Nóg toeriste in Jhb deur ‘polisieman’ beroof

Argieffoto

Drie toeriste is Donderdag in Johannesburg beroof kort nadat hulle by die OR Tambo-lughawe geland het.

Kol. Katlego Mogale, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê ʼn bestuurder het die toeriste teen 12:10 by die lughawe gaan oplaai. Hulle is onderskeidelik van Frankryk, Duitsland en Switserland.

“Op die M2 by die Cleveland-afrit in Fourways het drie mans in ʼn wit Nissan Almera die bestuurder voorgekeer. Een van die mans het ʼn polisieaanstellingskaart aan die bestuurder gewys,” het sy gesê.

Een verdagte het vir die bestuurder se rybewys gevra, een het die motordeur oopgemaak en die ander het by die toeriste op geld aangedring.

Die verdagtes het die toeriste se bagasie deursoek en met waardevolle besittings en duisende rande se dollars en euro’s van die toneel gevlug.

Die Cleveland-polisie ondersoek ʼn saak van roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dié rooftog volg nadat ʼn groep van 36 Nederlandse toeriste, meestal bejaardes, op 24 September in hul toerbus oorval is kort nadat hulle by die OR Tambo-lughawe geland het vir ʼn 22 dae lange toer deur die land. Die toeriste was onderweg na ʼn lodge toe ʼn man, wat vermoedelik met ʼn gemerkte polisievoertuig gery en ʼn polisie-uniform aangehad het, die busbestuurder gedwing het om stil te hou.

Daarna het vyf verdagtes in siviele kleredrag op die bus geklim en die toeriste van hul persoonlike items asook bagasie beroof. Twee toeriste is tydens die voorval beseer en moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling.

Op 12 Oktober is ʼn groep van sewe buitelanders, almal mans, beroof toe hulle pas teruggekeer het van ʼn beraad in die Wes-Kaap en van George na Johannesburg gevlieg het.

Hulle is ook van die lughawe af agtervolg en by ʼn verkeerslig in Corlettweg deur ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes oorval en van persoonlike items soos bagasie, juweliersware, kontant en elektroniese toestelle beroof.

Brig. Vish Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, het destyds gesê ʼn span senior spesialiste is aangestel om ʼn saak van gewapende roof te ondersoek. Die span bestaan uit beamptes van die misdaadintervensie-eenheid asook die forensiese eenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Annie ·

En hulle wil die Rugby weer in 2023 aanbied in Suid Afrika – met al die toeriste wat besteel word gaan dit glad nie gebeur nie.

Kannaland ·

Hierdie lafaards gaan te bang wees om groot rugbymanne aan te vat. Hulle vat eerder bejaardes en kinders aan.

charmaine ·

Ek stel voor hulle gaan terug Duitsland, Frankryk en Switserland toe en vertel watter lekker plek is dit die, en steek n stokkie vir die WB want dit is presies wat met hulle gaan gebeur as hulle hier aankom. Ondersoek sommer die persoon wat polisie klere uitdeel soos by n kerk bazaar.

Ron ·

Misdaad in alle vorms peul nou soos wurms uit n blik!!!!
Ek persoonlik dink die vrye toegang tot media en nuus en internet op selfone het n groot bydrae gelewer tot die organisering van misdaad in algemeen.
Als gaan oor geld en die besit daarvan en die wyse hoe dit deesdae bekom word is skrikwekkend. Optogte gaan niks verander nie behalwe om die wat nie vir jou is nie teen jou te laat opstaan wat beteken hulle ” retaliate ”
Hier kom n oorlog binne ons midde waar ons dit gaan voel so naby soos jou duim aan jou hand . . .dis net n kwessie van tyd !

Annalien ·

Ek het oor die afgelope week bietjie gaan navorsing doen en met toenemende kommer gemerk dat meeste van die aanhitsers Zimbabwiers en Malawiers is. Wys sommer openlik hulle vuurwapens.

Braam ·

Meer moet beroof word , veral die engelse . Dan sal hulle sien wat regtig aangaan .

Cacophony ·

Wat het ons minister van die bende nou weer gesê? Fake polisiemanne. Ja sure net so fake soos sy kennis van polisiering

RB ·

Hoe kan mens deesdae seker wees dat die polisiemanne wel “fake” was?…
Kyk wat sê die polisie minister ens. dan. Dit is dalk maar net wat die polisie deesdae doen.

Alida ·

Dit is mos die manskappe van die nar in die snyerspak wat belowe het veiligheid word opgeskerp.

Wilma ·

Oe di nuwe SA. Nes van korrupsie steel en moor. Oe Afrika jou walglike barbaarse kriminele kry beskerm en wetsgehoorsames word vervolg wanneer hul hulself verdedig. Sies vi ANC

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.