Nóg studente vas oor geweld by universiteit

Argieffoto bloot ter illustrasie van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein. (Foto: SUT/Facebook)

Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde in Bloemfontein het vier vrouestudente aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Volgens lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, het die ontevrede studente die hoofingang van die universiteit met brandende motorbande versper in protes teen die universiteit se bestuur.

“Die betogende studente is deur die polisie se taktiese bevelvoerder gewaarsku om uitmekaar te gaan, maar het geweier,” sê Covane.

“Die bevelvoerder het ʼn skokgranaat gebruik om die groep uitmekaar te jaag en die studente is daarna in hegtenis geneem.”

ʼn Saak van openbare geweld word ondersoek en die studente sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Die voorval volg ná nóg ʼn student vasgetrek is nadat sy na bewering by ʼn stoorkamer van die universiteit ingebreek en dit aan die brand gesteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Wat wil hulle he, studeer of brand en breek?

Kokerboom

As hul betoog/ vernietig, verban hul uit universiteit

Frederick

Maak nie saak wat gedoen word om die studente tevrede te stel nie. Hulle sal altyd rede tot brandstigting en amok vind. Dit sal nie ophou voordat ons bekwame leiers het nie. Iemand wat hul dade veroordeel en gepaste straf toepas.

Sarel

Kyk en hou dop…Geen aanklagte nie en vrylating sonder vervolging wsnt dit is Studente.

Misky

Hulle kom niks oor nie. Loop skotvry en lag vir die gereg.