Nog twee vas oor beweerde tenderkorrupsie by Mogalakwena

Altesame 15 mense is nou in hegtenis geneem. (Argieffoto)

Nog twee verdagtes is aangekeer in verband met beweerde tenderkorrupsie by die Mogalakwena-munisipaliteit in Limpopo. Die plaaslike owerheid bedien onder meer die dorp Mokopane.

Die munisipaliteit is sowat R15 miljoen kwyt nadat kontrakteurs glo betaal is vir dienste wat hulle nie gelewer het nie. Amptenare by die plaaslike owerheid het glo ook geld en geskenke van maatskappye ontvang wat sake met munisipaliteit gedoen het.

Die Valke het Maandagoggend op die munisipaliteit se kantoor op die dorp toegeslaan en verskeie munisipale hoës in hegtenis geneem. Verskeie sakelui van die omgewing is ook aangekeer.

Die Valke het onder meer beslag gelê op ʼn BMW wat aan die vriendin van een van die verdagtes behoort, omdat dit na bewering as deel van die opbrengs van misdaad ontvang is.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die ander twee verdagtes is gistermiddag aangekeer en nog twee maatskappye is geïdentifiseer wat ook by die korrupsie betrek word.

Dit bring die getal verdagtes wat in hegtenis geneem word op 15 te staan, terwyl 11 maatskappye betrek word.

Die verdagtes verskyn na verwagting Woensdag in die landdroshof op Mokopane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ES ·

Die korrupsie is so vrot en hardloop so diep dat daar geen manier is wat klein munisipaliteite ooit sal kan herstel nie.

Baie mense beweer dit gaan eers sleg gaan voor dit beter gaan word, maar ek twyfel sterk. Vir elke een korrupte amptenaar wat gevang word is daar vier ander wat sy plek gaan inneem.

Persheks Adri ·

Goed en gaaf, maar wanneer stap hulle by die parlement in??? Dís wat ons wil sien die groot visse!

Strandloper ·

Liewe Heksie jy weet en ek weet dit sal nooit gebeur nie. Hul ruk net n paar klein hoke rond vir oë verblindery!

Di ·

Dinge gaan NOOIT reg kom in hierdie land nie! Daar is net te veel skelms in poste wat hulle self verryk. Hoe meer hulle vang hoe meer word daar aangestel. Ons gaan uiteindelik eindig soos Zimbabwe, dis verseker – ALS TEN GRONDE

Keith ·

Are there any councillors left in this municipality, after all the supposed arrests ?

Swerwer ·

Valke hou op tyd mors met tenderbedrog. Sluit hul toe en gooi die sleutels weg, ondersoek liewer die moorde , arresteer die moordenaars en stel die doodstraf in werking, dan doen jul iets positief vir ons land.

Pieter ·

Die nimmereindigende korrupsie van die African National Criminals…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.