Nog twee vas ná kerkrooftog

Argieffoto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD, Facebook

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat kerkgangers Sondag tydens ʼn diens by ʼn kerk in Rustenburg, Noordwes, van hul persoonlike besittings beroof is.

Maroela Media het vroeër berig drie gewapende rowers het omstreeks 11:00 by die kerk in Oos-einde ingestorm en die gemeentelede van hul selfone, kontant en handsakke beroof. Gemeentelede het ʼn 31-jarige verdagte kort na die rooftog naby die kerk vasgetrek. Altesaam 20 selfone is in sy besit gevind.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die Rustenburg Trio-taakspan het Maandag nog twee verdagtes, onderskeidelik 31 en 35 jaar oud, in die vroeë oggendure in Boitekong in hegtenis geneem.

Moleko het gesê hoewel aanvanklik berig is slegs een skoot is in die kerk afgevuur, het dit intussen aan die lig gekom verskeie skote is afgevuur. “Vier mense is glo gewond,” het sy gesê.

Die drie verdagtes sal Woensdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van sakeroof en vier aanklagte van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Die barbaarsheid en lafhartige saamtrop om te steel en verwoes raak net meer en meer arrogant.

Jean ·

VANDAG vas, more weer vry op straat. Die moordenaars en skurke word almal VASGETREK en dan weer vrygelaat, ons weet net nie eers van almal nie, ons juig as ons hoor hulle is VAS, volg iemand ooit hierdie verhore om vas te stel wat word van hulle of gebeur dit dat die slagoffers weer more die mans op straat sien?

Johann ·

Ons sal nou ons kerke ook tydens erediens met swaargeskud moet patrolleer, lede moet maar beurte maak

Mauzi ·

Al is hulle môre ook weer vry,daar is iets veel veel erger as tronkstraf wat op hulle wag en dis die toorn van die Here. Want Hy sal nie dat hulle wegkom met wat hulle gedoen het nie! Om in Sy huis in te gaan en mense te roof wat Hom dien?!

Deon ·

Waar gaan dit heen word ons christene nou al uit ons kerke ook uit gedryf, kry die goed nie meer genoeg genot uitputting aan die plaasmoorde en aanvalle op ons vrouens en kinders nie? wat sal amusant genog vir HULLE wees? waar gaan dit stop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.