Nóg strenger rookwette in vooruitsig

Met strenger wetgewing op takakprodukte en e-sigarette in die vooruitsig, is dit dalk nou die tyd om op te hou rook? (Foto: Freepik)

Die departement van gesondheid wil poog om nóg strenger wette teen rook in Suid-Afrika in te stel.

Lynn Moeng, ʼn hoofdirekteur in dié departement, het onlangs aan EWN gesê ʼn konsepwetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en e-sigarette (Control of Tobacco Products and Electronic Delivery Systems Bill) is tans in die vooruitsig en dat die regering so vinnig as moontlik saamwerk om dit te prosesseer.

Die aanvanklike wetsontwerp wat pres. Cyril Ramaphosa reeds in 2018 goedgekeur het, het ten doel om rook in openbare plekke heeltemal te verbied.

Dit sluit in werkplekke, enige geslote ruimtes waar kinders teenwoordig is en private wonings wat vir sekere kommersiële aktiwiteite gebruik word as ook sommige oop openbare ruimtes.

Die wetsontwerp wil verder die gebruik, bemarking en verkope van e-sigarette of vaping-toestelle in Suid-Afrika reguleer. Die produkte funksioneer tans in ʼn wetgewende vakuum, het Moeng bygevoeg.

Tabakmaatskappye het reeds die voorgestelde wysigings teengestaan met verwysing na swak die openbare konsultasieproses en die skade wat die wetsontwerp die bedryf sal berokken.

Volgens Ntando Shadrack Sibisi, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Tabaktransformasie-alliansie (SATTA) is daar meer as 21 000 kommentare op die wetsontwerp ontvang toe dit voorgelê is vir openbare kommentaar, maar die jongste weergawe van die wetsontwerp is onveranderd.

Die hele wettige tabakbedryf verkeer tans onder hewige druk met verliese aan inkomste en werkgeleenthede. Dit volg na die verbod op die verkope van tabakprodukte te midde van die Covid-19-pandemie verlede jaar in Suid-Afrika.

Die kleinhandelgroep Spar het gesê die verbod op sigarette het ʼn steeds ʼn negatiewe impak op die verkope.

Volgens BusinessTech toon Spar se tussentydse resultate vir ses maande wat op 31 Maart 2021 geëindig het dat alkoholverkope, wat ook nasionale verbied is, weer grotendeels herstel het toe die verbod verslap is.

Sigarette se verkope het egter gedemp gebly, selfs nadat die verbod op verkope opgehef.

Wil jy graag ophou rook?

Kliek op die infografika om dit te vergroot. (Grafika: Kansa)

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het ʼn aanlyn program eKick Butt ontwikkel om mense wat wil ophou rook met inligting te ondersteun. Intekenaars kry ’n reeks e-posse, meningsopnames en aflaaibare materiaal wat hulle toerus om hul rookverslawing hok te slaan.

Volgens Lorraine Govender, Kansa se nasionale bestuurder vir gesondheidsbevordering, het rokers ondersteuning nodig om hulle verslawing stop te sit.

“Hierdie platform bied ondersteuning aanlyn en is gerieflik, aangesien mense vanaf enige plek en op enige tydstip toegang tot die program het. Verder bied dit jou ook die opsie om anoniem te bly.

“Die reis na gesondheid en vryheid van verslawing kan beslis makliker wees met die hulp van ʼn paar aanlyn vriende,” sê Govender.

Volgens Kansa se aanlyn meningsopname wil sommige mense ophou rook oor gesondheidsredes, ander is bekommerd oor die impak van tweedehandse rook op hulle kinders, families en ander nie-rokers, terwyl ander weens die prys van sigarette wil ophou rook.

Nóg redes om op te hou:

Kliek op die infografika om dit te vergroot. (Grafika: Kansa)

Om op te hou rook hou talle gesondheidsvoordele in, waarvan baie onmiddellik is en ander oor ʼn langtermyn voordelig is:

  • Na slegs 20 minute van ophou rook verlaag die hartklop.
  • Binne 12 uur keer die koolstofmonoksiedvlak in die bloed terug na normaal.
  • Binne twee tot 12 weke verbeter sirkulasie en verhoog longfunksie.
  • Binne een tot nege maande verminder hoes en die gevoel van kortasem.
  • Binne vyf tot 15 jaar word die risiko vir ’n beroerte verminder tot dié van ’n nie-roker. Binne tien jaar is die kanse vir sterfte weens longkanker omtrent die helfte van dié van ’n roker.
  • Binne 15 jaar is die risiko vir hartsiekte dieselfde as dié van ’n nie-roker.

Daar word gereken dat tabakprodukte jaarliks vir agt miljoen sterftes verantwoordelik is en ook ’n groot risikofaktor vir nie-oordraagbare siektes soos kanker, kardiovaskulêre siekte, asemhalingsiekte en diabetes is. Mense met hierdie kondisies is ook meer vatbaar vir erge Covid-19.

Nuttige hulpbronne:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

JohanR ·

En die ANC en die polisie gaan die wette poliseer….. gaan verby!

Persheks Adri ·

Hulle gaan seker sê of ons mag asem haal of nie ook JohanR. Wat nou nog?

Boerkind ·

Geen probleem met totale uitwissing van rook nie, maar die manier van doen is nogal agterdogtig. Die regering wil nou die besluit VIR jou gsondheid neem, namens jou – wat dan volgende? Dieselfde regering besluit ook dat ‘n ongebore baba geaborteer kan word – lyk of rook belangriker as lewe is??

Sêmanet ·

Moet ook nie vergeet van dagga rook wat gewettig is nie. Maar sigarette is taboe?

Francois Le Cochon ·

Semanet, die toegewing om wettig dagga te rook is nie absoluut nie.

VaalDonkie ·

Volgende keer gaan hulle vir jou vertel jy mag nie botter op jou brood smeer nie. En hulle is al klaar besig om suiker in swieties te reguleer, so moenie dink hulle kom nie vir ons botter en rooivleis nie.

Persheks Adri ·

Gelukkig rook ek by my huis buitekant nie in my voertuie nie nog minder soos ‘n skêr in die straat. Laat julle hakke raas ek pla niemand nie en is ‘n ordentlike roker!

O ja en ek rook nie kopdoek se cheap sigarette nie ek’t klas!

Francois Le Cochon ·

Mense wat rook stink. So, u pla wel ander mense.

Persheks Adri ·

Toe nie gebruik bietjie jou logika en gebruik die regte goed om nie te stink nie! Jy klim altyd in almal se karakters in en is beterweterig

Francois Le Cochon ·

Persheks, as u Frans (die taal) verstaan, sal u my kommentaar verstaan.

VaalDonkie ·

Ek rook al vir omtrent 20 jaar nie meer nie, maar ek sal NOOIT stem dat rook onwettig moet wees nie.

MakersMark ·

“Soos ‘n skêr in die straat”….beste een in ‘n lang tyd!

Persheks Adri ·

Ek mag mos nie vloek nie en vir ‘n verandering is jy snaaks…

Samuel ·

Sentrale en totale beheer. Dit is die crux van die saak. Die staat dink vir jou, soos destyds in die weermag. Dept van Gesondheid voel vere vir ons.

Francois Le Cochon ·

Goeie nuus, Weereens ‘n bewys dat die doel van wetgewing (sedert die Romeinse tyd) is om mense teen hulself te beskerm.

Persheks Adri ·

Ek ook, want hy spesifiek klim áltyd in my karakter in en is beterweterig jy weet VaalDonkie…

Wonder ·

Sigarette beskerm baie mense dit kalmeer mens, ek rook eerder as om op medikasie te gaan om my te kalmeer glo my ek’t al paar mense gesien op kalmeer pille en ja sommiges vergryp hulle aan die pille en dit is n risiko vir hulleself hulle lyk nie goed nie en hull breine werk nie lekker nie… Ek bly maar by my sigarette dankie…

Persheks Adri ·

Ek ook Cindy eerder rook as pille gebruik of enige ander iets wat mense tatie maak en nie reg kan dink nie!

Sêmanet ·

Op ‘n jong ouderdom mag kinders seks hê. Daggarook is ook reg. Alles is reg, kinders drink saam ouers, maar moet in hemelsnaam net nie rook nie. Die beperkings daaraan kan mens nog sluk. Nie waar kinders is of openbare plekke ens. nie. Maar aangesien dit so groot probleem is, hoekom deel die Dept. van Gesondheid nie goed soos Champix en middele om mense te laat ophou rook, gratis uit nie. Jy weet soos kondome. Daar word teen so baie dinge geskop, maar party mense kan nie die hulpmiddele bekostig om op te hou met hul verslawing nie. Hoekom kan hulle nie gratis gehelp word nie? Dis nie so maklik om op te hou nie.

Francois Le Cochon ·

Liewe Vader, waar bly u. Hier waar ek woon het kinders nie seks nie, almal loop nie rond met ‘n dagga zoll, en kinders drink nie saam met ouers nie, want dit is alles onwettig. Om op te hou rook kos niks. Dit is ‘n wils besluit.

Mieke ·

Sêmanet. Hoekom moet die roker, wat verkies om wel te rook, nou daarmee ophou? Dis sy eie keuse. Ek persoonlik rook nie, maar verstaan wel dat mense verkies om wel te rook. Ek dink regtig dat die gereg hul neuse uit mens se persoonlike lewe moet hou. Genoeg is genoeg.

VaalDonkie ·

Hulle moet wette teen korrupsie verstreng. DAAR is nou ‘n plan.

MakersMark ·

Rook is ‘n sosiale pes. Skyf in die een hand brannas in die ander……..lyk my dis al wat sekeres voor lewe. O ja en as CV19 reëls hiermee inmeng is die reëls verkeerd. Mense kan maar doodgaan solank almal wat wil kan rook en drink.

Rhona ·

Hulle moet altyd krap waar dit nie jeuk nie. Demokrasie. Ga! Hulle wil ons soos kinders beheer dis al.

SomeOne ·

ek wens dat ‘n klomp van julle wat rook, vir ‘n dag of ‘n week long probleme ontwikkel, voel dan soos ons wat rook nie kan inasem nie, dit voel of jou suurstof heeltemal weggevat word, jy’s benoud, soek na asem, die ervaring is soos versmoring, probeer net eenkeer om jou mond en neus toe te druk vir net 15 minute, dan behoort jul die gevoel te te ervaar, ek daag julle

Persheks Adri ·

Nie almal rook naby ander mense nie van ons het eintlik maniere en dink aan elke persoon. Nie eers my huis of voertuie ruik na rook nie! Ek dink ek’s 1 van die min ordentlike rokers

MakersMark ·

Ons ken die uitdrukking in ons huis ook en dit bly snaaks en so eie aan afrikaans.

richard ·

Ek wil antwoord op die slim mense se stelling, van so lank na jy opgehou rook het gebeur die soos vermeld in die berig.
Ek is al byna 3 jaar rook vry maar die probleme wat ek gehad het het nie regtig verbeter nie.
Ek is nog altyd kort asem, as ek net n end stap .
Ek is bly, ek het opgehou spaar, darem geld, maar die wonderbaarlike herstel wat hulle uitbeeld, bestaan nie regtig nie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek het op 6 Februarie 2001 my laaste sigaret gerook – en net een teug daarvan. Na vele jare van stop-begin-stop-begin het ek daardie dag uiteindelik genoeg gehad en begin bid. Ek het uit gewoonte ‘n nuwe pakkie sigarette oopgemaak en aangesteek. Nadat ek my eerste teug gevat het, vra die Gees my, “Wie is jou baas? Daardie spyker in jou doodskis in jou hand of Ek?” Sonder om twee keer te dink, druk ek my sigaret dood en plaas dit terug in die pakkie. Dit was amptelik my laaste teug. Elke keer as ek wil rook vra ek my daardie vraag af wat die Gees my gevra het en dan gaan die drang weg. Ja, ek het ‘n plaasvervanger gevind! Kougom. Baie gesonder en nie gewoontevormend nie! Ek het steeds die pakkie en daardie een sigaret as getuienis elke keer as mense wat rook my vertel hulle kan nie ophou nie. Dis tyd dat ons ons prioriteite reg kry.

Nie Verbaas ·

Van wanneer af is die regering my voog? Mens kan maar net lag vir die hopelose ANC wat in elk geval niks suksesvol kan bestuur nie.

Stof ·

Laat asseblief net daardie lekker vetterige Karoo-skaaptjoppies in vrede. Ek bely erge verslawing.

Francois Le Cochon ·

Stof, ek deel jou verslawing, veral daai ribbetjie. As ek deur die Karoo ry, en ek sien die skape wei, dan water my mond!

Sarel ·

Ek rook gelukkig deur die Genade nie meer nie maar die mense het lankal die perke van redelikheid oorskry…
1. Hoekom was die gebruik en rook van Dagga goedgekeur…jy mag deesdae eerder Dagga rook meet wettig
2. Lugbesoedeling is groter probleem en gevaarliker.
Maar hulle voel magteloos pm dit te beheer nou takel hulle maarv altyd die Burgery.

Snowball ·

Rook is onsmaaklik vir mense wanneer selfsugtige rokers hulle behoefte aan ‘n sigaret bo jou behoefte aan skoon lug stel – dit was (voordat rook verbode was in restaurante) uiters onaangenaam as iemand begin rook terwyl jy nog eet.
My opinie – jy op jou eie jou rokergewoontes beoefen en bv nie jou kinders vir jare lank blootstel aan tweedehandse rook nie, trek daai nikotien lekker diep man – bo 18 kan jy besluit hoe en waar jy jouself skade wil doen.
Party verorber olierige ‘take-aways’ soos battery- hoenders, ander suip soos visse en nou ja, as jy die bevolkingsaanwas en VIGS syfers sien het elke dood ‘n oorsaak.
Mens wonder hoe die regering bv vetsug kan bekamp? Ek stel voor hulle stuur die koeëlronde polisie en parlementslede op ‘n kamp Staaldraad as ‘n voorbeeld van gesondheid vir die nasie.

Persheks Adri ·

Jy gaan dit nie glo nie, maar ek gaan sit nie eers in die rook area van ‘n restaurant nie! Ek rook self, maar kan iets oorkom as iemand ‘n sigaret rook terwyl ek ook eet. Bitter min ordentlike rokers vandag se dae!

Snowball ·

Persheks, ons vriende wat rook, verwag ook nooit ons moet in die rook-area sit nie. Hulle pas by ons aan en gaan rook buite as ons saam uiteet. Nie alle rokers is onbedagsaam nie; ongelukkig kry jy mos altyd een wat alles vir almal bederf – daai soort mense wat nie hulle honde aan ‘n leiband stap nie want hulle glo hulle is spesiaal; of wat kliphard op ‘n selfoon sal praat in ‘n restaurant, of wat nie sy selfoon in die kerk afsit nie, of bure wat tot ná 12 partytjie hou en jy moet lê en luister na hulle wannabe Kenny Rogers karaoke pogings of daai lot wat hulle vullis by die motor se venster uitgooi so in die ry….dis maar ‘n tipe mens wat sy tipe opvoeding weerspieël.

Persheks Adri ·

Nes jy daar sê Snowball ek’s gelukkig ‘n ordentlike roker! Ek neem mense om my in ag, want ek hou nie eers daarvan as hulle rook na my kant toe waai nie en as jy my kwaad wil sien moet jy nou ‘n stompie êrens heen gooi magtag man. Hou niks van onnetheid nie en alles moet in plek wees.

MakersMark ·

Dit gaan nie oor die rook van dagga teen die rook van tabak nie. Die wet gaan oor rook in openbare plekke of dit nou vape, pyp, sigaret, sigaar, zol of donkiemis is.

Chris ·

Die klomp het nie werk vir hulle hande nie en is magsbehep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.