Nog twee tieners vas ná moord op skoolseun

Foto: Lindi Masingo/ANA

Die polisie het nog twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 19-jarige seun Woensdagoggend buite ʼn skool in Mondeor in Johannesburg.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het bevestig die twee verdagtes is vroeg Donderdagoggend in hegtenis geneem. “Die verdagtes is in Soweto en Naturena in hegtenis geneem en is albei 15 jaar oud.”

ʼn Dertienjarige verdagte is reeds Woensdag kort na die moord op Kulani Mathebula (19) in hegtenis geneem.

Mathebula was Woensdagoggend op pad skool toe en is in ʼn veld naby die skool doodgesteek. Mathebula was in gr. 11 en het sowat ʼn kilometer van dié skool gewoon.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gister die skool besoek en gesê beeldmateriaal is aan die polisie oorhandig wat drie leerlinge van ander skole op die toneel plaas waar Mathebula vermoor is.

Themba Chauke, Mathebula se oom, het Lesufi vergesel en gesê die seun het ʼn blink toekoms gehad. “Om te dink dit sou só eindig… ek het so baie van hom verwag… hy was so ambisieus; dit is jammer dat dit só moes eindig,” het Chauke gesê.

“Ons wil graag ons opregte meegevoel aan die familie betuig en hulle van ons ondersteuning verseker,” het Lesufi gesê.

Hy het verder gesê die departement verkeer tans onder druk en benodig hulp met die veiligheid van leerders.

Die motief vir die moord op Mathebula is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

honourable member ·

Gebore moordenaars sonder respek vir enige iets of iemand. Dis nou ons leiers van more.

M ·

Probleem is Lefufi wil Model C skole “flood” met hierdie tiepe kinders. Mens sien dit ook al hoe meer op ons Universiteite met “Vry” onderrig. Mense van alle opvoedings vorm nou deel van die Universiteite en dit gaan ook nog probleme veroorsaak

Ai ·

Hul leer van blf en die eff…Dit is die effek wat daai lot het op Suid Afrika..Geweld en nogmaals geweld!!!!

wilma ·

13- en 15-jariges alreeds moordenaars. Waar gaan hulle eindig?

Asjas ·

4de Paragraaf van onder af …
Watse blink toekoms het kinders van 19 in Graad 11???
Onderwys in hierdie land is in krisis! Wanneer gaan die man wakker skrik of CR? Wanneer word hy die trekpas gegee, duidelik is hy onbevoeg.

Pasjas ·

@Asjas, verskeie redes hoekom hy 19 in gr 11 kon wees. Toe ek in gr11 was, was een van my beste vriende ook 19. Hy was blank (GROOT skok vir Saffas)

Karin ·

So wat jy se @Asjas, is dat hy nie moes werk om skool klaar te maak nie, hy’t nie n blink toekoms op 19 nie?? Belaglike stelling.

Susan ·

Asjas enige een wat WIL het n toekoms. 19 in gr 11 of 19 in gr 10

Skerpioen ·

Wel hy sou nog nog sy lewe gehad het om iets te bereik as die 3 jeug moordenaars nie sy pad gekruis het nie. Darem is hy nog in die skool en het hy probeer. Sover ek weet het hy nie mense vir hul selfone vermoor nie. Daar is mense wat eers later in hul lewens hul blink toekoms bereik. Maar sy kans daarop is weg geneem. So ja, ek kry sou familie bitter jammer.

Lizelda ·

Sjoe @ Asjas en Pippie Lnkous, julle kommentaar is ietwat ongevraagd jong. Ek weet van baie blanke mense wat nie klaar gemaak het met skool nie wat vandag baie suksesvol is en baie besighede besit. Kyk na die dogter van die Krugersdorp afspraak moorde. Syt met hoeveel onderskeidings geslaag, EN???

MB ·

DIt is hartseer dat kinders, kinders vermoor! DIe outjie was dalk 19 en eers in Gr11, maar nie een van ons weet wat sy onstandighede was nie, en nie een van ons weet wat dit gevat het vir hom om op skool te kon wees nie.

MB ·

Asjas, ek het amper 2jr se skool gemis agv van mediese redes. FYI, ek het nooit ‘n toets of eksamen gedop nie en was een van die top presteerders. Ek is so dankbaar universiteite het my nie aan jou standaarde gemeet nie, akademie beteken tog seker meer as ouderdom?

PIPPIE LANGKOUS ·

“BLINK TOEKOMS VOR HOM GEHAD” se sy oom. Ek is baie jammer die seun is vermoor, maar op 19 nogsteeds in graad 11 sien ek geen blink toekoms nie

Joe ·

Die meisie van Driehoek gaan nou 18 wees in gr11, dis nou jammer, want dan het sy ook nie n blink toekoms nie of hoe? Of kyk jy nou weer net teen velkleur vas Pippie?

Spook ·

Pippie langkous laat my dink aan daai kinders op skool wat altyd na juffrou toe gehardloop het…. Miskien was dit sy ouers se aksies wat hom op 19 in graad 11 het…. Of n siekbed … Wie weet maar om n jongmens op 19 te verdoem is malligheid. Julle stellings maak my siek. …. Tenminste het hy skool gegaan en nie moed op gegee soos meeste jeug nie……en net so toevallig…. Wie was die een wat vermoor is. Julle logika los my stom geslaan

RHG ·

Wat vir my kommerwekkend is, is dat sulke jong kinders so afgestomp is, dat daar geen gevoel van verskrikking is vir moord nie. Iemand het nog ‘n video geneem daarvan. Om later weer te kyk? (Hulle kry opwinding deur die adrenalien wat so pomp). Daarna gaan hulle skool toe!
Ek het al absolute aaklige goed gesien op SABC 1. Brutale geweld, marteling en moord. Hierdie kinders kyk na sulke goed. Doodmaak hou nie meer verskrikking en afgryse in nie.
Cry the beloved country……..

J ·

19 in graad 11. Dit kan dalk wees vir n mediese rede dat hy n jare gemis het.

Msp ·

Pakslae word nou in skole wêreld wyd verbied, die nagevolge is dat dissipline ook nou sy alie gesien het wat beteken hulle kyk te veel na geweld op tv en eindig dan op soos sekere politieke partye wat hulle aanmoedig om die soort dade te pleeg. So het ons jeug verander in een groot BOM en ongelukkig gaan dit net erger word.

Blommie ·

Ag asjas en ou PIPPIE langkous.
Regtig waar, het jy nog noooooit n fout gemaak in jou lewe nie.
So as jy een fout SE NOU maar maak en jy is 19 in graad 11 is jou lewe verby, siestog.
Dis mense soos julle wat self behep en in selfsug lewe, ek is eerder DANKBAAR hy verlaat nie skool en het baklei vir n toekoms.
Maar op die onderwerp wil ek net se, baie jammer vir die familie van die seun en sterkte en dis so jammer dat so n jong man uit die lewe geruk moet word deur geweld wat nie in beheer gehou kan word deur ons lieflike regering nie.
Sulke goed moet nie gebeur nie.
Die regering het glad geen beheer oor bende geweld nie.

Mariana ·

Ongeag die seun se ouderdom, hy is steeds vermoor deur ander kinders. In watter tipe samelewing is dit aanvaarbaar dat kinders mekaar vermoor. Kinders word te veel in watte toegedraai en hul dade word te maklik en vinnig afgemaak as kattekwaad en die ouers is die probleem. Die regering het hierdie tipe kind die reg gegee om te maak nes hulle wil. Ons land se jeug is totaal en al buite beheer en hulle sien dat niks hulle gaan keer nie. Niemand gaan sê genoeg is genoeg nie. Vandag se jong kriminele more se leiers. Ouers gee jou kind die nodige dissipline en leer hulle respek vir ander, anders gaan hulle nog baie probleme ondervind. Die storie van “Buig die boompie terwyl hy jonk is”, is baie waar.

E.K. vra net weer ·

Blommie en Pasjas ek stem saam met julle. Ek herhaal wat ek op ‘n ander berig oor hierdie seun geskryf het naamlik dat dit siek is hoe almal aangaan oor sy ouderdom en die stander wat hy in is. Hier het iemand ‘n seun, ‘n vriend, ‘n familied verloor en al waaroor almal aanhoudend aangaan is sy ouderdom! Ek ken ‘n swart vrou wie se seun op 16 skool moes verlaat wees omstandighede (nie geld of hulp) en later toe dit beter gaan het hy teruggegaan skool toe en was 20 in matriek. SO WHAT?! In familie waar daar moontlik min geletterdheid en skoolopvoeding voorkom is dit dus NIE snaaks as die oom hom gesien het as iemand met ‘n blink toekoms nie. Moenie aaklige kommentaar lewer as julle nie AL die omstandighede ken nie!

wonder ·

Mense at least het hy probeer al was hy 19. maar dis nou van hom ontneem en dit deur kinders wat is besig om met ons land te gebeur vra dit?????

wonder ·

Mense at least het hy probeer al was hy 19. maar dis nou van hom ontneem en dit deur kinders wat is besig om met ons land te gebeur vra dit?????

Spook ·

Ja nee it is nou die mees skokkende feit in die berig Marietjie…… By ver hoor……. Die ergste…..?

Daisy ·

Julle almal kyk vas in die ouderdom van die seun wat wel iets van sy lewe kon maak terwyl die ouderdom van die moordenaars vir my meer skokkend is. Hoeveel kinders van alle ouderdomme loop vir kwaadgeld rond in die dag! Ek verbaas my elke dag meer en meer oor ons volkie se kleinlikheid en die onvermoë om die goeie in ander te sien.

Marinda ·

Wat is julle so behep met die kind se ouderdom. Daars mense wat 80 is wat nog skool loop. Hierdie jong man was ñ mens en is nou dood agv ander kinders wat nog jonger as hy is. Hy was iemand se seun, broer of neef. Genade mense. Kry ñ lewe.

My innige simpatie aan die familie en naasbestaandes

MJP ·

Dis jammer dat party mense net in sy ouderdom vaskyk en eintlik wat regtig met hom gebeur het. As julle ook mooi lees was sy oom baie trots op hom om die rede dat hy probeer het om eendag vir hom ń goeie lewe te skep. Hy kon deel gewees het van die 3 kinders wat hom vermoor het.

Hier is regte mense wat net kommentaar lewer net om goed oor hulself te voel. Gaan lewer eerder kommentaar oor jouself. Ek glo vas daar is meer fout met jou.

Lizelda ·

Sjoe @ Asjas en Pippie Langkous, julle kommentaar is ietwat ongevraagd jong. Ek weet van baie blanke mense wat nie klaar gemaak het met skool nie wat vandag baie suksesvol is en baie besighede besit. Kyk na die dogter van die Krugersdorp afspraak moorde. Syt met hoeveel onderskeidings geslaag, EN???

alida ·

Sy ouderdom is irrelevant asb mense!!! Die kind is dood en sy geliefdes treur oor hom net soos ons oor ons geliefdes treur as hulle sterf. Word groot asb.

H ·

‘n 19 jarige wat nie ophou veg vir ‘n toekoms nie, ‘n 19 jarige wat bly hoop en glo het dat hy wel eendag sy grad 12 gaan slaag maak nie saak hoe lank dit hom vat nie. n 19 jarige wat nie gaan le het op n ashoop en opgegee het nie, ‘n 19 jarige wat geweier het om ten spyte van al die neerslae nog aanhou veg het vir ‘n plekkie in die samelewing. EN DAAR IS NIKS FOUT DAARMEE NIE.

rus in vrede seun, jammer dat jou toekoms gister moes eindig in die hande van klein seuntjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.