Nog twee Covid-19-sterftes in SA bevestig

Zweli Mkhize
(Foto: Nqobile Mbonambi/African News Agency)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydag bevestig nog twee mense is aan Covid-19 in Suid-Afrika dood.

Daar is tans 1 505 positiewe Covids-19-gevalle, wat beteken daar is intussen 43 nuwe gevalle bevestig. Mkhize het Vrydag eers gesê sewe mense is nou al weens Covid-19 in Suid-Afrika dood voor hy gesê het die sterftesyfer is nege. Hy het egter daarna weer gesê die sterftesyfer is sewe en dat twee sterftes nog bevestig moet word.

Volgens Mkhize is die jongste twee sterftes in KwaZulu-Natal aangemeld. ʼn 80-jarige man is Woensdag dood en ʼn 81-jarige vrou Donderdag.

Hulle is in hospitale in Durban aan Covid-19 dood. Volgens Mkhize het nie een van die pasiënte onlangs gereis nie.

Mkhize het die media by die Khayelitsha-hospitaal toegespreek. “Ons wil ons meegevoel betuig aan die families en vriende van hierdie individue. Ons bedank ook die gesondheidswerkers wat elke dag onvermoeid werk.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frank ·

Grafiek lyk my het ook iets onder lede…. 1460 sit op die 1400 lyn. veroorsaak ‘n visuele afplatting wat nie korrek is nie. NIOS sal dit seker later nog regstel.

JC Venter ·

Police have arrested 17,209 people since the beginning of the lockdown, Police Minister Bheki Cele clarified in a statement on Friday morning. So het Bheki Cele al vanoggend bevestig, lees ek nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.