Nog twee beskuldigdes het Donderdag in die hof verskyn in verband met die R103 miljoen wat van Absa gesteel is.
Xolela Masebeni, ’n spesialis-ingenieur by Absa, het na bewering tussen September en Desember verlede jaar meer as R103 miljoen by sy werkgewer gesteel en na ses verskillende rekeninge oorgeplaas. Masebeni is in Februarie op borgtog van R50 000 vrygelaat en is enkele weke later buite sy huis in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê ’n tradisionele geneser en Masebeni se voormalige vriendin is intussen ook in hegtenis geneem in verband met die saak.
Khumbulani Elvis Ntombela (43) en Nonelwa Nondlazi (29) staan nou ook tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery. Ntombela en Nondlazi het glo voordeel getrek uit die geld wat van Absa gesteel is. Hulle bly in aanhouding en moet weer op 18 Mei in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
Gershom Matomane (29) is ook vroeër in hegtenis geneem nadat daar glo miljoene rande in sy rekening oorbetaal is. Hy is glo familie van Masebeni. Sy 24-jarige vriendin is intussen ook in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
Matomane en Masebeni se weduwee, Athembile Mpani, is vroeër op borgtog van onderskeidelik R30 000 en R50 000 vrygelaat en moet weer op 30 Junie in die hof verskyn.
Die polisie kon glo reeds R66 miljoen van die gesteelde geld herwin.
Volgens Mulamu gaan die ondersoek voort en kan nog inhegtenisnemings moontlik volg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Indien dit so maklik was, hoe veilig is jul kliënte se geld? Julle moes dit al die volgende dag agtergekom het?
Die ingenieur was nogal clever, maar mense wat dink hulle is smart is nie altyd so smart nie.
kan dit so maklik wees?
En Xolela Masebenj gaa n seker in absentia skuldig bevind dn gevonnis word tot 1pjaaf gevangdnis straf.
Ek het na 31 jaar my rekening by ABSA toegemaak, en was nog nie 1 dag spyt nie, want soos by alle groot organisasiess is daar net voorsiening gemaak vir Affirmitave Action, die nodige kundigheid het verlore gegaan. Ek werk ook vir ‘n firma wat net voorsiening gemaak het vir Affirmitave Action, en vandag is ons in ons kanon in. Wanneer gaan werkgewers se oë begin oopgaan.