Na ʼn baie suksesvolle openingsnaweek het die rolprent Faan se Trein weer die geld by die loket laat inrol. Tydens die fliek se openingsnaweek het dit R1.4 miljoen by die loket verdien en die afgelope naweek het die rolprent meer as R1.6 miljoen ingebring. Faan se Trein het in totaal reeds minstens R3.9 miljoen verdien en meer as 91 000 mense het tot dusver die fliek gesien.
Maroela Media het ook vroeër ʼn video publiseer van die première van Faan se Trein waar ons met ʼn paar bekendes gesels het om uit te vind wat hulle van die fliek gedink het. Klik hier om dié video te sien.
Baie goeie fliek. Het dit met die openingsnaweek gaan kyk. Willie Esthehuizen se beste vertolking nog!!! En dan is daar natuurlik ook die jonger akteurs. Net so goed gewees.