baklei verder. Meer as wat sommige ouers vir hul eie kinders doen. Sy gaan sit in die tronk omdat sy kinders wil help. Sy doen dit, sy doen dit alles en nog meer. Gaan doen asb navorsing voordat jy jou mond uitspoel. Kry asb feite voordat jy kommentaar lewer. Haar hart is op die regte plek en haar oë sien nie kleur raak nie. Sy word nie deur die staat ondersteun nie, in teendeel, haat hulle haar vir dit wat sy doen en vermag en braafheid wat sy het om dit te doen. En alle eer gee sy elke liewe dag aan God.

Gerhard ·

Moet ons miskien kyk of Go Purple strafregtelik aangekla kan word omdat hulle nie alles gedoen het wat hulle kan in elke saak waar hulle betrokke was nie. Nou dat ons mense meet aan hulle swakste poging. Ek stel voor Go Purple gaan kyk op Orania wat daar gedoen word voor hulle mense wat goed doen te na kom.

Melissa ·

Fantastiese nuus! So maklik om net anderpad te kyk. It takes a community to raise a child. Poppie kon nie haarself verdedig nie. Waar was die volwassenes? Hoogtyd dat onderwysers en familielede aanspreeklik gehou word!

ORANIA SIES ·

Gerhard is duidelik ‘n Orania aanhanger. Niks wat hulle doen sal hy ooit veroordeel nie. Hy is seker een van daai wat opstaan vir die “volk” ongeag wat hulle doen. Gaan lees Orania se webblad hulle maakndit duidelik dat hulle alles op hulle eie doen. Eie geld, eie taal, eie kultuur em ja eie welsyn. Dis net te gemaklik vir daai einste welsyn om nou te sê “dis nie ons skuld nie”. Hulle wil op hulle eie wees as dit hulle pas maar as dinge skeefloop wil hulle ewe skielik weer terugval op landswette en reels. Skeinheilig!

Ada ·

Anti-Go-Purple ek hoop jy doen iets om kinders wat abuse word te help.

Chanel ·

Dis juis waarvoor hulle staan. Om kinders uit huise te kry wat abuse word. Die vrou veg haar vingers stompies vir kinders. Sy offer meeste van die tyd gesinstyd op vir ander kinders. Sy hardloop haar te pletter teen mure en staan dan op en baklei verder. Meer as wat sommige ouers vir hul eie kinders doen. Sy gaan sit in die tronk omdat sy kinders wil help. Sy doen dit, sy doen dit alles en nog meer. Gaan doen asb navorsing voordat jy jou mond uitspoel. Kry asb feite voordat jy kommentaar lewer. Haar hart is op die regte plek en haar oë sien nie kleur raak nie. Sy word nie deur die staat ondersteun nie, in teendeel, haat hulle haar vir dit wat sy doen en vermag en braafheid wat sy het om dit te doen. En alle eer gee sy elke liewe dag aan God.

fm ·

Klein dogtertjie jou skop-en slaandood word nie ligtelik vergeet nie. So baie mense gee om en is diep geraak en ontsteld oor hoe jy mishandel is totdat jy gesterf het. Dit wil voorkom of jou ontydige dood ander kleintjies (wat hulle nie self kan vededig nie) wat ook daagliks geslaan en mishandel word, kan red. Dit is goed dat mense aksie neem teen diegene wat so maklik skoppe en klappe uitdeel. Mag jy in vrede rus sonder enige angs, vrees of pyn.

Koppie ·

Jy kan gevalle aanmeld ( amper soos die een, maar net erger want die kinders leef nog, maar gaan elke dag daar deur.)maar daar word niks gedoen nie, wie se skuld is dit dan! Daar is so n geval in Sasol maar niks word daar aan gedoen nie, Maar die maatskaplike werkers weet van dit. Vra maar net.

Stephnie ·

Koppie……raak betrokke gaan gee dadelik die saak aan by die SAP en noem die Welsyn werker wat betrokke is se naam in jou verklaring doen dit asb as jy dit nie aangee nie as jy iets weet of vermoed nie is jy skuldig op n oortreding van die kinderwet asb voordat dit te laat is of kontak die go purple foundation vir hulp

Domvraag ·

Dit gaan nie oor Orania per sy nie en al die verskonings Jaco Kleynhans sal dit nie wegvat dat mense niks gedoen het. Die wat bewus was van die mishandelings kon klagtes by die polisie aanhangig gemaak het, maar het hulle.As die dominee, dokter, bure en selfs Poppie se ouma hiervan geweet het dan kon hulle iets daadwerkliks gedoen het. Betreurenswaardig die verskonings.

Blits ·

Go Purple: Dankie vir wat jule doen, ekt net een probleem met die helle storie, Julle kla nou mense van Oranjia aan maar wat van die mense in Brits wat ook hiervan geweet het en niks gedoen het nie en wat van die familie van die Koekemoers wat geweet het van die kind se mishandeling? Hoekom word hulle ook nie aangekla nie, kla somme almal in elke dorp aan waar die klomp gebly het en wat kontak met die klomp gehad het, die sien ek as n heksejag, almal wat gewet het van die mishandeling en wat niks gedoen het daaraan nie moet ook aangekla word.

Alida ·

Blits verstaan tog die mense was net ‘n klein rukkie op Brits en het op ‘n plot gewoon weg van die gemeenskap af. Hulle het van Orania gevlug omdat dinge daar warm geword het. Brits se gemeenskap het nie eers van hulle geweet nie.

vytjie ·

Dankie Blits. Ons moet saamstaan met hierdie mense wat ‘n verskil in sameleweing wil maak. ALMAL is een of ander manier verantwoordelik teenoor mekaar.

BELAGLIKE OU VOLKIE ·

ASSEBLIEF MENSE, hierdie is ‘n heksejag teen ORANIA!! Hoeveel ander dorpe se predikante en dokters en dominees en ander mense wat hierdie goed sien gebeur het is al vervolg? GO PURPLE wil nou naam maak en’n Afrikaanse gemeenskap probeer vernietig Die kind is dood in BRITS< gaan vervolg dan die maatskaplike werkers en dominees en raadslede en prokureurs en dokters in BRITS. Almal probeer nou op mense se gevoelens speel en die ORANIA ding uit verband uitruk. JA ALMAL IS JAMMER VIR DIE KIND< maar dis nie die eerste kind wat sterf nie .. SAL JULLE ASB ook in die ander gevalle almal VERVOLG as dit NIE Orania is nie?? Honderde kinders sterf JAARLIKS aan die hand van hulle ouers, en toe was GO PURPLE stil, hulle soek nou weer AANDAG omdat dit teen 'n WIT gemeenskap is!! Hoeveel kinders word in townships gemartel en vermoor? EK SIEN JULLE NIE DAAR NIE?? KOMAAN .. beskerm ook ons SWART KINDERTJIES, hulle kry baie swaar!

ek vra jou ·

Aan Belaglike ou Volkie: dis nie ‘n heksejag op ORANIA nie, maar op die mense wat die kind gefaal het en dis REG so. Nou sal mense dalk wakker word in die toekoms en uitreik en sulke kinders probeer help. En welsnmense sal hul werk dalk beter doen en opvolg selfs al TREK die mense. Daar is maniere – veral as jy sulke erge mishandeling teëkom! Of selfs net vermoed, mens doen moeite ter wille van daardie kinders. Laat hierdie ‘n waterskeiding saak word. Hierdie onreg, soos baie ander het ten hemele geskreeu en dis TYD dat iets daadwerkliks gedoen word.

Gerhard ·

Ag twak, dis ‘n heksejag, iemand moet betaal en klaar. Die mense het nie eers probeer agter die kap van die byl kom oor wat daar gebeur het nie.

Susan ·

Waar is Poppie se boilogiese pa se bydrae om haar te beskerm?? Het hy sy rug op haar gekeer en nou skree hy saam dat ANDER mense haar moes opgepas het. As hy haar net 1 x ‘n maand gesien het sou hy kon intree en haar red. Kla hom ook aan.

Andile ·

Die Pa was nooit woonagtig op Orania nie, so hy het geen verpligting teen sy eie kind gehad nie anders is daar nie n rot nie.

VanAfrika ·

Andile, jy sê hy het geen verpligting teenoor sy kind gehad nie omdat hy nie op Orania gebly het nie?. Sy verpligting was om sy besoekregte na te kom en as hy dit nie gekry het nie moes hy baklei het daarvoor. Geen pa betaal onderhoud (as hy ooit betaal het) en baklei nie vir sy besoek regte nie en die rot wat geruik moes word is sodra daar n vreemde man in jou kind se teenwoordigheid kom, staan jy op aandag en jy hou hom met n bioniese oog dop. My seuns het een naweek by my eks en sy aanhangsel oornag. Sy stap die badkamer in waar my ses jarige in die bad sit en sy wou hom bad. Hy kon dit homself doen want hy was so geleer. My seun was baie onsteld, ek het alle besoek aan sy pa en die vrou stop gesit. Vir wat wil sy aan my kind vat terwyl hy kaal is en in die eerste plek sy privaatheid moes respekteer het. As hy gebad wou wees, was dit sy pa se plig om in daardie badkamer in te stap, nie hare nie, sy moes haar plek ken toe dit by my kinders kom. Die uiteinde buiten baie ander dinge, hy het elke tweede Saterdag besoek reg gekry sonder vakansies en sonder die vrou in my kinders se teenwoordigheid.

Liza ·

Ja soos wat hulle in Engels se “pass the bucket” as iemand net in Orania nie die “bucket gepass” het nie en self iets gedoen het dan sou dinge baie anders gewees het. SO in Orania is maar dieselfde probleem as ooral in Suid Afrika

mariette ·

Ek stem Susan, dit was die 1 vraag in my kop van die begin van die storie. As die ouers uit mekaar is verlos dit nie die ander ouer van enige verantwoordelikheid. Waar as hy, wat ws sy betrokkenheid

Hanli ·

Dankie, Go Purple.
Skandalig dat SA’ners die dood van n weerlose dogtertjie onder die mat vee en waaragtig hulself en hul buurt verontskuldig!
Daar moet onmiddellik daadwerklik strafregtelik teen ALLE rolspelers wat deur hul aandadigheid skuldig is aan n kind /weerlose, opgetree word.
By elke gebroke liggaampie wat langs pad, in bosse, in veld opgetel word, huil n ouma, met die ma Opvallend Afwesig!
Hou ALLE rolspelers verantwoordelik, en lewens kan gered word.

ORANIA SIES ·

Orania wil op hul eie wees as dit hulle pas. Dis nie ‘n heksejag nie dis ‘n soeke na geregtigheid en verantwoordelikheid

Marisa ·

Genade mense, lees die berig. N saak is geopen en nou gaan die sapd ondersoek instel. Mense gaan tekere asof die hele gemeenskap van Orania skuldig bevind is aan moord. Allermins nie die geval nie. Hierdie saak het niks te doen met n dorp nie. Dit het te doen met n ondersoek om te bepaal of persone onwettig opgetree het….as hulle het, mag die hof dit dan bewys en gepaslik straf… as hulle onskuldig is, mag die hof dit ook bewys en die persone amptelik verontskuldig. Dis waarom daar n ondersoek gedoen moet word. Sodat die waarheid kan uitkom en reg geskied. Niks meer, niks minder. Innocent until proven guilty. Hierdie saak moet bewys word en dit is waarom dit ingedien is.

Theresa ·

Kom tot ruste oor Orania. Dit gaan oor ‘n handvol mense. Jy wat so tekere gaan oor Orania – wat van jou eie omgewing? Moord en doodslag en mishandeling heeldag. Gaan jy so tekere oor jou voorstad/stad/provinsie??? EIenaardige emosionele uitbarstings oor ‘n plek wat selfbeskikking uitleef – waarom? Die arme kind se ouers is die begin van al haar ellende. Daar sal mos nou ondersoek ingestel word na die res wat betrokke geraak het (uit hulpverlening?!!) maar ja, professioneel aan kodes verbind is. Los Orania as plek uit. Meeste mense daar het meer “guts” om daar ‘n ordentlike lewe te begin as enige een in voorstede waar presies dieselfde dinge met kinders gebeur en geen haan daaroor kraai nie. Sies man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.