Nog twee vas ná moord op Belgiese sendeling

Eerw. Joseph (Jeff) Hollanders (83).

Nóg twee mans is aangekeer in verband met die dood van eerw. Joseph (Jeff) Hollanders, ʼn 83-jarige Belgiese sendeling wat vroeër vandeesmaand in sy huis in Noordwes vermoor is.

Hollanders se liggaam is verlede Maandag in sy huis op die kerk se perseel in Bodibe, naby Lichtenburg in Noordwes, gevind. Hy is vermoedelik die vorige dag daar ingewag en vermoor. Hollanders het pas van ʼn kerkdiens teruggekeer.

Sy hande en voete was vasgebind, maar daar was geen sigbare beserings aan sy liggaam nie.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê die twee mans verskyn later vandag in die Itsoseng-landdroshof in verband met die moord. Hulle is Maandag in hegtenis geneem. Meer van Hollanders se persoonlike besittings is deur die loop van die ondersoek ook by ʼn huis in Bodibe gevind.

‘n Gedenkdiens vir Hollanders is verlede week gehou. (Foto: Facebook)

Nog ʼn vermeende betrokkene, Thaba Norman (23), is vroeër in verband met die moord in hegtenis geneem. Hollanders se selfoon is by hom gekry. Norman het reeds in die hof verskyn. Die saak teen hom is tot Vrydag uitgestel.

“Hy was ʼn jong man wat bekend was aan die eerwaarde en niemand het hom verdink nie,” het biskop Victor Phalane, wat die bisdom in die streek behartig, gesê.

“Hy het nie verdien om verneder en gemartel en soos ʼn dier doodgemaak te word nie. Hy was ʼn waardige man. ʼn Gesalfde van God. Hy was oud en swak en het net sy werk gedoen: die verspreiding van die evangelie,” het Phalane gesê.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het gesê die spoedige inhegtenisnemings moet ʼn aanduiding vir oortreders wees dat misdadigheid nié geduld gaan word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda

Bly die saak vorder, maar gewoonlik is dit iemand NA aan jou of iemand wat jy probeer help. Kan net nie meer jou hand uitsteek om te help nie, word van alle kante af gebyt. Jammer dat dit so moet wees maar ons word gedwing om net weg te kyk.

Marie

‘n Lewe vir’ n selfoon. Die mens het so laag gedaal.

Dirk

‘n Wilde dier bly nou maar eenmaal wild. Deur die eeue heen het menigde europese Priesters en Nonne al dieselfde lot ontkom. Welkom in Afrika!