Nóg twee aanklagte teen Breytenbach

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Bykomende aanklagte van meineed en bedrog is Woensdag teen DA-LP Glynnis Breytenbach gebring toe sy vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn het op aanklagte van dwarsboming van die gereg en oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) beskuldig Breytenbach, wat tans op borgtog van R10 000 uit is, daarvan dat sy bewyse van haar skootrekenaar gevee het toe daar ʼn interne ondersoek teen haar aan die gang was. Breytenbach is ʼn voormalige aanklaer van die NVG.

Die saak is tot 8 April uitgestel.

Breytenbach is destyds uit die NVG geskors terwyl aanklagte van beweerde wangedrag teen haar ondersoek is. Sy is in 2013 vrygespreek van die 15 aanklagte teen haar, maar die NVG het haar uit haar pos as streekshoof van die eenheid vir gespesialiseerde kommersiële misdade geskuif. Sy het kort daarna bedank en die DA se woordvoerder van justisie geword.

Sy het nog altyd volgehou dat haar skorsing by die NVG verband gehou het met haar besluit om bedrog en korrupsieaanklagte teen die polisie se geskorste misdaadintelligensiehoof, Richard Mdluli, te ondersoek.

Ten tyde van Breytenbach se bedanking is ʼn verslag, waarin sy van bedrog en korrupsie beskuldig word, aan Mxolisi Nzaxana, die nasionale direkteur van openbare vervolging, oorhandig. Volgens die verslag het Breytenbach geld van aanklaers in die sake wat sy hanteer het, ontvang en geleen.

Die DA het vroeër gesê die aanklagte teen Breytenbach is polities gemotiveer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vixie ·

Hoe wens ek nie dat Adv Glynnis Breytenbach hierdie sin kon lees nie: Hierdie is ‘n heksejag, niks minder en niks meer nie en sy slaan die spyker op die kop wanneer sy se dat dit is oor sy Richard Mdluli aangevat het. Zupta en sy gespuis kan dit nie verdra as daar iemand is wat bekwaam is en hul werk reg en goed doen nie, vandaar die heksejag, net soos met ons agbare Minister van Finansies

m ·

Hierdie vrou word so gejag. Hierdie mense hoop die hele tyd sy doen iets verkeerd sodat daar drama rondom dit kan wees. Sterkte, hoop jou vel is baie dik want hierdie mense gaan jou jag tot jy nie meer kan nie.

Ouman ·

Ons weet wie agter die klagtes sit
Zumpie se aanstellings by NPA maar hulle dag is op pad. Adv Glynnis gaan haar nie laat onder kry deur die kabouters nie

Oom Boer ·

Glynnis, moet nie toelaat dat jy van struik gebring word nie, jy weet te veel en jou agtergrond en kennis is ‘n bedreiging. Veg hierdie heksejag met hand en tand, want hul wil jou op ‘n manier in onguns plaas en jou hele loopbaan ruineer. Die strategie is om jag te maak op die minderheids groepe, hul kriminele rekords te kan kry en sovele in tronke te kan opsluit as wat hul kan en aan die buiteland toon dat die minderheidsgroepe kriminele aktiwiteite het in die land om vir hulself gunste in te palm. Jy het die verkeerde sterte getrap en hul sal nou alles prober om jou waardigheid en integriteit skade te berokken. Sterkte vorentoe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.