Nóg twee het ingewandskoors

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van gesondheid het Dinsdag ʼn vergadering met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes belê nadat twee nuwe gevalle van ingewandskoors (buiktifus) by Dr George Mukhari- Akademiese Hospitaal in Pretoria aangemeld is.

Volgens die departement wil LUR Qedani Mahlangu die stand van gereedheid van alle gesondheidsdistrikte en fasiliteite bepaal.

Die agenda van die vergadering sluit ʼn bespreking in oor die departement se reaksie op ingewandskoors.

“Ons kan bevestig dat al ons gesondheidsdistrikte en fasiliteite gereed is om enige gevalle te hanteer,” het Steve Mabona, provinsiale woordvoerder van die departement, bygevoeg. “Ons sal gemeenskapsbewustheidsprogramme oor die siekte van stapel stuur. Ons wil ook mense beter oplei en ons fokus is om die simptome uit te ken.”

Mabona het dit benadruk dat daar nog nie ʼn uitbreking is nie en daar is dus geen rede om paniekerig te wees nie.

Ses gevalle is tot dusver aangemeld by die departement. Een persoon is in die hospitaal oorlede.

Lees alle vorige berigte oor ingewandskoors op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Charlotte ·

Nou wonder mens WAAR kom hierdie siekte vandaan…..te maklike toegang tot SA vanaf die buurlande…..

DPJ ·

Ja wat ons het geen grense tussen ons en buurlande nie.
Jy as wetgehoorsame burger moet ure by grensposte deur bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.