Nog twee vas ná studente beroof is

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie het nog twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die voorval waar ’n bus met internasionale studente in Mamelodi in die ooste van Pretoria beroof is.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê die een verdagte is Vrydag in Limpopo in hegtenis geneem terwyl die ander verdagte Saterdag in Mpumalanga in hegtenis geneem is.

Die twee verdagtes wat oor die naweek in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ʼn Bus met 18 internasionale studente en van hul professors is op 13 Mei deur vyf verdagtes in die Lusaka-uitbreiding van Mamelodi beroof. Een verdagte, 30 jaar oud, is reeds die Donderdag ná die voorval in die Pienaarspoort- informele nedersetting in hegtenis geneem.

Die studente en hul professors van ʼn universiteit in die buiteland het dié dag op ʼn uitreikprogram die Viva Foundation-skool in die ooste van Mamelodi besoek. Die slagoffers is met hul aankoms by die skool deur die verdagtes oorval en beroof.

Maroela Media het vroeër berig een persoon is in die voorval geskiet en ʼn ander beseer. Die beseerdes was ʼn lid van die publiek en ʼn personeellid van die skool. Die personeellid is deur die verdagtes aangerand voordat hulle in ʼn Toyota Quantum op die vlug geslaan het.

ʼn Voertuig wat aan die beskrywing van dié Toyota Quantum voldoen, is later by ʼn karwassery in Mamelodi gevind. Dié voertuig is ondersoek waartydens die polisie op bewyse afgekom het wat die taxi aan die voorval verbind. Dit het tot die inhegtenisneming van die eerste verdagte gelei.

Volgens Peters hoop die polisie om binnekort die oorblywende verdagtes in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vrywillige werker ·

Ek was n vrywillige werker wat vir baie jare tyd spandeer het om sulke gemeenskappe op te hef, of eerder op te probeer hef. Die gemeenskappe is onophefbaar maar ke het aanhou probeer. Ek was aangeval, op neergekyk, weggejaag, beroof, tot ek eenkeer amper doodgemaak was. Neewat, los eerder, kyk eerder na jou eie gemeenskap wat nou so benadeel word.

Hendrik UAE ·

Jy kan nie uitreik na die lot nie jy moet hulle net uitlos om te krepeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.