Nóg twee dae van beurtkrag

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Fase 2-beurtkrag sal weer Woensdag tussen 16:00 en 24:00 ingestel word weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

Dié reëling geld ook vir Donderdag.

ʼn Stukkende opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Kendal- en Kriel-kragstasie, asook die vertragings in die terugkeer van eenhede na diens by die Arnot-, Kusile- en Tutuka-kragstasie het volgens Eskom die afgelope 24 uur ernstige druk op die kragopwekkingstelsel geplaas.

Eskom se spanne het wel gedurende dié tydperk ʼn eenheid elk by die Arnot- en Tutuka-kragstasie herstel.

“Terwyl ʼn opwekkingseenheid elk by Kriel, Majuba en Tutuka na verwagting oor die volgende 24 uur na diens sal terugkeer, sal dit steeds onvoldoende wees om beurtkrag Donderdagmiddag af te weer,” sê die kragvoorsiener in sy jongste verklaring.

Eskom staan in dié stadium sowat 4 550 MW af aan beplande instandhouding, terwyl ʼn bykomende 14 637 MW onbeskikbaar is weens onbeplande onderbrekings.

Die kragvoorsiener doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Kan jy dit nou glo? Saam saam breek ‘n paar “stasies” heel terloops op dieselfde tyd? AMAZING!!!!!

Kenny ·

Snaaks die die skywe verander ook nie dit bly die selfde storie oor en oor
Lyk my die ou is ook te lui om sy werk te doen

Oosieoos ·

Hoe kan hulle die saboteurs nie vang nie verduidelik dit

Samuel ·

Eskom se bestuur is ook stukkend. Net soos die regering dit wil hê.

gatgogga ·

Ramapauser is besig om ons moedeloos te maak, sodat ons sy oplossing sal aanvaar wanneer hy reg is om dit voor te stel.

Jacobus ·

As kundige, ervare en opgeleide mense die kragstasies bedryf het, sou ons nie “blackouts” gehad het. Regstellende aksie is maar net ‘n resep vir afbreek.

Nico ·

Die twee dae gaan ‘n week duur, raak ontslae van die verstandlose werkers en bring mense is met die nodige verstand, al is dit ook van die anders kleurige mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.