Nóg twee jong seuns sterf saam

Argieffoto: Netcare 911

Twee jong seuns, glo 12 en 13 jaar oud, is dood toe hulle in ʼn dam in Oos-Londen in die Oos-Kaap verdrink het.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, sê die seuns het glo in Grinakerdam in Mdantsane gesterf.

Volgens Mbi was die seuns glo sonder volwasse toesig toe die voorval plaasgevind het.

“Volgens die inligting wat tans beskikbaar is, het die seuns in die dam geswem toe een van hulle skielik om hulp geroep het. Die ander seun het na hom geswem om hom te probeer help waarna hulle albei verdrink het,” sê sy.

Mbi het bevestig dat ʼn polisieondersoek na die voorval van stapel gestuur is.

Meer inligting oor die voorval is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Muffin ·

Ai tog , ai tog die verdrinkings raak te veel. Dit is hartverskeurend. Moet nou net asb nie die ouers skuld gee nie ek kry hulle bitter jammer. Baie sterkte

Ysoog ·

Wonder net waarom die taalversorging op Maroela Media die afgelope tyd so verwaarloos word?

Meer inligting oor die VERAL is nie in die stadium bekend nie.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Ysoog
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die fout – die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.