Nóg twee vas ná agtjarige se moord

Bokamoso Shabe (8) het haar skooldrag – ten tyde van haar verdwyning aangehad. (Foto: SAPD)

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat die liggaam van die vermiste Bokamoso Shabe (8) Donderdag in ʼn oop veld in die omgewing van Welkom in die Vrystaat gevind is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ’n 34-jarige vrou wat die polisie Woensdag in verband met die kind se verdwyning ondervra het, is nou as die tweede verdagte in die moordsaak geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

ʼn Derde verdagte, ’n 44-jarige vrou, is Donderdagaand in hegtenis geneem.

Bokamoso se liggaam is Donderdag omstreeks 14:30 toegedraai in ʼn duvetoortreksel in ʼn oop veld aangetref. Sy het nog haar skooldrag aangehad.

’n 46-jarige man was kort daarna die eerste om in hegtenis geneem te word in verband met die moord.

Makhele sê die drie verdagtes sal na verwagting Maandag op aanklag van moord in die landdroshof in Welkom verskyn.

Maroela Media het vroeër berig klein Bokamoso is Maandag omstreeks 13:30 vir die laaste keer by Mantshebo Primary School in Jerusalem Park, Thabong, gesien. Die polisie se voorlopige inligting het daarop gedui dat Bokamoso deur ʼn onbekende vrou by die skool ontvoer is.

Haar ouma is kort daarna gekontak om ’n losprys van R50 000 te betaal. Daar is sedertdien onophoudelik na Bokamoso gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ovelia ·

Die lewe is wreed. Ons regstelsel is onbevoed want hul gee borg aan moordenaars

Anoniem ·

Verwyder hierdie skuldiges aan die moord op ‘n onskuldige kind uit die samelewing op dieselfde manier wat hul dit aan die klein mensie gedoen het. Laakbare ……………………………

Mariana ·

Die vuilgoed. Hulle hoort nooit weer lig te sien nie, sluit hulle toe in die donkerste gat. Sy was net 8jaar oud magtig.

Toy ·

Dit is wreed om te dink jy kyk ‘n kind in die oe en jy vermoor haar.

Chantel ·

Geen gewete om so iets te doen, hal demonies as ek nou my opinie mag lig.
Sterkte aan haar gesin

Oujongvrou ·

Die hele SA is vasgevang in demoniese magte. Ondiere wat sluip en bekruip hier tussen ons.

Vanessa ·

Daar is net een oplossing. Gee hulle vir die “community” dat hulle die saak oplos. Dan kan die skuldiges pleit vir hul lewe soos daai arme kind moes doen. Tronke raak net al hoe voller en misdaad bly toeneem. Dis die enigste uitweg om misdadigers van die strate af te kry!!!!!!!

Linx ·

Iets is hier nie pluis nie……niks rodom die storie maak sin nie,2 vrouens,een man en n 8 jarige kind,wat kon sy in gemeen het met hulle,waar is haar eie ouers en hoekom sou sy saam met iemand gaan wie sy nie ken nie,,,,,,die wereld is wreed indeed,RIV engelkind,jy is veilig nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.