Nog twee renosters in Limpopo doodgemaak

Foto: Heritage Protection Group

Foto: Heritage Protection Group

Twee renosters is dood nadat hulle Saterdag in die vroeë oggendure in Rooiberg, Limpopo, deur stropers geskiet is.

Sakkie Louwrens, direkteur van Heritage Protection Group (HPG), wat op die toneel was, het aan Maroela Media gesê die renosters was in ʼn kamp by ʼn lodge in die gebied. “Die bul is doodgeskiet en van sy horing gestroop. Die stropers het die renosterkoei gekwes en kon dus nie daarin slaag om haar horing te kry nie,” het hy gesê.

“Die renosterkoei was in verskriklike pyn toe sy gevind is en moes deur ʼn veearts vankant gemaak word.”

Hy het gesê vyf verdagtes was vermoedelik by die voorval betrokke. Die stropers se voetspore is gevolg, maar het doodgeloop waar hulle opgelaai is, het Louwrens gesê.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

M'Lady ·

Net siek verby. Die renoster sal nog in ons leeftyd uitsterf. Waar is die regering om hierdie eienaars finansieel te help om die renosters beter te beveilig? Dis net n retoriese vraag. Ons weet almal waarmee hulle hulleself besig hou.

Frederik ·

Zuma is tans by die G-20 beraad in China. Wat presies die G-20 beteken weet ek nie – gelukkig nie. Al wat ek weet is dat die Chinese die hele wêreld stroop. Hier in SA is hul betrokke by alles wat gestroop kan word: Renosters, Olifante, Perlemoen, Vis, Leeus, Skilpaaie…..name it. Wat my verbaas is die aantal Chinese in SA en hoe hul verblyfpermitte kry. Hul betaal nie belasting nie en dra dus ook nie by tot die ekonomie nie. Hul sit dikwels in duur winkelsentrums en mens sien nooit ‘n kliënt in hul winkel nie, maar hul huur word betaal. Met watter geld ? Die winkel is net ‘n front wat hul voorhou om met hul onwettige bedrywighede aan te gaan. As SA van al die Chinese en Nigeriërs in die land kan ontslae raak, sal ons ‘n veiliger land wees vir die wetsgehoorsame burgers.

Schalk ·

Ferdinand , om nie eers van die werkloosheid te praat wat hulle aanhelp nie.
Waarskynlik het hulle nog stemregte ook .

bubbles ·

En ons is as heersers oor diere aangstel? Wat dink God van ons, die kroon van Sy Skepping en ons doen dit? Ek sa my kop in skaamte

Cherokee ·

Die ANC sal daaraan skuldig wees as daar geen aarnosters oorbly nie.

Kobus ·

Een dag in die toekoms, dalk een dag, mag ons droom dat ons ‘n berig lees dat ‘n renoster twee stropers doodgeskiet het.

Theresa B ·

Dit is kommerwekkend. Hierdie saak gaan NIE gewen word nie. Ons sal prentjies moet begin bymekaar maak vir ons kinders en kleinkinders. Die beskerming van hierdie diere is nutteloos want dit voel of niks vorder waaruit hierdie diere kan voordeel trek nie.

Christo Pienaar ·

Wetteloosheid het nou deurgesyfer tot op laerskoolvlak. Die kinders van die Struggle generation volg die filosofie van alles kry deur die chaos wat hulle veroorsaak. Vergeet van enige morele waardes, want hulle gee nie ‘n duit om nie. #feesmustmustfall was maar net die begin. Respek vir niks en niemand nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.