Nóg twee beweerde aanhitsers in hof

Argieffoto (Foto: SAPoliceService/Facebook)

Die Valke het Saterdag nog twee verdagtes in hegtenis geneem wat glo verantwoordelik is vir die aanhitsing van geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng verlede maand.

Die sogenaamde Zuma-onluste in dié provinsies het die grootskaalse beskadiging van infrastruktuur en plundering tot gevolg gehad.

Maroela Media het vroeër berig dat een van die vermeende aanhitsers vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is nadat die politieke party GOOD die name van vermeende opstokers aan die polisie verskaf het.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, is ʼn 35-jarige man die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy glo geweld op sosialemedia- en ander platforms tydens die onluste aangehits het.

Sy optrede het glo daartoe gelei dat daar by die Brookside-winkelsentrum in Pietermaritzburg ingebreek is. Talle items is gebuit en die winkelsentrum is tydens die voorval aan die brand gesteek.

“Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn,” het Mogale gesê.

ʼn 36-jarige vrou wat glo geweld in Gauteng aangehits het, is ook die naweek aangekeer. Sy het glo gebruik gemaak van die skuilnaam Sphithiphithi Evaluator @ African Soil op sosiale media om mense op te sweep.

Die vrou sal na verwagting Maandag in die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg verskyn.

“Die polisie ondersoek nog talle mense wat betrokke was by sameswerings om misdade te pleeg en geweld in die provinsies aangehits het,” sê Mogale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Wat van Zuma se kinders en Carl wanneer word hulle aangekeer?

Anthony ·

Goeie vraag, dis asof niemand dit kan onthou nie, dis net weg

Peach ·

Inhegtenis neming is een ding maar, suksesvolle vervolging is ‘n ander ball game.

Pieter ·

In die sirkus anc land gaan die landros vir hulle vyf honderd rand borg gee en die saak gaan tien jaar vat.

Kobus ·

Toe ek lees “twee aanhitsers” wou ek net my koppie tee ruil vir n Bells want ek het gehoop / geglo dis die twee Zuma’s. Maar o weë, wat n teleurstelling. Lyk my almal loop op eiers om die twee te arresteer. Van Carl kat praat ek nie eers nie

Sarel ·

Nee wat net mors vsn Mannekrag en tyd.. Tot nou toe is,
sover ek weet, nidmand vervolg nie..Kry Borg en verdwyn

Swerwer ·

Aanhitsers plunder
So haastig en so lastig
Om vir Zuma te ondersteun
Hoera vir die jollie aanhitsers
O, moenie huil nie
O, moenie treur nie
Zuma sit hopelik nog

ES ·

Ou Carl is vinnig in hegtenis geneem en toe net so vinnig weer vrygelaat want hy is mos verhewe bo die wet. Net soos Zuma se kinders.

Maggies ·

In my opinie moet al hierdie aanhitsers vir die dood van die mense gedurende die onluste, sowel as die verwoesting van die see lewe daar verantwoordelik gehou word.

Skuilnaam ·

Hier’s my voorspelling: Niks sal met die aanhitsers gebeur nie. Finish en klaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.