Nóg twee vas vir Parys-moordsaak

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo in Februarie in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo in Februarie in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die Parys-distrik aangekeer is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het die inhegtenisneming aan Maroela Media bevestig. Die name van die bykomende twee verdagtes mag volgens wetgewing nie bekendgemaak word voordat hulle in die hof verskyn het nie, maar Mulaudzi het bevestig hulle is ook boere uit die gemeenskap.

Kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., het almal in Februarie in die Parys-landdroshof verskyn in verband met die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Die staat beweer Tjixa en Jubeba is op 6 Januarie op ʼn plaas in die distrik deur ʼn groep boere aangekeer en erg aangerand. Volgens die staat was Prinsloo een van die eerste polisielede op die toneel en het hy glo die boere gehelp om Tjixa en Jubeba aan te rand. Tjixa en Jubeba het later in ʼn hospitaal aan hul beserings beswyk.

Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers het egter tydens hul vorige hofverskyning gesê die staat het geen bewyse dit was wel hulle wat vir die aanranding van die twee mans verantwoordelik was nie, maar hulle het bloot op die toneel agtergebly toe die polisie daar opgedaag het. Baie boere het glo weggery toe die polisie by die toneel opgedaag het.

Intussen is Van der Westhuizen, wat ook op 12 Januarie op borgtog vrygelaat is, weer Vrydag in hegtenis geneem. Mulaudzi het gesê Van der Westhuizen het sy borgtogvoorwaardes verbreek deur lede van die ondersoekspan te bel en hulle te dreig en intimideer.

Van der Westhuizen sal Maandag in die Parys-landdroshof verskyn op aanklag van intimidasie, terwyl die ander twee verdagtes saam met hom sal verskyn op aanklag van moord. Prinsloo, Loggenberg, Cilliers sr. en Cilliers jr. sal op 15 April weer in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

wilma ·

Sterkte aan boere wat gevang is. Ons boere word uit gemoor maar daar word nie een vinger gelig om die skuldiges te vang nie. Dis mos kroon wild

Bruno Stef ·

En daar staan hulle 5 witmanne in n ry dit is so tipies in die nuwe SA die witmense die hele tyd in n staat van beskuldiging en andere met n stralekransie op hulle koppe. ” GO FIGURE”

Brian Kelvin Briesies ·

Snaks genoeg dit gebeur net met sekere boere dit laat wonder mens wat agter die kap van die byl is

Dee ·

Net sèkere boere? Waarvan praat jy? Jy het blykbaar nie gelees dat hulle op die toneel agtergebly het terwyl die ander weggery het. Wat bedoel jy by ‘dit gebeur net met sekere boere’?

Asjas ·

Ernstige sake word heeltyd uit die hof gegooi agv nie genoeg bewyse of tegniese punt of iets wat die ondersoek beamptes verkeerd gedoen het, ek hou duim vas die staat skitter weer in die uitvoer van hul pligte.

Grassie ·

Ek het lankal vermoed dat nog boere aangekla gaan word. Verraad is mos in die gene van ‘n deel van ons volksgenote – van die dae van die Anglo-Boereoorlog af. As tien Afrikaners in die oggend iets doen wat strafregtelike vervolging tot gevolg mag hê, slaap agt vannaand in die tronk en die ander twee sit en suip met die geld wat hulle gekry het omdat hulle hul kamerade weggegee het. Dit is nie sommer ‘n lukraak stelling wat ek maak nie, ek weet waarvan ek praat.

Stan ·

Sal graag wil weet of die “kuier gaste” wettig in RSA was? Indien nie behoort die boere mos uitgelos te word.

Theo ·

Kan duidelik hulle taktiek hier sien.
Daar is geen bewyse nie, nou neem hulle soveel mense as hul kan in hegtenis, hoop dat een sal skrik en getuig vir die staat teen die ander.
“Instant” bewyse.

Matmiet ·

Wat vir my siek en hoogs rasisties is, is dat die bleddie valke fie saak onder soek. Dit is EEN geval waar boere op gestaan het en opgetree het teen plaasaanvallers. Die ander honderde gevalle waar boere uit gemoor word is daar nie n teken dat die valke beteokke is nie of sal wees nie. Moordenaars kom weg en “who cares”… Moet net nie dat n witman hom self verdedig nie. Of in die geval n paar skuim van die aarde af vee voor hulle wraak gaan neem en nog boere vermoor.

Chris W ·

As my lewe of my vrou sin wat na ‘n ongeluk gestremd is,deur enige “plaasaanvaller/s” net bedreig word gaan die SAP lyke moet kom verwyder.Ek waarborg dit.

Liewe Heksie ·

Wat probeer hul eintlik hier hoe meer boere hoe meer plase wat hul soma netso aan die arme siblings van die dooies kan gee vir vergoeding van verlies hul wil mos die plase net he is dit nie en dit gaan mos nou n maklike geval wees Is iemand al in hegtenis geneem oor daai een wat deur die gemeenskap vermoor is O ja dit was mos mop justice

Joe ·

Seker die enigste saak tans wat daar vordering met die ondersoek gemaak word, wonder hoekom???

Gemsbok ·

Orania bied ‘n langtermynoplossing teen die viktimisering van Afrikaners. As ons saam staan waar ons die meerderheid vorm sal niemand ons kan keer nie.

Wilna Boshoff-Strauss ·

Dat ons blankes ni ons bekke kan hou en soos d swartes maak nie, is darem maar swak! Al d swartes het een standaard antwoord-EK WEET NIE.
Ek boer en werk elke dag saam met hulle. Gister wou 2 mekaar doodmaak, vandag staan hulle soos n muur as ek vra wie verantwoordelik is vir skade wat aangerig is. D antwoord? Ek weet nie! En so staan ek bedroe en moet al d skades alleen betaal.
Wanneer wanneer gaan ons mense leer…..jy hoef ni n ander te verraai ni…..se net jy weet wat d feite is ni….

Ella ·

Aangesien die staat niks bewyse het nie en daar is nie oog getuies nie. Hoop ek die boere dagvaar die staat vir miljoene vir julle pyn en lyding as die saak uitgegooi word. Miskien is dit tyd dat ons ook mob justice begin en as daar vrae gevra word dan se ons almal net ons weet nie. Niks gesien, gedoen of gehoor nie.

Johannes Meintjes ·

“Volksleiers” – julle slaap diep! Volgende keer noem ek die name van hulle wie hulself as Volksleiers vir die Afrikaners of Boerevolk voorhou maar in effek eintlik geen vinger veroer om daadwerklike selfbestuur sake met tasbare effek op die grond tot stand te bring nie. Waarom moet die landbouboere pa-staan waar die SAPD, ons Volksleiers, TLU en ander maar net so net so hopeloos en magteloos of willoos faal rondom die plaasmoord en volksmoord tendense, as die skuldige regering?

Roy ·

Ella ons moet nie die staat dagvaar nie want dan betaal jy self ( belasting,)dagvaar die persone wat die arrestasies gedoen het.

Anoniem ·

Twee vermeende plaasaanvallers? Hulle was duidelik daar om kwaad te doen en heel moontlik moord te pleeg en die boere word aangekla? ‘n Baie hartseer toedrag van sake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.