Nog twee vragmotors brand op N12

(Foto: Twitter)

Nog twee vragmotors is op die N12 aan die brand gesteek – dié keer tussen die Springs- en Etwatwa-afrit.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, sê die vragmotors is omstreeks 23:00 aan die brand gesteek nadat die bestuurders van die twee vragmotors na bewering ’n brand in die middel van die pad opgemerk en rem getrap het.

Die vragmotorbestuurders het na bewering gehoor hoe skote in hulle rigting afgevuur word waarna hulle die vragmotors agtergelaat en na ’n nabygeleë stuk veld gevlug het.

Die twee vragmotors is gevolglik aan die brand gesteek waarna die verdagtes laat spaander het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die verdagtes is in dié stadium steeds soek.

Dié voorval volg enkele weke nadat pres. Cyril Ramaphosa die voortgesette geweld teen vragmotorbestuurders en die verwoesting van eiendom wat daarmee gepaardgaan, veroordeel het.

“As Suid-Afrikaners kan ons onmoontlik die sinlose en bloedige wetteloosheid waarmee die padvragbedryf geteiken word, duld. Ons kan nie meer hierdie verlies aan lewe en vernietiging van eiendom verduur nie,” het die president gesê.

Die aanvalle duur nou al maande lank.

Twee vragmotors is in November ook op die N12 aan die Oos-Rand aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Riaana ·

So brand hulle Sirkus Afrika af… Hulle hoort in die tronk… Maar nie eens dit Sal Sirkus – Afrika red nie, want more is hul weer op die strate, en saai verder vewoesting…

Persheks Adri ·

Gaan soek gerus die rooi petters hulle het dit mos gespreek. Nou waar is die “weermag” en polisie wat ontplooi sou word om dit te verhoed? WEER leë beloftes soos altyd van regering af pffft

Paul ·

“Verdagtes” – word iemand verdink of is dit onbekendes?

pokkel ·

Maar miskien het díe vragmotors juis van daai 666-vaccine vervoer en is Mogoeng Mogoeng se gebed beantwoord

Debbie ·

Almal weet wie verantwoordelik is maar is te bang om hul monde oop te maak

JM ·

En so gaan Suid-Afrika in vlamme op. Geen daadwerklike optrede teen die skurke nie. Die president VEROORDEEL net en daarby bly dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.