Nog twee polisiebeamptes in Mpumalanga dood

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes van Mpumalanga is oor die naweek in afsonderlike voorvalle dood terwyl hulle aan diens was.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Juliet Mahungela (29) wat by die Ogies-polisiestasie gewerk het, is Saterdag in ʼn botsing reg van voor naby Bosbokrand dood.

Voordat polisielede nog die skok van Mahungela se dood kon verwerk, is die nuus Sondag omstreeks 08:30 gedeel dat sers. Johny Marshall (45) vermoor is. Hy is met ʼn mes doodgesteek en sy liggaam is by die taxistaanplek in Witbank gevind, het Mohlala gesê.

“Aanklagte van onderskeidelik strafbare manslag en moord word ondersoek,” het hy gesê.

Lt.genl. Dumisa Magadlela, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie in die provinsie betreur die dood van die polisiebeamptes. “Ons kan nie ʼn situasie toelaat waar polisielede deur hartelose individue afgemaai word nie. Ek doen ʼn beroep op die gemeenskap om saam met die polisie te werk om hierdie barbare te vind en hulle aan die pen te laat ry. Een polisielid wat vermoor word, is een te veel,” het hy gesê.

Enigiemand met meer inligting rondom Marshall se dood, word versoek om lt.kol. Solly Thobejane by 079 891 5845 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tanya ·

Nou dat dit polisie is is dit te ERG, maar n wit boer is mos niks! Hoop daar is ook nie bakkies en petrol ens vir die polisie nie! Geen simpatie nie

Winston ·

Misdadigers het al die voordele ten gunste van hulle. Swak ondersoeke. Swak vonnisse. Swak polisiëring. Lekker korrektiewe dienste. Lekker amnestie. Waarom moet boere en polisie manne met hul lewens betaal vir hierdie pasellas? Vra die president. Hy slaap rustig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.