Nog twee vas oor steroïede

Foto: Verskaf

Nóg twee verdagtes, tussen 31 en 45 jaar oud, het Donderdagmiddag hulself aan die polisie oorhandig in verband met die ontdekking van steroïede ter waarde van miljoene rande. Twee verdagtes is reeds Woensdag in verband met die saak in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê hierdie twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn.

Die eerste twee verdagtes, Monica Mutoda (35) en Lucinda Jordaan (38), het vlugtig Donderdag in die Hatfield-landdroshof verskyn vir die oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Middels.

Hulle is borgtog van R5 000 elk toegestaan en sal na verwagting weer 22 Oktober in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Mutoda en Jordaan is Woensdag by onderskeidelik twee luukse landgoedere in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem. Daar is op steroïede, etikette en ander verpakkingsmateriaal ter waarde van R3 miljoen beslag gelê.

Dit volg ná ondersoekbeamptes van die Mpumalanga-eenheid teen ernstige georganiseerde misdaad in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe klopjagte op drie persele in Pretoria-Oos en ʼn wildplaas in Bela Bela uitgevoer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

En hoeveel menisters is al vas vir diefstal van ons belasting geld.

MrMagic ·

Ek dink die ministers word gevrywaar van vervolging. Onthou destyds hoe lekker die NP manne plase gekoop het voordat elke nasie hul eie tuislande gekry het. Dit toe weer terug aan die regering verkoop teen 3 of 4 keer die prys. Nou het die klomp in die nuwe regering net vir ons gewys presies hoe dit gedoen moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.