Nog twee vroue wreed vermoor in Kaapstad

Die liggaan van ‘n vrou lê naby die Lwazi Primary School in Guglethu. Foto: Brendan Magaar/African News Agency(ANA)

Twee vroue is Vrydag onderskeidelik in Gugulethu en Khayelitsha in Kaapstad vermoor.

ʼn Vrou is in die hospitaal opgeneem nadat onbekende verdagtes eers haar 33-jarige kêrel geskiet en gewond het by sy huis in Khayelitsha.

“Die 31-jarige vrou is by die huis ontvoer deur die verdagtes en later met veelvuldige beserings by die Wolfgat-natuurreservaat afgelaai,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

“Die man en vrou is in ʼn hospitaal opgeneem waar die vrou later aan haar beserings beswyk het. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

ʼn Vrou, ook in haar 30’s, is Vrydag langs ʼn laerskool in Gugulethu vermoor.

“Volgens ooggetuies het ʼn voertuig stilgehou en is die vrou se liggaam langs die Lwazi Primary School afgelaai.”

Die vrou is vermoedelik met klippe doodgegooi.

Enigiemand met inligting oor die twee voorvalle word versoek om Stop Misdaad te kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Lollie ·

Sal nooit end kry nie. Wat doen die regering teenoor moord, verkragting, geweld, roof ens. Niks! ń Lewe beteken ook nie veel in vandag se lewe nie!

Bossie ·

Ek het ‘n “baie” ingewikkelde vraag. Het Suid-Afrika nog’n Regering? Of is dit net ‘n klompie mense wat daar sit en kuier en die belastingbetalers se geld opvreet terwyl die land bloei? Wat gaan jul doen wanneer jul in die res van Suid-Afrika se skoene staan? DOEN ‘N SLAG JUL WERK INDIEN JUL WEL NOG BESTAAN EN SO BELANGRIK WIL WEES! My innige simpatie aan die slagoffers se gesinne.

snoekie ·

Ek dink nie die vraag is so ingewikkeld nie, want ons almal ken die antwoord op daai een…

Naas van der Walt ·

Hierdie regering dink die land se inwoners is almal ongeletterd en moet ja en amen sè vir alles wat die regering besluit. Het nog nooit vir hul gestem nie en sal solank ek lewe nie vir hul stem nie. Hul kan seker baie geld uit die gesondheidsorg maak.

Waarheid ·

Looser CR sal elke dag 24 hrs moet huisbesoek doen om by al die families wat vroue of kinders verloor het te probeer uitkom.
Moet ook nie van mans vergeet word wat koelbloedig vermoor word en plaasmoorde nie.
Moraliteit is down the drain toe mandela godsdiens by skole gestop het…..dit was die begin van die einde of wat praat ek de klerk en roelfie.

Antoon ·

Ek sal hom glo as hy bietjie huisbesoek op die plase begin doen.
My vraag aan die Minister van Polisie: As plaasmoorde gewone misdaad is, hoekom nie ook township moorde nie?

Elvira ·

Hierdie land het in n siek hool verander. As dit is wat Demokrasie beteken, en is, lewe ek in n droomwêreld. Siek siek siek

Se maar net ·

daar is n massa inwoners in die land wat geen waarde aan n lewe heg en vir wie doodmaak so maklik is as more se. Die gebrek aan werkende regstelsel het gemaak dat hulle nou teruggaan in hulle oergewoontes. Doodstraf en effektiewe polisiemag het dit vir baie jare in toom gehou maar nou val dit terug. Die enigste oplossing is n werkende regstelsel met doodstraf. Die storie dat doodstraf nie afskrikmiddel is geld in eerste wereld lande miskien maar nie hier nie. In elk geval stop doodstraf die persoon om dit weer te doen

kolla ·

Ek dink nie jy moet jou self flous aangaande sogenaamde effektiwiteit van die polisie in die Apartheidsjare nie. Jy sou nie van hierdie geweld in townships gelees het toe nie en ek kan jou verseker dit het daai tyd net so erg gegaan in die townships (indien nie erger nie) as nou. Hierdie is nie ‘n “nuwe” probleem nie.

Gam ·

Kolla, glo jy werklik alles wat jy hier skryf? Vertel bietjie meer van jouself dat ander kan verstaan waar dinge In jou lewe skeef geloop het.

Nel ·

Onse president laat my baie aan die fox terriertjie dink wat die bus gejaag het – toe hy hom vang weet hy nie wat om daarmee te maak nie. Hy wou president word en nou is hy geheel en al ”clueless” oor hoe om te regeer.

Manie van Worcester ·

Mooi man hahahahahahahahahahahaha, raak beskrywing

My mening ·

Dit is so waar! Hartseer dat so iemand ons land moet regeer.

LR ·

Die heel belangrikste ding wat die regering SAL MOET DOEN is om die greep van moord, verkragting, grootskaalse diefstal, korupsie, brandstigting, staatskaping, opstande plaasmoorde en algemene weteloosheid ens, ens waarin hierdie land vasgevang is met alles tot hulle beskikking met geweld ( indien nodig) moet onderdruk.
Sedert 1994 tot nou het daar meer mense in hierdie land wreedaardig gesterf as in die voorafgande geskiedenis, ons land is onder beleg van die wetteloses, moordenaars en skelms.
Al hierdie mooi regruk planne van Tito Mbowenie sal n muis baar as dit nie in n omgewing van relatiewe vrede en wetsgehoorsaamheid geskied nie.
Op die oomblik kan n mens maar sê ons is leierloos want niemand in ons regering neem n sterk standpunt in teen die weteloosheid wat tans heers nie, selfs ons regering se eertydse pelle in Afrika waarsku hulle burgers teen Suid Afrika.
Kyk maar net na die nuus op Maroelamedia dit woord oorheers deur berigte van verkragting en moord en doodslag.
Mens sien baie min positiewe nuus wat jou opgewonde maak.
GENOEG IS NOU GENOEG .

Pottie ·

Lr daar is net een manier ons moet maak soos die mense in hong kong ons wil nie luister nie ons blankes is hard koppig een week by die huis en die land staan stil dan gaan hulle oe en ore oop gaan praat gaan niks help nie my broer dit is van al die praat dat ons is waar ons is ons moet op hou praat en begin doen laat hong kong vir ons n voor beeld wees mense

TN ·

Die oplossing vir die Wes-Kaap is eenvoudig maar omdat die probleem doelbewus deur die ANC geskep is , sal daar NIE iets gedoen word nie . Stuur die Xhosa’s terug Oos-Kaap toe !!!

Uilspieel ·

Wat my nogal bekommer is die toespraak van ou Rampie. Daar was geen passie in sy stem nie. Geen gesags ondertoon nie! Hy kon net sowel liefdes woordjies in sy vrou se oor gefluister het. Al is ou Trump ń brassy trompet het hy teminste bietjie noanse in sy stem. Dit lyk en klink nie asof hy in ń vreemde taal iets aflees nie. Ag nee man. Gaan kap dan liewer hout en dra water aan.

Antoon ·

Die laaste ordentlike Rampie wat ons gehad het, was Rampie Stander :-)

bambi ·

as daar so iets is soos oordeelsdag; kan dit maar asb so gou moontlik gebeur?

Ana ·

Trump told CR he is watching his bottomless toilet. We need America to come to our aid. CR hasn’t done anything for SA until now. Ace ‘s racist remarks, Malema is really loosing it, it shows people in high positions are mentally unstable and a threat to people of a certain race.

LR ·

Mentally a significant % of our population can be clasified as morons, the horor within their crime actions testify to this view.

Ana ·

Women and children are born with a target on their backs. It’s a mentally ,unstable and unfit place for them in SA.
CR doesn’t have empathy.

John ·

Vandag is daar twee optogte in Natal. Die grootste is die halfnaak-rietdansers om die koning van die Zoeloes te plesier… die brute uitbyt van vroulike seksualiteit en die ander ‘n optog probeer respek vir vroue verkondig. Ons het ‘n uiters siek land. Vroue word aangemoedig om loopbane te volg en prekies vir die ‘onbekende’ vergrypers wyd en suid afgesteek. Geen voorligtingklasse by skole meer nie, maar kondome word op strategiese plekke uitgestal. Vroue-onderklere word op tv vertoon voor CR en hy glimlag breed van skaamte. Die army gaan nie kan help nie, hulle is onwelkom elders in Afrika juis agv vergrype. Foei!

Cobus ·

Ana jy moet se wit mans ,vroue en kinders het n groot teiken op hul rug en hart…..dis eenvoudig ,die regering en hul magte het alle veneer verloor….

rollie ·

Nie eintlik nie. Die moordsyfer is tans laer as in die periode 1981 tot 2008. In 1993 was dit tweekeer hoër as nou.

Jan ·

Rollie, vertrou jy hierdie syfers van hierdie regering? Kom nou..,

Ella ·

Dis verskriklik wat met SA se vroue gebeur.
Toe 4 of so vroue n paar maande gelede n man “bedwelm en aangerand en verkrag”het, was die duiwel omtrent los.
Hoe sal dit vir mans in die land voel as die vroue almal begin doen aan hulle wat hulle aan vroue doen?
Ek praat niks van dit goed nie maar wraggies, so kan dit mos nie aangaan nie?
Die pres se woorde is nog nie koud nie of nog vroue word vermink en vermoor.
Wat gaan aan met sommige mans van SA?
Dankie Vader dat daar nog ware mans is wat hul vroue goed behandel. Die vroue van die land verdien beter

Hannes De Beer ·

Maar doodstraf word nie eers genoem nie.

Te lafhartig om monsters deeglik te straf?

kolla ·

Absoluut want jy sien ek doen navorsing. Byvoorbeeld: die apartheidspolisie kon die situasie glad nie hanteer het vanaf 1981 tot 1993 toe daar ‘n verskriklike styging in die moordsyfer was nie. In 1981 was dit reeds hoër as tans en in 1993 die hoogste ooit (amper tweekeer soveel as tans). Sedert 1994 was daar ‘n skerp daling tot in 2012 toe die vlak dieselfde was as die periode 1963 tot 1975. Sedert 2013 styg dit weer geleidelik maar dis steeds die helfte van 1993 soos reeds gesê. Die apartheidspolisie was pateties en het nie ‘n clue gehad nie.

Wet ·

Ek onthou daardie tyd toe die inkhata ( verskoon my spelling) en die ANC mekaar so uitgemoor het. Mens kan nie politieke moorde van daardie tyd met die vandag huidige stand van sake vergelyk nie.

Antoon ·

Jy is reg Kolla. Voor 1994 was SA ‘n moordnes. Vandag is dit so veilig, ek dink daaraan om my sekuriteits maatskappy die trekpas te gee.
Ek onthou nog hoe die middestad in Jhb en Pretoria daai dae gelyk het. Vergelyk dit met die pragtige skoon en moderne stede van vandag!!

kolla ·

Antoon, kom ek sê jou wat ek onthou. Patrollievoertuie van die polisie en weermag wat (onsuksesvol) probeer om die absolute chaos van onluste en betogings onder bedwang te hou. In die vroee 1990’s het ek in Kaapstad se middestad gewerk. Elke dag het tienduisende betogers deur die strate gemaal. Ek besef nou hoe gevaarlik dit was. As daai massas besluit het om die kantore te bestorm en mense begin doodmaak het, was dit nag want die polisie sou hulle nie kon keer nie.

kolla ·

Nee wat, bittermin met Inkatha/Xhosa te doen. Vanaf 1981 tot 1993 het die polisie en weermag heeltemal die plot verloor en kon nie keer dat die onluste heeltemal hand uit ruk nie. Nou is daar mense wat reken ons kon maar so aangaan. Die land was aan die brand en daar was geen ander uitweg nie as om die politieke bestel te verander nie. Burgeroorlog was ons voorland en ons almal weet hoe sou dit geeindig het.

kolla ·

Gedurende Apartheid is 75% van die polisiemag in blanke gebiede ontplooi om blankes te beskerm. Dit was chaos in swart gebiede en die apartheidsregering het omtrent niks gedoen om die meerderheid van die bevolking te beskerm nie. Die misdaad in swartgebiede was baie hoër as wat dit nou is en die apartheidsregering het vrede daarmee gehad.

kolla ·

Die punt is dat die apartheidsregering net blanke gebiede en blankes beskerm het deur 75% van die mag vir 10% van die bevolking te ontplooi. Swartmense (90% van die bevolking) is nie voldoende (omtrent glad nie) beskerm nie. Dis hoekom blankes daai tyd veilig gevoel het want omtrent die hele regeringsmag is net gebruik vir hulle doeleindes. Bietjie makliker om 5 miljoen mense op te pas as 55 miljoen.

Magda ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG VIR ALLE MOORDE – Baie sterkte aan die Families.

Gemors land ·

Dit is omdat elke jan rap en sy maat om borgtog aansoek doen en dan net weer en weer misdade pleeg en maar net weer borgtog kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.